►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

FlySafair beste lugdiens in Afrika

Die relatief jong lugdiens FlySafair, gebaseer in SA, is deur TripAdvisor, die grootste reiswebtuiste ter wêreld, aangewys as die beste lugdiens in Afrika. FlySafair het in 2014 met binnelandse vlugte in SA begin en het van krag tot krag gegaan terwyl ander binnelandse lugdienste soos Nasionwide, 1Time, Flitestar, en Sun Air, dit nie gemaak het nie.

Die sukses van FLySafair kom ook te midde van die gesukkel van SAA, SA Express en Mango en wys daarop dat bestuur die sleutelaspek is ook by die bedryf van 'n lugdiens.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top