►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Afrikaans Plus – verandering vir ATKV

ATKV jeug ATKV jeug

Dit blyk volgens 'n mediaverklaring deur die nuwe besturende direkteur van die ATKV, Deidre Le Hanie, dat die organisasie 'n nuwe koers inslaan meer weg van Afrikaans en Afrikaners na ook ander tale en bevolkingsgroepe in die land.
Sy sê in 'n mediaverklaring o.m. soos volg: “Die ATKV is steeds trots Afrikaans, maar nie meer op ʼn selfsugtige basis nie. My voorgangers het ʼn stabiele fondasie gebou en ons wil deur Afrikaans Plus hierop voortbou om gemeenskappe te bereik wat ons voorheen nog nie bereik het nie.

“Die Afrikaans Plus-strategie sal dit vir leerders moontlik maak om ʼn Afrikaanse toespraak óf ʼn toespraak in die taal van hul keuse (byvoorbeeld Sotho of Tswana) of selfs albei te kan lewer tydens die ATKV-redenaarskompetisie. Dié kompetisie sal voortaan Afrikaanse, Engelse en Afrikataal-beoordelaars hê, sodat ons aan die behoeftes van die gemeenskap kan voldoen.”

Le Hanie het verduidelik dat ongeveer 98.5% van die ATKV se inkomste deur die organisasie self gegenereer word uit hoofsaaklik drie inkomstestrome: Uit die ATKV vakansieoorde, wins uit Lapa Uitgewers, en die sowat 70 000 ATKV-lede se maandelikse R81-ledegeld. Dié besigheidsmodel vorm die basis vir die maatskappy se omset van R92 miljoen per jaar.

Le Hanie sê: “Dit is ʼn groot verantwoordelikheid om hierdie geld korrek aan te wend. Ons moes ʼn fundamentele oordeelsbesluit maak en die rigting van die organisasie effens verander.” Sy verwys na ʼn gesegde wat sy al 12 jaar lank volg: “The bend in the road is not the end of the road, unless you fail to make the turn.” Sy het gesê dit laat haar dink aan die paaie in die Alpe – as jy nie die draaie saam met die pad maak nie, sal jy oor die afgrond stort.

Volgens Le Hanie sal die ATKV se visie en missie die beginpunt wees, maar daar is ook vier fokusareas, naamlik taal, onderrig, gemeenskappe, en kuns en kultuur. Die ATKV maak tans jaarliks ʼn impak op ongeveer 600 000 leerders met 40 projekte op ʼn nasionale basis met o.m. die Muziqanto klassiekemusiekkompetisie, die Crescendo sangkompetisie, tienertoneel en verskeie ander gemeenskapsprojekte.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top