► Volgens SA in Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRV) toon jongste misdaadstatistiek vir SAPD tesame met vorige statistiek dat sedert 1994 in SA sowat 500 000 moorde gepleeg is en 1 miljoen verkragtings ► Prof. Rudolph Zinn van Unisa sê uit navorsing blyk dit dat van die misdadigers voer tot 107 misdrywe uit voordat hulle gearresteer word ► Solidariteit Netwerk loods nuwe Sol-Tech kampus in Pretoria teen koste van R300 miljoen, sal huidige kampus vir 1 200 studente verdubbel en sal na verwagting deure open in Januarie 2021 ► Kyk by hierdie video hoe top bevelvoerders van SA Vloot en Lugmag in Parlement getuig hoe vloot en lugmag op rand van ineenstorting is ► Vrou (55) in Oos-Vrystaat gisteraand terwyl sy gebad op ‘n plaas aangeval en verkrag, aanvaller vlug en niks gesteel nie ► Op die Economic Freedom of the World (EFW) 2019 verslag val Suid-Afrika 54 plekke na nr. 101 uit 162 lande, vanaf plek 47 in 2000 – volg hierdie skakel vir meer inligting ►Dit lyk of Britse premier Boris Johnson ‘n deurbraak met Brexit kan maak na ooreenkoms oor grensbeheer met Ierse Democratic Unionist Party (DUP) ► Voormalige Bok-afrigter Peter de Villiers sê hy gaan nie Springbokke vanjaar by Wêreldbeker ondersteun nie, omrede vroeëre betrokkenheid van Eben Etzebeth by onderonsie met twee bruin mense in Langebaan ►

Die verraderlike moord op Piet Retief en sy 70 man en 30 agterryers op 6 Februarie 1838 toe hulle met Dingaan, opperhoof van die Zoeloes, by sy hoofkwartier Umgungundlovu onderhandel het om grond te bekom, was vir die Voortrekkers in die destydse Natal 'n geweldige terugslag.

Met die daaropvolgende tweespalt en terugslae wat die Voortrekkers ondervind het, opgevolg deur die wrede moorde op mans, vrouens en kinders by Bloukrans, was die Voortrekkers leierloos en weerloos.

Daarom het hulle ‘n boodskap gestuur na Andries Pretorius in die Oos-Kaap om leiding te kom gee.

Toe Pretorius hom in November 1838 by die Voortrekkers in Natal aangesluit het, het hy hulle vinnig gekonsolideer in 'n verdedigbare eenheid en die Wenkommando gemobiliseer om teen die dreigende Zoeloemag op te tree.

Onmiddellik het dit geblyk dat dit op 'n kop-aan-kop botsing afstuur tussen die geoefende en georganiseerde Zoeloemag van meer as 12 000 krygers en die sowat 400 lede van die Wenkommando.

Teen hierdie agtergrond het Andries Pretorius aan Sarel Cilliers, wat as geestelike leier in die kommando opgetree het, voorgestel dat die kommandolede 'n gelofte aan God maak dat as Hy hulle die oorwinning sou gee, hulle Hom die eer daarvoor sou gee, dat hulle 'n bedeling sou skep wat Hom behaaglik is en dat hulle die nageslag ook daaraan sal verbind.

Die gelofte is deur Andries Pretorius en sy kommando afgelê elke aand vanaf 9 Desember tot en met 15 Desember 1838, op die vooraand van die gedenkwaardige Slag van Bloedrivier op 16 Desember.

Redelik algemeen word aanvaar dat die gelofte, in die Nederlands van destyds, die volgende strekking het:
Mijne Broeders en Mede-landgenoten, hier staan wij tans op een ogenblik voor een heilige God van hemel en aarde om een belofte aan Hem te beloven, als Hij met Zijn bescherming met ons zal wezen, en onze handen zal geven dat wij hem overwinnen, dat wij die dag en datum elk jaar als een verjaardag en een dankdag zoals een Sabbat in Zijn eer zullen doorbrengen; en dat wij een tempel tot Zijn eer stichten zullen, waar het Hem zou behagen;en dat wij het ook aan onzen kinderen zullen zeggen, dat zij met ons erin moeten delen, tot gedachtenis ook voor onze opkomende geslachten. Want de ere van Zijn Naam daardoor zal verheelikt worden, dat de roem en eer van overwinning aan Hem zal worden gegeven.
Wat daarna met die Slag van Bloedrivier gebeur het, is welbekend: Die Zoeloemag is vernietigend verslaan, met sowat 2 000 krygers wat doodgeskiet is, terwyl daar aan Voortrekkerkant geen ongevalle was nie en slegs drie liggewondes. Dus 'n absolute wonderwerk!

Die gebeurtenis het 'n beslissende invloed gehad op die latere geskiedenis van die ganse Suid-Afrika.

Wat vir die hede en toekoms belangrik is, is dat die gees van die gelofte soos volg saamgevat kan word:

Dit was 'n gelofte aan God Drie-enig, wat, volgens Sy Woord, nagekom moet word.

Dit het gelei tot die geboorte van die Afrikanervolk.

Die Gelofte is ook van toepassing op die nageslag van die Afrikaner.

Dit behels 'n verpligting op dié Afrikaner om hom in elke opsig te beywer vir 'n bedeling wat God welbehaaglik is - vanaf die Geloftekerkie in Pieter-maritzburg tot 'n bedeling van onafhanklike volkstate in Suider-Afrika gebaseer op vreedsame naasbestaan.

Die Voortrekkers het nie Bloedrivier oorleef omdat hulle velle wit was nie, maar omdat hulle en hul agterryers draers was van die Evangelie-boodskap.

Vandag, Desember 2017, staar die Afrikaner 'n groter bedreiging in die gesig as wat daar in 1838 was. Daarvoor is dit nodig dat Afrikaners sover doenlik verskille opsysit, bymekaarstaan en hul verbintenis tot die Gelofte van Bloedrivier met verootmoediging herbevestig. Steeds by God alleen lê die hoop.

As 'n poging om hiertoe 'n bydrae te maak, bied Ditsem Nuus hierdie Geloftefeeskalender aan.

Afrikaners word aangespoor om die Gelofte van Bloedrivier elkeen sy eie te maak, om vanjaar 'n Geloftefees by te woon en om die Gelofte in u eie lewe, in u gesin, in u familie en wyer uit te leef.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top