► In Mediumtermynbegroting van Minister van Finansies Tito Mboweni feitlik geen melding van landbou en die geweldige druk op boere oor wydverspreide droogte; op vraag van VF Plus pres. Cyril Ramaphosa ontwykend oor enige bystand aan kommersiële boere ► VF-Plus in Gauteng sê Gauteng Onderwysdepartement moontlik skuldig aan onreëlmatige besteding van R1,2 miljard i.v.m. skoolsvoedingsprojek, dít terwyl die LUR vir Onderwys Panyaza Lesufi Afrikaanse skole vir geringste vermoedelike oortredinge aanspreek ► Dit blyk of dorpe Dewetsdorp, Vanstadensrus en Wepener feitlik geen munisipale dienste ontvang vanaf Mangaung Metro onder wie hulle ingedeel is nie ► Adjunk-pres. David Mabuza op besoek aan China tydens sitting van SA-China Bilaterale Kommissie wys op die talle geïntegreerde tussen die twee lande o.a. dat 65 Chinese maatskappye R116 miljard in SA belê het (hierdie syfer soos genoem, Ditsem Nuus kan nie korrektheid verifieer nie) ► Stad Kaapstad ontvang R300 miljoen van Nederlandse regering om MyCiti snelbusdiens na Khayelitsha en Nyanga uit te brei ► Nederlandse man (35) en vrou (75) in Marlothpark, Komatipoort, vermoor deur versmoring deur hul monde toe te prop, man se vrou en dogter oorleef aanval ► Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers stem 232-196 ten gunste van verdere ondersoek of pres. Donald Trump in staat van beskuldiging geplaas moet word oor Oekraïne ► China Mobile in China maak bekend dat sy 5G-tegnologie, 100 keer vinniger as 4G, nou in 50 stede insluitende Beijing en Sjanghai beskikbaar is ►

Die DA het na ontleding van die jaarverslae van staatsdepartemente en staatsondernemings vir die finansiële jaar 2017/18 bereken dat onreëlmatige, vrugtelose en vermorste uitgawes sowat R75,6 miljard in totaal beloop.  In hierdie opsig is die grootste sondebokke Eskom R319,6 miljard, Samral R10,5 miljard en Transnet R8,1 miljard, terwyl die staatsdepartment met die ergste syfer die Dept. van Water en Sanitasie met R6,2 miljard is. 

Wat die situasie nog meer duiselingwekkend maak, is dat al die jaarverslae van staatsdepartmente en staatsondernemings nog nie ontvang is nie, bv. van die Dept. van Energie, CoGTA, Prasa, Denel, SAA en SA Express.  Betroubaar word bereken dat wanneer hierdie verslae ook ingereken is, die totale korrupte syfer kan opskiet na sowat R95 miljard.

Ewe opspraakwekkend is die getuienis wat voor die Nugent-kommissie van ondersoek na die SA Inkomstediens (SAID) tydens die bestuurskap van geskorste kommissaris Tom Monyane.  Daaruit blyk dit dat Zuma op gedwonge wyse in September 2014 vir Monyane, 'n voormalige hoof van die SA Korrektiewe Dienste en met geen ouditeurservaring nie, plek gemaak het by die SAID as kommissaris. 

Dit is gedoen met die uitsluitlike doel dat Monyane die SAID moes korrupteer en omskep in 'n misdaadnet ten einde om ongemagtigde transaksies te kanaliseer en belastingontduiking vir bepaalde begunstigdes te bewerkstellig.  In die proses het Monyane ontslae geraak van spesialiseenhede in die SAID wat ongerymdhede ondersoek en aan die kaak stel.   Dit het meegebring dat die SAID ongelooflik geërodeer is en wanfunksioneel gemaak is, met bv een van die gevolge dat die stelsel van e-Filing in die SAID binne twee jaar ineen kan stort indien dit nie dringend opgegradeer word teen sowat  R1 miljard nie.

Inmiddels het regter Nugent in ‘n voorlopige verslag aan pres. Ramaphosa gesê dit was ‘n ramp om Monyane aan te gestel het en dat aanbeveel word dat hy so spoedig moontlik afgedank word. Samevattend wil dit voorkom op hierdie stadium uit die verskillende prima facie getuienisse voor die Zondo- en  Nugent-kommissies dat Jacob Zuma i.t.v. omvang van misdaad waarskynlik die grootste krimineel in die SA geskiedenis is.

Soos wat getuienis gelewer word, word die Zondo-kommissie na staatskaping, kom die ontsaglike afmetinge van die onderwerp stuk-stuk na vore.  Uit getuienis van bv voormalige adjunk-Minister van Finansies Mcebisi Jonas en andere het dit geblyk dat sedert voormalige President Jacob Zuma in 2009 in die saal gekom het, het die Cupta broers feitlik vryehand hom ontvang om Suid-Afrika na willekeur te regeer.

Ten einde persone wat geímpliseer word in getuienis wat reeds voor die kommissie gelewer is, geleentheid te gee om hulself voor te berei vir repliek, het regter Zondo beslis dat voormalige Minister van Openbare Ondernemings Barbara Hogan eers op 12 November 2018 en haar opvolger Pravin Gordhan op 15 November 2018 voor die kommissie sal getuig.

Inmiddels het die DA gevra dat, op grond van bepaalde inligting, pres. Cyril Ramaphosa ook voor die Zondo-kommissie moet kom getuig om te sê wat hy aansienlik vroeër van staatskaping geweet het en wat moontlik enige betrokkenheid van sy kant daarby was.  Dit is dus duidelik dat tot op hede nog slegs die spreekwoordelike oortjies van die seekoei gesien is wat betref staatskaping. 

Die plundery van die VBS Mutual Bank wat pas briljant oopgevlek is deur adv. Terry Motau in sy verslag getiteld “The Great Bank Heist” waaruit blyk dat sowat R2 miljard  deur sowat 30 “begunstigdes” geplunder is, kom loshande neer op die grootste bankroof in die geskiedenis van die land.  Wat dit in kort op neerkom, is dat die bank geskep is as 100% vir swartes en dat vooraf gereël is dat munisipaliteite en staatsondernemings soveel as moontlk geld in die bank sal inbetaal as sg. beleggings, maar dat dit aan die ander kant op misdadige wyse deur die uitvoerende hoof van die bank Andile Ramavhunga na die begunstigdes gekanaliseer sal word.

In die verslag van Motau, opgestel op versoek van die Reserwe Bank Omsigtigheidsowerheid, word die korrupte transaksies in detail aangedui, terwyl die name van al die skurke ook uitgespel word.  Onder diegene is o.a. Brian Shivambu, broer van die adjunk-leier van die EFF Floyd, wat ‘n uitbetaling van R16 miljoen van die bank ontvang het; daarvan het hy aan Floyd R10 miljoen oorbetaal, waarvan Floyd weer R1,3 miljoen in die rekening van die EEF oorbetaal het.

Wie ook nog prominent in die verslag figureer, is oud-pres. Jacob Zuma en sy Nkandla-landgoed, asook die Vhembe-koning, Toni Mphephu Ramabulana, om slegs enkeles te noem.

Dus is die hele VBS-sage een massiewe misdaadprojek t.b.v. sg. swart bemagtiging. 

Uit 'n skriftelike antwoord deur die Minister van Grondsake en Landelike Ontwikkeling op 'n Parlementêre vraag van die VF Plus blyk dit dat die oorgrote massa in die land nie in grond belangstel nie, maar in geld.   Daarmee is die leuen van die ANC en ander radikales aan die kaak gestel dat vir die masale armes en swartes in die land grond nie die sleutel oplossing is nie, maar 'n versugting na finansiële welvaart vir 'n beter lewe. 

Volgens die Parlementêre antwoord het die staat sedert 1994 altesaam 8,2 miljoen ha grond bekom in die grondhervormingsproses teen 'n koste van R39,2 miljard in totaal. Van hierdie bedrag het die eisers in 93% van alle suksesvolle grondeise verkies om die geld te neem en nie die grond nie.  Daarbenewens erken die staat dat dit in besit  is van feitlik al die grond wat die afgelope 24 jaar met belastingbetalersgeld aangekoop is.

Dit beteken dat miljoene hektaar grond wat oor 24 jaar aangekoop en betaal is, kan oor die volgende 24 jaar uitgedeel word sonder dat dit ʼn sent sal kos en sonder dat ʼn enkele hektaar van enige persoon afgeneem of gekoop hoef te word. Daarby erken die staat dat dit sowat 17 miljoen ha grond besit.

Blykens die Parlementêre antwoord 3,3 miljoen ha sedert 1994 deur die restitusieproses bekom en 4,9 miljoen ha deur herverdeling, dus ʼn totaal van 8,2 miljoen ha. Die restitusieproses het R21,6 miljard gekos en die herverdelingsproses R17,6 miljard. Wat restitusie betref, is ʼn bedrag van R13,5 miljard aan eisers betaal wat geld eerder as die grond verkies het.

  

Aangesien 93% van eisers eerder geld as grond verkies het, beteken dit die staat moes in feitlik alle gevalle die boer en daarna ook die eiser vir dieselfde grond betaal wat die prys vir een stuk grond dus aansienlik duurder gemaak het. In sommige gevalle tot 63%.

Hierdie bedrag beloop R13,5 miljard volgens die parlementêre antwoord. Die verkoper het hiermee niks te make nie. Die regering het ook reeds erken hy besit tans vierduisend plase wat vir herverdeling gebruik kan word.  Voorts erken die regering dat 90% van vorige herverdelingsprogramme misluk het en dat  hierdie plase ook in staatsbesit is.

In kommentaar op hierdie feitelike inligting deur die Minister van Grondsake en Landelike Ontwikkeling  sê die VF Plus:  “Die ANC-regering is besig om die land en die wêreld te bedrieg oor die ware situasie rondom grondhervorming in Suid-Afrika. Hy is bereid is om sodoende ʼn vlam voor ʼn kruitvat te hou, beleggers te verdryf en voedselsekerheid te bedreig net om sy eie mislukking as regering te verberg en kiesers na die stembus te lok.  Hy mislei veral die publiek deur te sê onteiening sonder vergoeding is die enigste manier om die verdeling van grond te bespoedig”.

Ons moet eenvoudig nog teruggaan na die Springbok-All Blacks toets verlede Saterdag op Loftus in Pretoria wat die All Blacks met 32-30 gewen het. Feit van die saak is dat ʼn skitterende Springbokspan die All Blacks vir 73 minute in ʼn wurggreep gehou het en sewe minute voor die einde nog met 30-13 voorgeloop het.

Toe stuur afrigter Rassie Erasmus vyf plaasvervangers op, almal – om dit nou reguit te sê – kwotaspelers wat op meriete nie in die span hoort nie. Die gevolg was dat die damwal van die Groen en Goud net daar gebars het en dat die All Blacks deurgestroom het vir drie drieë te druk en die wedstryd op die nippertjie beklink het met 32-30.

Wat ʼn skande vir Springbokrugby! En wat ʼn skandalige voorbeeld van politieke gedienstigheid! Dit was verseker een van die laagste laagtepunte in die geskiedenis van Bokrugby.

In Zimbabwe in Harare, hoofstad van Zimbabwe, asook in ander dorpe, het die rakke van supermarkte en winkels skielik leeggeraak en het kos ʼn kosbare kommoditeit geword. Winkels sukkel om voorrade vir klante te kry, terwyl die prys van basiese goedere soos kookolie drasties styg weens paniekaankope.

Ook brandstoftekorte by vulstasies en toue voertuie hoop op. Ook kitskosrestaurante soos Chicken Inn in Bulawayo het nie meer hoendervleis in voorraad nie, terwyl apteke ernstige medikasietekorte ondervind.

Intussen blyk dit dat Zimbabwiese veiligheidsmagte oral hardhandig optree teen verbruikers in opstand en diegene wat waag om hulle in protesaksies te verteenwoordig.

Pres. Donald Trump van die VSA is een van die mees kontroversiële politici en staatslui ooit en dit in hedendaagse tye omdat hy reëlreg ingaan teen die eenwêrelddikktatuur wat die Illuminati oftewel Nuwe Wêreld Orde (NWO) probeer vestig. Trump met sy “Amerika eerste”-beleid het ʼn sterk nasionalistiese koers ingeslaan waarin nasionale state prioriteit aan hul eie belange gee eerder as om die globalistiese diktatuur te dien.

Een van die leidende proponente van die NWO is die internasionale skatryk finansier George Soros met sy Open View Foundation, wat feitlik man-alleen verantwoordelik was vir die oopgooi van grense van sommige Wes-Europese lande vir instroming van Moslem-immigrante vanuit die Midde-Ooste en Noord-Afrika.

Geen wonder dus dat Soros en Trump kop-aan-kop bots, met Soros wat sê hy is “alarmed and frustrated at the speed at which president Trump is dismantling the New World Order.” Soros het aan die Washington Post gesê “I regret not foreseeing Trump’s meteoric rise to power” en dat hy “vow to redouble my efforts in pouring millions of dollars into opposing everything Trump stands for.”

Interessant dat Soros tydens die afgelope sitting van die VN Algemene Vergadering van New York intense 1:1 samespreking met pres. Cyril Ramaphosa gehou het. Hieroor was daar vanuit SA fel kritiek op Ramaphosa omdat Soros gesien word as personifikasie van die bose.

In verslag wat adv. Terry Motau SC in opdrag van die SA Reserwebank na die VBS Mutual Bank gedoen het nadat die bank ineengestort het, blyk dit duidelik dat die instansie bloot ʼn geleentheid was om te plunder op mega skaal – 53 “begunstigdes” het “fooie” van R2 miljard uit die fondse van die bank ontvang. Van die verstommende gevalle is dat VBS Mutual Bank R16 miljoen betaal het aan Brian Shivambu, wat maar verlede jaar gegradueer het.

Hy het op sy beurt R10 miljoen betaal aan sy ouboet Floyd, adjunk-leier van die EFF, wat weer R1,3 miljoen oorbetaal het in die rekening van die EFF self.

In antwoord op ʼn parlementêre vraag deur die VF Plus aan Minister van Samewerkende Regering dr. Zweli Mkhize blyk dit dat weens gebrekkige instandhouding en wanbestuurvan infrastruktuur in die Oos-Kaap waterverliese in die vorige boekjaar in die provinsie meer as 113 miljard liter beloop het. Die vermorsing het daagliks meer as 309 miljoen liter water beloop.

Uit die minister se antwoord blyk dit dat die Nelson Mandelabaai Metro (Port Elizabeth, Despatch en Uitenhage) die grootste sondebok was met meer as 48 miljard liter wat in die tydperk verlore gegaan het. Die metro het in die tydperk 131 miljoen liter water per dag aan lekkasies verloor.

Konserwatief geskat, het Nelson Mandelabaai R660 miljoen se water vermors weens gebrekkige instandhouding en swak infrastruktuurbestuur. Wat die situasie des te erger maak, is dat die vermorsing van die miljarde liter water het geskied het gedurende ernstige droogte in die provinsie die afgelope paar jaar.

Oor die ooglopende dubbele standaarde en rassisme wat by die Menseregtekommissie (MRK) sigbaar is, sê die Afrikanerbond in ʼn mediaverklaring o.m.: “In die afgelope paar dae was daar voorvalle waar die MRK nie eers die saak ondersoek het nie, maar spoedeisend gereageer het. Op Dinsdag 2 Oktober het die Hot 91.9 FM-aanbieder Sasha Martinengo 'n sekere mening uitgespreek oor Julius Malema en op Donderdag 4 Oktober het die MRK reeds 'n verklaring uitgereik om dit te veroordeel.

“In die geval van mnr. Kessie Nair wat op 16 September 2018 rassistiese kommentaar teen pres. Cyril Ramaphosa op sosiale media gemaak het, het die MRK op 22 September 2018 gereageer waarin hulle die voorval sterk veroordeel het. Hulle het ook gesê: ‘Ons doen dringend 'n beroep op alle Suid-Afrikaners om dit nie te verdra of om hierdie uitsprake te duld nie.’

“Let op die spoedige hantering van die MRK in hierdie gevalle. Kan dit wees omdat sommige politici aan die ontvangkant was?

“Op 7 Augustus het die Afrikanerbond 'n klag by die SAMRK aanhangig gemaak teen die Vrystaatse LUR, Mathabo Leeto, wat in die Vrystaat Wetgewer gesê het. ‘Wit Suid-Afrikaners is verkragters sedert Jan van Riebeeck aangekom het.’ En ook ‘die grafte van wit Suid-Afrikaners moet opgegrawe word sodat hulle liggame aanspreeklik gehou kan word.’

“Dit is nou amper twee maande later en die MRK skitter in hulle afwesigheid. Nie 'n woord van hulle nie, behalwe 'n ontvangserkenning.”

Volgens berekeninge van die DA toon 2017/18 jaar verslae van staatsdepartemente en staatsmaatskappye dat minstens sowat R75 miljard gedurende die die boekjaar 2017/18 ongemagtig, vrugteloos en vermors uitgegee is. Die grootste sondebokke is Eskom met R19,6 miljard, Sanral met ʼn R10,5 miljard, Transnet met R8,1 miljard en die Dept. van Water en Sanitasie met R5 miljard.

Oorhoofs gesien dui dit daarop dat die staatsfinansies op ʼn afgrond huiwer, met verskeie staatsondernemings wat tegnies bankrot is.

Die volgende is ʼn selfverduidelikende twiet van nuut aangestelde Min. van Finansies Tito Mboweni gedateer 27 April 2018: “Three urgent tasks for the National Democratic Revolution in South Africa: 1. The state must own 40% of all mining companies this is easy to do. 2. The state must create a Sovereign Wealth Fund for future generations from mining dividends. 3. A state bank must be created urgently.”

Die tydskrif Mining Weekly berig dat ʼn hoëvlak afvaardiging van China komende Maandag in SA aankom vir ʼn drieweke lange navorsingsbesoek oor die minerale opset van die land en hoe dit geadministreer word. Die afvaardiging kom ook navorsing doen oor die registrasiestelsel van boorgate in SA, iets waarop die SA regering baie trots is.

Die afvaardiging van die Mineral Resources Reserves Evaluation Centre van die Ministry of Land and Natural Resources (MRREC) in Beijing gaan plaaslik opgelei word in die praktiese toepassing en bestuur van die nougesette verslagdoening van eksplorasieresultate en minerale neerslae, asook die toegang tot ontwikkelingskapitaal op aandelemarkte.

ʼn Storm van kritiek en negatiwiteit het los gebars oor die die kop van pres. Cyril Ramaphosa en sy afvaardiging tydens hul besoek aan New York by geleentheid van die 73ste Sitting van die Algemene Vergadering van die VN. Dit was ʼn besondere geleentheid met staats- en regeringshoofde vanoor die wêreld wat saam getrek het en elkeen ʼn geleentheid gekry het om op die podium hul saak te stel.

Pres. Ramaphosa het ook sy kans gehad en hy het die haglike situasie in SA so rooskleurig moontlik gestel, maar na die tyd het hy ʼn storm ontketen toe hy op ʼn vraag van ʼn joernalis gese het: “There is no killing of white farmers in SA. There is no land grabs in SA. Pres. Trump is misinformed.” In SA was die vloed van kritiek op hierdie uitlating eenparig met selfs Dan Kriek van Agri SA wat saamgestem het dat Ramaphosa dat Ramaphosa blatant lieg oor moorde op blanke plaasboere. Kyk die videogreep hier

Die Ironie is dat ook die Amerikaanse regering en ander buitelanders deeglik ingelig is oor die ware feite in SA. Reeds op 23 Augustus 2018 het pres. Trump het in ʼn Twitter boodskap laat weet dat hy sy minister van buitelandse sake Mike Pompeo gevra het om plaasbesettings en onteiening, asook die grootskaalse moord op boere, noukeurig te bestudeer.

Voorts het die organisasie ToekomsVonk op 14 September 2018 ʼn volledige verslag met statistieke rondom aanvalle en moord op plaasboere aan die Amerikaanse ambassade in Pretoria oorhandig. Daarin o.m. aangetoon dat ʼn plaasaanval elke 1.4 dae gemiddeld voorkom en ʼn boer vermoor word elke 5 dae gemiddeld.

Op hul beurt het AfriForum aangekondig dat hulle slagoffers wie se geliefdes tydens plaasaanvalle vermoor is, na die VSA gaan stuur tydens die volgende fase van AfriForum se bewusmakingsveldtog. Die organisasie is ook van voorneme om ’n bekendstelling van die boek Kill the Boer deur Ernst Roets, in Washington D.C. te reël. AfriForum wil aan plaasaanvalslagoffers en hul geliefdes die geleentheid gee om hul verhale aan meningsvormers, politici, regeringsverteenwoordigers en die media in Washington te vertel.

Roets wys daarop dat daar in die afgelope twee dekades volgens die SAPD se eie syfers gemiddeld byna twee plaasaanvalle per dag en twee plaasmoorde per week voorgekom het. “Net sedert Januarie vanjaar was daar 320 plaasaanvalle en 43 plaasmoorde op plase wat deur AfriForum bevestig kon word,” sê Roets.

Die tweede storm om die kop van Ramaphosa en die regering kom van die feit dat Trump het tydens sy VN toespraak aangekondig het dat minister van buitelandse sake Mike Pompeo opdrag gegee is om ondersoek in te stel of lande wat geldelike hulp ontvang, ook die belange van die VSA op die hart dra. In hierdie verband is Suid-Afrika is reeds vroeër die jaar gelys as een van die top 10 lande wat anti-VSA sentimente toon as dit by stemming kom rondom VSA resolusies by die VN.

Dit is dus duidelik die VSA besig is om SA na die kantlyn te skuif en dat die Trump-administrasie die ANC bewind polities, ekonomies en diplomatiek die koue skouer gee. In SA self is dit duidelik dat Ramaphosa met sy terugkeer gaan sukkel om al die vure doodgeslaan te kry.

Met Erfenisdag 24 September 2018 het die VF Plus Jeug landswyd onbekende en verwaarloosde erfenisterreine, -gebiede en -monumente in elke provinsie besoek en skoongemaak. O.a. is die Kroonstad Konsentrasiekampkerkhof besoek en skoongemaak. Aldaar het tydens Anglo-Boere-oorlog 1899-1902 ongeveer 2 000 vroue en kinders gedurende die tydperk gesterf. 

Verder is die Burgershoop konsentrasiekamp-begraafplaas by Krugersdorp ook skoongemaak en so ook die Moorddrift Monument in by Potgietersrus en die Magersfontein Slagveldterrein naby Kimberley. Vir meer besonderhede kontak Tammy Wessels by 082 490 6663.

Met die ondersoek na die SA Inkomstediens deur die Nugent-kommissie word ʼn behoorlike katnes oopgevlek met wat aangegaan het onder die bestuurskap van die geskorste kommissaris Tom Moyane. Wat dit op neerkom, is dat Moyane deur voormalige pres. Jacob Zuma en die Guptas gebruik is om korrupsie en misdaad op massiewe skaal te fasiliteer.

Moyane het nie net kanale vir grootskaalse ongerymdhede geskep nie, maar ook spesialiseenhede binne die SAID wat spesifieke misdadige bedrywighede moes ondersoek, gestop of hokgeslaan. Senior amptenare wat nie met hom wou saamwerk nie is geskors, selfs soms met 24-uur kennisgewing.

Dit is dus duidelik uit getuienis voor die kommissie dat in dien Moyane nie sowat drie maande gelede deur Ramaphosa geskors sou gewes het nie die staatsfinansies en in besonder die staatskas onberekenbare skade sou gely het.

Terwyl die waterkrane in die munisipale gebied van Mogale City met hoofkantoor te Krugersdorp droog bly, steier inwoners elke maand onder die druk van astronomiese waterrekeninge. Wat opvallend is, is dat die rekeninge met dieselfde bedrae, gewoonlik òf R17 000 òf R18 000, bokant die normale bedrag is.

Wat verswarend in die situasie is, is dat die munisipaliteit heelwat ontwikkelingsprojekte goedkeur waarvoor daar nie voldoende grootmaatdienste soos vir watervoorsiening is nie. Daarby beskik die munisipaliteit nie oor die dienste van 'n gekwalifiseerde wateringenieur nie. Vir meer besonderhede besoek www.gemeenskappe.co.za/red-mogale-city.

Bladsy 13 van 97
Go to top