Print this page

Nuwe boeke by Kraal Uitgewers

Die volgende nuwe boeke van belang vir Afrikaners is pas deur Kraal Uitgewers gepubliseer:

  • Kill the Boer: Government complicity in South Africa’s brutal farm murders deur Ernst Roets van AfriForum en waarin waarheidsgetroue en opdatum feite omtrent plaasmoorde in SA gedokumenteer is en wat ‘n onweerlegbare vinger wys na ANC-regeringsbetrokkenheid by hierdie misdade. Die boek het reeds groot opslae gemaak, maar dit is opvallend dat die hoofstroommedia dit grotendeels ignoreer.

  • Mobile warfare for Africa: On the successful conduct of wars in Africa and beyond – Lessons learned from the South African Border War deur afgetrede genl. Roland de Vries, in samewerking met Camille Burger en Willem Steenkamp. Dit bied ‘n merkwaardige oorsig oor suksesvolle moderne mobiele oorlogsvoering aan die hand van ervaring in die Grensoorlog in die destydse Noord-SWA en Suid-Angola en bevat besonderhede van opleiding, wapentuig en strategie wat die destydse Veiligheidsmagte geneem het tot op die buitewyke van Luanda. Uit hierdie lesse kan veel toepasliks geput word vir vandag.
  • Vers & Kapittel: Artikels, rubrieke en naskrifte oor die digkuns deur Daniel Hugo bevat hoogtepunte uit die werk van Hugo as literêre kritikus. Hugo, self ’n meester van die vernufpoësie en speelse verse, skryf op ’n onderhoudende en toeganklike manier oor die internasionale wêreld van die digkuns. Daar word verwys na bekende gedigte en prominente Afrikaanse digters en skrywers, soos NP van Wyk Louw, Elisabeth Eybers, JC Steyn, IL de Villiers en Hennie Aucamp.
  • Wes-Transvaal: Militêre brandpunt van die Anglo-Boereoorlog, 1899-1902 deur Pieter de Jager is die sewende en laaste boek in Kraal Uitgewers se gewilde Erwe van ons vaad’re-reeks. De Jager se militêre en historiese kennis, sowel as sy voorliefde vir die omgewing waar hy ’n groot deel van sy lewe deurgebring het, is gekombineer in Wes-Transvaal: Militêre brandpunt van die Anglo-Boereoorlog.

Besoek www.kraal.co.za vir meer inligting.

Gradeer die artikel
(0 stemme)