►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Vrystaatse munisipale dienslewering in duie

Volgens die jongste verslag van die Ouditeur-generaal is daar nie een munisipaliteit in die Vrystaat wat tans finansieel volhoubaar is nie en is die munisipale situasie in die provinsie oor die algemeen die swakste in die land. Mangaung Metro is ook uitgesonder as die swakste metro in die land.

Die OG het vir die laaste boekjaar by Vrystaatse munisipaliteite ongemagtigde uitgawes van R2,9 miljard, onreëlmatige uitgawes van R675 miljoen en vermorste uitgawes van R324 miljoen gevind, d.w.s. in totaal R3,899 miljard onwettige uitgawes. Die netto laste van munisipaliteite in die Vrystaat staan op R4 miljard.

In alle dorpe en stede in die provinsie het dienslewering feitlik tot stilstand gekom en is talle dorpe vir tot maande sonder drinkwater. Gewelddadige protesaksies uit swart woonbuurte is 'n algemene gesig.

Hierdie situasie het die afgelope boekjaar dramaties versleg onder die provinsiale regering van voormalige premier en huidige Sekretaris-generaal van die ANC, Ace Magashule en met die huidige premier Sisi Ntombela as die destydse LUR vir Samewerkende Regering (COGTA).

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top