► In Mediumtermynbegroting van Minister van Finansies Tito Mboweni feitlik geen melding van landbou en die geweldige druk op boere oor wydverspreide droogte; op vraag van VF Plus pres. Cyril Ramaphosa ontwykend oor enige bystand aan kommersiële boere ► VF-Plus in Gauteng sê Gauteng Onderwysdepartement moontlik skuldig aan onreëlmatige besteding van R1,2 miljard i.v.m. skoolsvoedingsprojek, dít terwyl die LUR vir Onderwys Panyaza Lesufi Afrikaanse skole vir geringste vermoedelike oortredinge aanspreek ► Dit blyk of dorpe Dewetsdorp, Vanstadensrus en Wepener feitlik geen munisipale dienste ontvang vanaf Mangaung Metro onder wie hulle ingedeel is nie ► Adjunk-pres. David Mabuza op besoek aan China tydens sitting van SA-China Bilaterale Kommissie wys op die talle geïntegreerde tussen die twee lande o.a. dat 65 Chinese maatskappye R116 miljard in SA belê het (hierdie syfer soos genoem, Ditsem Nuus kan nie korrektheid verifieer nie) ► Stad Kaapstad ontvang R300 miljoen van Nederlandse regering om MyCiti snelbusdiens na Khayelitsha en Nyanga uit te brei ► Nederlandse man (35) en vrou (75) in Marlothpark, Komatipoort, vermoor deur versmoring deur hul monde toe te prop, man se vrou en dogter oorleef aanval ► Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers stem 232-196 ten gunste van verdere ondersoek of pres. Donald Trump in staat van beskuldiging geplaas moet word oor Oekraïne ► China Mobile in China maak bekend dat sy 5G-tegnologie, 100 keer vinniger as 4G, nou in 50 stede insluitende Beijing en Sjanghai beskikbaar is ►

Musiekgroep Twee bereik goue status

Die musiekgroep Twee bestaande uit Herman en Maria het hul trefferalbum Piekniek vir Twee opgevolg met hul nuutste getiteld Sirkels, wat al geruime tyd op die nasionale Top 20 is en tans nr.4 is op die iTunes Top 100. Dit is tans beskikbaar is by musiekwinkels en op digitale platforms.

Twee tree landswyd op in meestal intieme atmosfere waar hulle hul gehore op ‘n emosionele reis saamneem met hul eenvoudige maar treffende melodieë en lirieke.

Herman Kleinhans en Maria Rademan-Viviers het mekaar ses jaar gelede in Kaapstad ontmoet en sedertdien maak hulle saam musiek wat duidelik groot byval by die Afrikaanse musiekpubliek vind.

Maria se ander twee groot passies is onderwys en om die bekroonde Hoërskool Durbanville skoolkoor af te rig. Op sy beurt gebruik Herman weer sy talente op sy toep Helping Out as ‘n platform vir gemeenskappe en mense om mekaar te help sonder winsbejag.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top