► Navorsing van Solidariteit toon dat die blanke bevolking van die land van 0-14 jaar met sowat 17 000 toegeneem het en dat totale blanke bevolking sedert verlede jaar met 130 000 mense gegroei het; dus groot behoefte aan werkskepping vir blankes ► Ditsem Nuus skep opwindende digitale markplein, DitsemMarkplein, vir Afrikaanssprekende- en Afrikaner-besighede op Telegram-program vir selfone – om te besoek en in te skakel, volg hierdie skakel ► Solidariteit kondig omvattende wettige belastingprotesveldtog aan, insluitende minstens ses regsaksies, teen staatsondernemings en belastingplunderaars, sê staat kan nie belasting gebruik om te steel nie ► Met ʼn skuld van R441 miljard toon Eskom bedryfsverlies vir 2018/19 finansiële jaar van R20,7 miljard in vergelyking van R2,3 miljard in 2017/18 finansiële jaar, dus styging van 800% in verlies; munisipale skuld by Eskom styg van R13,6 miljard na R19,9 miljard ► Minister van Openbare Ondernemings Pravin Gordhan kondig aan dat huidige voorsitter van raad van Eskom Jabu Mabuza ook aangestel is as waarnemende uitvoerende hoof ► Verslag van Stats SA toon dat werkloosheidskoers in SA van 27,6% in eerste kwartaal gestyg het na 29% in tweede kwartaal, na raming 17 miljoen werkloses in Suid-Afrika; vermoede dat werklike werkloosheid minstens 60% kan wees ► Diensbetogers te Petrus-Steyn brand uit frustrasie huis van ANC burgermeester Mamiki Mokoena van Nketoana Munisipaliteit af; geen drinkwater in die dorp nie ► In Pretoria staak munisipale werkers van SAMWU met looneis van 18% verhoging, terwyl inflasiekoers ongeveer 5% is; staking gepaard met vandalisme van infrastruktuur en intimidasie van publiek – kyk hierdie videogreep ► AfriForum beraadslaag met Marloth Park Belastingbetalersvereniging ten einde vestiging van steenkoolmyn van 18 000 ha op drumpel van Kruger Nasionale wildtuin by Krokodilbrughek teen te staan ► Groot verdeeldheid in ANC oor ʼn voormalige minister Derek Hanekom met Ace Magashule en Jacob Zuma wat sê hy was “apartheidspioen”, terwyl ANC-veterane en andere hom verdedig as gerespekteerde lid van ANC ► Kyk by hierdie videogreep hoe gemeenskapslede te Burgersfort volgens sosiale media SAPD-beamptes behandel ► Volgens Parlementêre antwoord van Minister van Maatskaplike Ontwikkeling Lindiwe Zulu, is pensioentrekkers en ander begunstigdes afgelope jaar uit maatskaplike toelaes van gesamentlik meer as R21 miljoen bedrieg, terwyl staatsamptenare op bedrieglike wyse R5,4 miljoen in sak gesteek het vir onbehoorlike siekte verlof ► Gereelde georganiseerde betogings en nagwake voor SA Hoë Kommissariaat in Ottawa, Kanada, teen geweldsmisdaad in SA insluitende teen boere, asook teen etniese suiwering, rassisme en korrupsie ► Op Vrouedag 9 Augustus Antieke & Versamelaarsmark by Voortrekkersmonument, Pretoria, 09:00 tot 15:00, alle stalletjie volbespreek, toegang R30 per voertuig, geen troeteldiere ►

Modern, standvastig en vorentoe

Inhuldigingserremonie by die Boom van Sameswering op die plaas Onze Rust, Bloemfontein- distrik. Inhuldigingserremonie by die Boom van Sameswering op die plaas Onze Rust, Bloemfontein- distrik.

nuusberig.jpg

Foto - Op die Facebook-blad van Die Voortrekkers is ‘n video van ‘n dokumentêr in die vorm van ‘n TV-nuusbulletin waarin die jongste nuus van Die Voortrekers byderwets aangebied word.

 

Vandag in 'n gesekulariseerde wêreld met sy samelewingsdruk, hoë egskeidingsyfer, groeiende vervanging van die huwelik met saamwoon, verbrokkelende gesinne, rampante dwelm- en drankmisbruik, oormatige klem op materialisme, verlies aan individuele identiteit en distansiëring van die Christelike geloof, bied Die Voortrekkers 'n gesonde, konstruktiewe en volhoubare alternatief vir die skoolgaande jeug.
Hieruit het 'n kombinasie van Kultuur, Avontuur en Natuur = KAN as die metode van Die Voortrekkers vir leierskap-ontwikkeling voortgevloei. Die Voortrekkers kweek selfdoen-Vaardighede, waardegedrewe Antwoorde en die praktiese Toepassing daarvan – om sodoende die toekoms met selfvertroue te VAT.
As sulks bied Die Voortrekkers 'n groot verskeidenheid avontuuraktiwiteite in die natuur, soos bv. veldkuns, staptoere, spoorsny, rotsklim, perdry, hengel, boogskiet en vele meer. Alle kursusse, spesialisasies en avontuuraktiwiteite word deur kenners aangebied met voldoening aan streng riglyne.
Die prestasies van elke lid word gevier, terwyl daar menige toekennings vir besonderse dienslewering en leierskap gedoen word. Daar is ook 'n gestruktureerde program vir die ontwikkeling van jong leiers, terwyl klem gelê word op die onmisbare waarde van spanwerk. Die Voortrekkers is ook betrokke by 'n verskeidenheid van gemeenskaps-projekte.
Die kulturele kapitaal van Die Voortrekkers is die oorgeërfde wysheid, kennis, vaardighede en praktiese ervaring van meer as agt dekades en vorm wat vandag genoem word die Voortrekkerloopbaan. Terwyl deeglik kennis geneem word van die skoolkurrikulum bestaan die Voortrekker-loopbaanplan uit die HOE OM-boek en ontwikkeling van nuwe en kreatiewe hulpmiddels, wat ook aanlyn op Voriemôl, die aanlynwinkel van Die Voortrekkers, bestel kan word.
Op die moderne webwerf van Die Voortrekkers word eietydse kommunikasie o.a. soos volg beskryf: “Ons kinders se kommunikasiewêreld is tegnologie. Hulle lees meer foon as boeke. Hulle gesels meer per WhatsApp as pouses met mekaar. Vroeër het spanne foto-albums gehad. Vandag is spanne se foto-albums op Facebook. Die ou Voortrekkers het geskryf op leie, ons kinders tik op tablette. Die ou Voortrekkers het gekommunikeer deur kort en lang fluitseine, ons kinders kommunikeer in WhatsApp-taal.
“Die ou Voortrekkers het die Bybel in die wakis gehad. Ons Voortrekkers het die Bybel op 'n slimfoon. Om relevant te wees vir ons jeug, sal Die Voortrekkers moet kennis neem van die wyse waarop ons jeug deesdae kommunikeer en dit integreer in die kommunikasie van ons Voortrekkerloopbaan. Dit sluit in die ontwikkeling van Voortrekkertoepassings (apps) ter ondersteuning van die Voortrekkerloopbaan.”
Vir Die Voortrekkers is die boustene van 'n beskawing onontbeerlik: Die hoeksteen is die gesin; wanneer gesinne in verhouding tree met ander gesinne ontwikkel 'n gemeenskap; wanneer gemeenskappe met ander gemeenskappe in verhouding tree a.g.v. gemeenskaplike goedere, soos taal en tradisie, ontstaan 'n volk; en waar volke met ander volke in verhouding tree, ontwikkel 'n beskawing. Wanneer 'n beskawing verval, moet die rede en die oplossing gesoek word by die kernbousteen, nl. die gesin.
Dus is die hedendaagse Voortrekker modern, standvastig en beweeg vorentoe. Hy/sy is byderwets en tegnologies-onderleg, maar geanker in Christelike gesinswaardes, terwyl die toekoms aangevat word aan die hand van Afrikaner-identiteit.
Vir veel meer inligting oor Die Voortrekkers, besoek www.voortrekkers.co.za of die Facebookblad van Die Voortrekkers. Op laasgenoemde kan veral gekyk word na die hoogtepunte van die hoogtepunte van Die Voortrekkers soos aangebied d.m.v. 'n byderwetse TV-nuusbulletin.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Meer in die kategorie:

Go to top