► Op AfriForum Netwerk, aanlyn databasis van ondernemings wat in Afrikaans sake doen, al sowat 2 000 sake-ondernemings geregistreer ► Groep van ondersoekende joernaliste bekend as amaBhungane toon in verslag dat EFF-lede na bewering voordeel getrek het uit brandstoftender van bykans R500 miljoen van Tshwane in Januarie 2019 ► Arvitha Doodnath, jong regsdosent, by Vaal Universiteit van Tegnologie, Saterdagaand in Johannesburg doodgeskiet tydens motorkaping ► Einde Junie 2019 10,2 miljoen verbruikers in SA het skuldprobleme en verswakte kredietgeskiedenis, swakste sedert Junie 2015 ► Eben Etzebeth dien deur sy prokureurs teenaanklag in by MRK en vra dat hul saak by Gelykheidshof in hersiening geneem word ► Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) waarsku in jaarverslag dat 4de-nywerheidsrewolusie (4NR) en tegnologiese outomatisasie in SA kan lei tot derduisende werksverliese regdeur hele ekonomie ► Pres. Xi Jinping waarsku, met verwysings na aanhoudende betogings in Hong Kong, dat “enige pogings om China te verdeel sal lei tot gebreekte liggame en beendere tot poeier gemaal” ► Siriese weermag span kordon soldate en wapentuig oor hele linie tussen Turkse invalsmag en Koerdiese gebied; pres. Trump dreig Turkye met sanksies wat hul “ekonomie kan breek” ► Spaanse hof lê tronkstraf op vir 9 leiers van afskeidingsbeweging in Katalonië, vra vir uitlewering van hoofleier Carles Puigdemont wat in 2017 na België gevlug het ►

Wat gaan aan met die SA Nasionale Weermag? Die koerant Daily Maverick berig dat die Weermag net 1 van 3 duikbote in werkende toestand het, 1 van 4 fregatte en 4 van 26 straalvegters, asook dat 80% van die begroting vir salarisse gaan. Daarby is daar blykbaar tekort aan brandstof, ammunisie en dissipline.

Wat sê dit van die voortbestaan van die Weermag, die beskerming van ons land teen eksterne vyande en van die toekomstige verhouding tussen die vryheidgesinde Afrikaner en die ANC?

Die sluitingsdatum vir openbare kommentaar op die Konsepwet op Haatspraak en Rassisme het verlede week verstryk. Die wetsontwerp, wat op 29 Maart 2018 gepubliseer is, het nou feitlik die hele grondwetlike roete geloop en gaan nou na die Parlement en die staatspresident vir finalisering en waarskynlik inwerkingstelling.

Hierdie is ʼn uiters gevaarlike verwikkeling, want dit kan die Jagseisoen op sg. haatspraak deur blankes oopmaak. In ʼn media verklaring wys Front Nasionaal op die volgende enkele aspekte omtrent die wet: Artikel 4(1)(a) bepaal dat jy die wet oortree as jy doelbewus iets publiseer, propageer of argumenteer of aan een of meer mense kommunikeer en dit wat jy doen of sê kan beskou word as met die doel om haat aan te hits. Artikel 4(1)(b) bepaal verder dat as jy so-iets verder versprei, m.a.w. slegs die Share funksie gebruik op Facebook om iets wat as haatspraak beskou kan word verder te stuur, het jy ook die wet oortree.

Wat word dan beskou as haatspraak? Artikel 3. (1) bepaal 17 dinge waaroor jy nie mag kritiek lewer nie, anders word dit as haatspraak beskou: Ouderdom / Albinisme / Geboorte / Velkleur / Kultuur / Gestremdheid / Etniese of maatskaplike agtergrond / Geslag of geslagsidentifikasie / HIV status / Taal / Nasionaliteit, immigrasie- of vlugtelingstatus / Beroep of vakmanskap / Politieke oortuiging / Ras / Geloof / Seks / Seksuele oriëntasie.

Volgens Front Nasionaal kom dit kortliks saamgevat daarop neer: “Grappies oor blondines, ou ooms en jong blare, Van der Merwe en Gatiepie grappies, skelm prokureurs, en Skotte wat suinig is terwyl Iere “dom” is, kan nou alles haatspraak word. As die dominee van die kansel af sê: ‘Christus is die weg en die waarheid en die lewe, niemand gaan na die Vader behalwe deur Hom nie,’ dan kan hy dalk haatspraak pleeg, want Mohammed en die voorvadergees sou aanstoot gegee word.

“En die dae wanneer ʼn man met ʼn bolla op die kop of ʼn poniestert voor jou loop en jy sê: ‘Hmmm, lyk soos mamma en piepie soos papa’ kan ook verby wees. Maak ʼn grappie oor hoeveel mense in ʼn minibus taxi kan pas, pleeg jy dalk haatspraak op grond van ras en kultuur. En daardie gewilde grappies oor wat die Hollanders 'n kat noem... nee, moontlik haatspraak!

“En so kan jy dit verder gaan meet teen elkeen van die 17 kategorieë van ‘slagoffers’ wat gelys word.”

Dit kan voorts beteken dat die sing van Die Stem en die vertoon van die ou landsvlag verbied word, terwyl dit ʼn kriminele oortreding kan word om te sê dit het voor 1994 beter gegaan in die land as tans. So ʼn mens sal jou sit en staan op Facebook of op ʼn WhatsApp groepie moet ken, of anders kan jy in die warm water beland.

Dus inderdaad ʼn uiters gevaarlike verwikkeling wat basiese mensevryheid kan verkrag en wat dus teen alle koste verhoed moet word om geïmplementeer te word.

Die afgelope week het die klug van grondhervorming nog duideliker na vore gekom met die onthulling deur Rapport dat die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) bevind het dat die grondhervormingsproses van die staat die afgelope sowat 10 jaar vrot van korrupsie was. O.a. is bevind dat talle van die sg. ‘begunstigdes’ nog nooit op ʼn plaas nie, weet hulle nie eens hulle besit nou plase nie, of was van hulle reeds dood toe hulle ‘eienaars’ geword het.

In ander gevalle het amptenare van die Dept. van Grondhervorming plase vir hulself of familie en vriende toegeken en is aansoekvorms nie eens volledig ingevul nie. ʼn Totaal van 58 plase ter waarde van sowat R150 miljoen is teruggegee aan die staat en ʼn verdere 37 is onder kuratorskap geplaas hangende ondersoeke.

Die SOE het aanbeveel dat in 43 sake dringend strafregtelik vervolg word en dat teen 23 amptenare kriminele stappe geneem word. Daar is ook onthul dat die SOE verslag al 11 maande op die lessenaar van Pres. Cyril Ramaphosa lê, sonder dat iets wesentlik daar omtrent gedoen is.

Vroeër is voor die Zondo-kommissie getuig dat die voorsitter van die Grondwet Hersieningskomitee, Vincent Smith, ʼn begunstigde van Bosasa was, wat sy integriteit in ʼn sleutelproses ernstig onder verdenking bring. Dit alles kom teen die agtergrond dat die wyse waarop die resultate van die openbare deelnameproses verlede jaar oor die voorstel van grondonteiening sonder vergoeding ondemokraties en gekontamineer deur die Parlement gestoomroller is.

Voorts is daar bewyse dat die staat baie onbenutte grond besit wat vir swartmense beskikbaar gestel kan word en dat derhalwe onteiening sonder vergoeding glad nie nodig is nie. Dit alles is natuurlik bo en behalwe die feit dat geen bewyse nog op die tafel geplaas is van sg. diefstal deur blankes van grond van swartmense nie.

Dit alles toon dat die hele grondhervormingsaangeleentheid in SA ʼn kunsmatige klug is en dat dit slegs daarop gemik is om blankes in die land van hul eiendom te vervreem en hulle inderwaarheid uit die land te dwing. Daarom behoort hierdie situasie gesien te word vir wat dit werklik is en behoort blankes juridies, regmatig en moreel vas te staan en die proses met alle mag te bestry.

Dat daar in die debat oor die hede en toekoms van die Afrikaner stemme opgaan soos hieronder, is bemoedigend, kan daar daaruit moed geskep word en kan daarop voortgebou word.

 

Selfbeskikking en demografiese werklikhede

  • Arend Lambrechts (082 55 66 158 - Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.)

 

Daar is slegs een haalbare opsie vir die Boere-Afrikaner om uit die knyptang van die snel-disintegrerende “nuwe” Suid-Afrika te ontkom: Selfbeskikking. Ons sal self die kettings van korrupsie, staatskaping, nepotisme, regstellende aksie, swart ekonomiese bemagtiging en eiendomsroof moet weggooi.

Enigiemand wat beweer dat daar ʼn ander uitweg is, het alle kontak met die werklikheid verloor. Suid-Afrika en sy bewindhebbers is onlosmaaklik “Afrika” en om te dink dat dit positief kan of gaan verander, is wensdenkery.

Ons moet eenvoudig vir onsself ʼn ontvlugkanaal skep, waardeur ons in staat gestel gaan word om self ons eie heil te bepaal kragtens ons eie norme en standaarde. Hierdie kanaal moet dus lei tot selfbeskikking – die onafwendbare alternatief is uiteindelike volksvernietiging.

Ons moet ook aanvaar dat onsself die selfbeskikkingspad sal moet oopmaak: die regering en al die binne-parlementêre politieke partye behalwe die VF+, sal ons strewes met alles binne hulle vermoë probeer kelder. Dit sal dus ʼn opdraande stryd wees, gegewe ons beperkte bronne en boonop met talle mede- “Afrikaners” wat hul bes sal doen om ons verdag te maak, te dwarsboom en te verkleineer.

Hoewel ons self die bul by die horings moet pak, het ons gelukkig verskeie wetlike en internasionaal-aanvaarbare beginsels aan ons kant. Artikel 235 van die grondwet maak implisiet vir selfbeskikking binne ʼn eie geografiese gebied voorsiening, die Volkstaat Akkoord van 1994 wat ook deur die ANC goedgekeur is, maak voorsiening vir ʼn volkstaat en twee Internasionale Akkoorde oor Minderheidsregte wat deur Mandela self onderteken is, ondersteun openlik ons reg op selfbeskikking.

Ongelukkig het daar reeds 20 jaar en langer verloop, sonder dat daar enige noemenswaardige beweging in die rigting van selfbeskikking gewees het. Slegs Orania en Kleinfontein bestaan reeds as Boere-Afrikaner-groeipunte – en dit is maar slegs ʼn begin.

Die demografie van die dele van die land waar aansienlike getalle Afrikaners hulle bevind, het intussen egter tot ons nadeel verander. Derduisende volksvreemdes is reeds knus ingeburger in die Afrikanergebiede wat deur die Volkstaatraad aangedui is vir selfbeskikking.

Sal hierdie vreemde elemente self verskuif? Nee. Sal die regering hulle ontruim? Nee. Sal die DA met sy derduisende “Afrikaner” -stemme ons strewe ondersteun? Nee. Myns insiens is enige gebied waaruit nie-Afrikaners teen hulle wil verskuif moet word om plek te maak vir ʼn volkstaat, permanent buite ons bereik. Die geskiedenis en die “ja-stemmers” het ons inderdaad ingehaal.

Ons het dus slegs een haalbare opsie oor: ons moet ons eie grond bekom, volksvreemdes dan van daardie privaatgrond verwyder en daarna eiehandig die Selfbeskikkingspad loop. Geografiese selfbeskikkingsgebiede a la Orania is dan onmiddellik buite die bereik van die komende eiendomsroof-program van die regering – daardie artikel 235 grond val dan buite die beheer van die staat en die roofprogram kan dus nie daarop van toepassing gemaak word nie (behalwe as hulle art. 235 ook sou skrap – maar dan baklei ons!)

By hierdie skakel na die blog gegaan word wat Ditsem nuus Spesiaal geskep het vir openbare debat oor die beste pad vorentoe vir Christelike Afrikaanse onderwys. Gaan sê gerus jou sê!

Sover ons kan oordeel, het pres. Emmerson Mnangagwa, van Zimbabwe, sy bankrotland en in chaos vir alle praktiese doeleindes aan Rusland verkoop deur middel van ʼn wye en omvattende reeks ooreenkomste verlede week – volg gerus hierdie videoskakel en oordeel self. Die volgende vraag is wat van China wat hulself onder die Mugabe bewind deeglik in Zimbabwe ingegrawe het?

Die volgende vraag is, het Mnangagwa inderwaarheid met ʼn meesterlike skuif sy Chinese base met Russe vervang? Is pres. Vladimir Putin, van Rusland, wat skynbaar nie deel vorm van die NWO nie, dalk ʼn beter roep, ook vir blanke Suid-Afrikaners?

Daar word voorspel dat die kommissie van ondersoek onder voorsitterskap van regter Lex Mpati ook sy wurms gaan lewer, een waarvan reeds is dat die voormalige uitvoerende hoof van die OBK, Daniel Matjila, ʼn “belegging” van R4,3 miljard aan die bemagtigingsfirma Ayo Technologies goedgekeur het, voordat dit nog deur die OBK geprosesseer is. Daarmee word grootskaals gevat na die swaarverdiende pensioene van miljoene Suid-Afrikaners.

Soos spreekwoordelik gesê word, hou hierdie spasie dop.

In ʼn sekere sin is van ʼn regeringsadministrasie in die Vrystaat net ʼn dop oor nadat voormalige Ace Magashule en sy trawante 2009 tot 2017 daarmee klaar is. Die lys van korrupsie en diefstal van staatsgeld kan ʼn paar boeke vul. Enkele van hierdie “monumente” is die volgende:

  • Die omstrede Estina suiwelplaas waarin die Vrystaatse regering sowat R220 miljoen belê het, is pas verbeurd verklaar aan die staat omdat daar niks op die plaas aangaan en daar feitlik geen bates op is nie.
  • Die omstrede visteelprojek by Gariepdam tussen die VS-regering en Chinese en waarin meer as R1 miljard belê is, het nog nie ʼn enkele vis opgelewer nie.
  • Te Trompsburg is die Albert Nzula Distrikshospitaal teen sowat R380 miljoen gebou, maar na sowat agt jaar word tans met uiters beperkte fasiliteite slegs 30 pasiënte daar behandel.

Tans is Magashule sekretaris-generaal van die ANC en spreek dit boekdele van wat verwag kan word van die organisasie en van vervolging vir die massiewe korrupsie.

Terloops, op die galadineevan die ANC op 11 Januarie 2019 met hul 107de viering was daar 205 tafels met 10 sitplekke elk en om net ʼn sitplek aan die tafel van adjunk-pres. David Mabuza te kon kry, moes R500 000 per persoon opgedok word. Vir ʼn sitplek aan die tafel van CRS, die sg. Titaanpakket, gekos was die prys “onderhandelbaar”.

Op die spyskaart was o.m. gerookte hoenderborsies en gepekelde broccoli en avokado mouse en as hoofgereg lamsvleis en gekaramelliseerde uitjies, met nagereg sitroengras crème brûlée. By die kroeg het o.a. Hennessy 1765 beperkte uitgawe konjak R45 per glas gekos en R1 350 per bottel. Glenfiddich en Glenlivet Single Malt Whiskey R50 per glas of R1 500 per bottel.

Waar kom die miljoene in die land wat vir die ANC stem, maar nie weet waar hul volgende maaltyd vandaan kom nie, in die prentjie?

Om ʼn idee te kry van die verrotte korrupsie in die land onder die ANC-bewind die afgelope 25 jaar, moet die onthullings voor die Zondo-kommissie na staatskaping as ʼn Godgegewe beskou word. Dit geld veral die sistematiese, akkurate en kalm wyse waarop voormalige uitvoerende hoof van Bosasa, Angelo Agrizzi, ongelooflike feite een vir een op die tafel plaas.

Enkele van die skokkendste is die volgende:

  • Dit kom daarop neer dat Bosasa ontsaglik misbruik is as melkkoei om miljarde der miljarde rand uit die staatskas te korrupteer d.m.v. omkopery en onwettige staatstenders – in effek ʼn tweede geval van staatskaping deur die ANC naas die Gupta-saga.
  • Met Bosasa is tot R6 miljoen per maand in note vir lank as omkoopgeld deur Bosasa aan ʼn groot verskeidenheid amptenare in staatsdepartemente en staatsondernemings betaal. In ruil daarvoor is oor die afgelope sowat sewe jaar miljarde der miljarde rand in staatskontrakte aan Bosasa toegeken vir ʼn verstommende verskeidenheid “dienste”.
  • So bv. het Bosasa het sowat R400 miljoen vooruit ontvang vir heiningkontrak by DKD sonder dat enige werk gedoen is, terwyl Sondolo IT, ʼn Bosasa-filiaal, het die DKD gefaktureer het vir R106 miljoen slegs 13 dae nadat die tender toegeken is.
  • Bosasa het 32 769 dokumente binne paar dae op hul rekenaarstelsel uitgewis ten einde inkriminerende getuienis vir Spesiale Ondersoek Eenheid (SOE) weg te steek.
  • Die gewese stigter en uitvoerende hoof van Bosasa, Gavin Watson, het ʼn verhouding met oud-pres. Jacob Zuma gehad waarin hy aan hom (Zuma) kon dikteer wat om te doen.
  • Nomvale Mokoyane, ANC voorbok en minister van waterwese en omgewingssake, kry R50 000 per maand en vir meer as 10 jaar elke Kersfees kiste drank en honderde kilogram vleis.
  • Dit blyk dat Bosasa eintlik in sonde ontvang en gebore is met die vroedvroue die volgende voorbokke van die ANC Vroueliga, wat oorspronklik Dyamba Holdings gestig het en wat toe doelgerig in Bosasa omskep is: Baleka Mbete, Nomvula Mokonyane, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, Lindiwe Sisulu en Hilda Ndude.

Oor die algemeen moet tot die slotsom gekom word dat daar nie ʼn manier is dat die topeskadron van die ANC, insluitende pres. Cyril Ramaphosa en ander soos Jeff Radebe, nie geweet het van die plunderende korrupsie deur die Guptas, Bosasa en voor dit die wapenskandaal en nou ook dit wat besig is om met die Mpati-ondersoek na die OBK uit te peul nie. Die korrupsie het eenvoudig geen grense nie en die kernvraag nou is: Wat gaan wetsgehoorsame belastingbetalers, in besonder die blanke/Afrikaner daaromtrent doen? Gaan hulle langer belasting betaal om staatskorrupsie te finansier, of is dit tyd om ter wille van oorlewing en voortbestaan op te staan, belastings terug te hou en elders konstruktief aan te wend? Na ons beskeie mening is 2019 die tyd om daadwerklike antwoord op hierdie vrae te gee.

Te midde van soveel verstikkende politieke korrektheid in die wêreld luister gerus na die nugter siening van hierdie Amerikaanse swart pastoor – en skep moed uit sulke realisme. Kyk Hier

Dit is ons submissie dat in die Bybel vier tipes samelewings verbande vir God belangrik is, nl. huwelike tussen man en vrou, gesinne met ouers en kinders, families en dan volke. Bv. waarom die ellelange familieregisters – dit is omdat dit vir God belangrik is.

Die punt is dat die verskeidenheid van volke ooreenkomstig die wil van God is en dat daarom ook op die Afrikaner die onus rus om sy volksidentiteit te erken, te koester en uit te bou. Hierdie siening is reëlreg teenoor die strewe van die Illuminati of NWO van eenwêreld met alle etniese en kulturele grense uitgewis.

Daarom sê ons dat al hoe blanke Afrikaans sprekendes in SA sal kan oorleef, menslik gesproke, is om as volk te verenig, saam te staan en selfbeskikking toe te pas – altyd met respek vir ander nasionaliteite, etnisiteite en groeperings. Die eintlike naam vir die Afrikanervolk is die Boerevolk, soos wat dit deur die eeue ontwikkel het tot vandag toe.

In die huidige omstandighede van die land en die wêreld – gaan die Boerevolk opstaan, verantwoordelikheid vir sy eie lot aanvaar onder Gods albestier en so sy plek in die wêreld inneem?

Uit die getuienis voor die Zondo-kommissie na staatskaping wat tans uitstroom en daagliks op TV voor die oë en ore van die hele land afspeel, word getoon in watter ongelooflike mate SA die afgelope 25-jaar stelselmatig deur ANC-bewind afgebreek is. Die korrupsie is eenvoudig duiselingwekkend.

Veral die getuienis van die voormalige bedryfshoof van die maatskappy Bosasa, Angelo Agrizzi, soos wat hy dit duidelik en op die punt af uitspel, toon dat die geval Bosasa op sy eie staatskaping is. Vroeër is getuienis voor die kommissie het die geblyk hoe die land tydens Jacob Zuma-era, in medewerking met die Guptas, gekaap is, maar Bosasa is nou hoofstuk twee.

Pas het die Mpati-kommissie begin met sittings oor wat in en rondom die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) gebeur het en kommentators voorspel dat daar waarskynlik hoofstuk drie van staatskaping gaan uitkom. Hoe dit ookal sy, die punt is dat met die implisering ANC- en regeringsleiers tot op die hoogste vlak, die slotsom onvermydelik is dat SA regeer word deur ʼn bende rampokkers.

Jammer om dit so te stel, maar dit is die waarheid, waarvan nie weggeskaam kan word nie. Hieruit vloei allerhande noodwendige gevolge, soos die gruwelike wyse waarop die armes in die land ingedoen word, die klug wat gemaak word van swart ekonomiese bemagtiging en die vraag of blanke belastingbetalers langer ʼn bedeling moet finansier wat duidelik daarop ingestel is om hulle te ondergrawe?

Suid-Afrika het by ‘n kruispad gekom en vir hulle wat wil oorleef en vooruitgaan, is dit tyd vir drastiese besluite.

Van al die onlangse nuus in ʼn snelveranderende Suid-Afrika is die enkele gevaarlikste verwikkeling, dié omtrent die finansieel wankelende Eskom. Volgens die nasionale kragvoorsiener self gaan die onderneming vir die 2018/19 boekjaar ʼn verlies van R11,2 miljard ly en dit bo-op sy reeds bestaande skuld van R419 miljard – ʼn syfer wat oor die volgende drie jaar kan oploop na R650 miljard.

Wat nou gebeur, is dat Eskom geld leen om rente op sy skuld te betaal, m.a.w. dit is ʼn afwaartse spiraal in dieper skuld in. Die redes hiervoor is infrastruktuur wat oor 25 jaar nie opgegradeer is nie, begrotingsberamings vir die nuwe Medupi en Kusile kragsentrales wat totaal handuitgeruk het en die kragvoorsiener wat deur grootskaalse korrupsie en wanbestuur as ʼn melkkoei vir persoonlike selfverryking misbruik is.

Hieroor kan natuurlik in meer detail ingegaan word, maar die punt is, soos wat tans gesien kan word, daar geen omdraaipunt in sig is vir die afwaartse skuldspiraal van Eskom nie. Terwyl ʼn mens positief moet bly en positiewe woorde moet spreek, moet die realiteit in die oë gekyk word dat indien Eskom as nasionale kragvoorsiener sou vou, dit letterlik nag in SA kan wees soos nog nooit tevore nie.

Dit kan beteken geen elektrisiteit vir yskaste, kasregisters, petrolpompe, Internet – noem maar op – en die maatskaplike en misdadige gevolge wat daaruit kan spruit. Dit is ʼn aaklige scenario, waarvoor proaktief effektiewe gebeurlikheidsbeplanning en implementering spoedeisend gedoen behoort te word.

Na ons mening kan nie langer gewag word vir die regering en Eskom om die situasie te beredder nie. Daar moet bv. private alternatiewe energie-opwekking op grootskaal geïmplementeer word, om strategie uitgewerk en in plek gestel word, ens. Ons het nie al die oplossings nie, maar dat daar wel unieke oplossings moet kom, terwille van beskawing, oorlewing en voortbestaan, veral ook vir die Afrikaner en die swakkes in die samelewing, is verseker.

Wat is kans vir alternatiewe energie vir meeste Suid-Afrikaners? Kan dit wees dat slegs dié wat nie alternatiewe energie kan bekostig nie, aan Eskom gekoppel bly?

Bedenkinge oor volhoubaarheid van ESKOM wat geld leen om skuld te diens

Is Zimbabwe huidiglik op die rand van ineenstorting?

VSA verlam omdat Trump geld vir muur met Meksiko wil hê en Demokrate weier om dit te gee

Bladsy 7 van 96
Go to top