► Die koste van SA regering om sy skuld te diens het toegeneem van R89,4 miljard in 2012 tot R202,2 miljard in 2019, wat beteken dat tans meer geld bestee word om regeringskuld te diens, as wat in totaal in een jaar bestee word aan die polisiediens (R104,2 miljard), staatssekuriteit en weermag (R50 miljard) en howe en gevangenisse (R48,4 miljard) ► Solidariteit Helpende Hand se Studiefondssentrum (SFS) administreer tans meer as 240 studiefondse ter waarde van R164 miljoen, waardeur meer as 4 000 studente se studies moontlik gemaak word ► Volgens statistiek van TLU SA gister vrygestel, is 1 125 plaasaanvalle tussen 1990 en 1999 aangemeld, 1 407 plaasaanvalle in 2000 – 2009 (styging van 22%) en 2 616 plaasaanvalle vanaf 2010 – 2 019 (toename van 60%) ► Volgens pasvrygestelde syfers van TLU SA het 637 plaasmoorde vanaf 1990 tot 1999 plaasgevind, 799 plaasmoorde tussen 2000 tot 2009, terwyl 2010 tot 2019 die syfer afgeplat het na 586 plaasmoorde ► In mediaverklaring wys VF Plus daarop dat in SA R8 uit elke R10 wat deur die staat bestee word vir salarisse gaan; salarisrekening van staat beloop R587 miljard per jaar; “staatsdiens is werkskeppingsagentskap vir ANC-kaders” ► Verslag van Transparency International getiteld Global Corruption Barometer (GCB) gedoen ná ondersoek in 35 Afrika lande toon dat 59% van mense reken dat korrupsie toeneem, terwyl in Suid-Afrika 70% van mense meen dat korrupsie toeneem ► Verslag van Transparancy International toon ook dat een uit vier mense in Afrika wat verlede jaar van openbare dienste gebruik gemaak het, omkoopgeld moes betaal het ► Kabinet gee goedkeuring dat wetsontwerp oor Nasionale Gesondheidsorgversekering (NGV) in Parlement te tafel gelê word; geen aanduiding van koste nie, maar vorige minister dr. Aaron Motsoaledi het geraai sowat R259 miljard ► Minister van Omgewingssake, Bosbou en Visserye Barbara Creecy sê in Parlement Suid-Afrika is een van die 30 vuilste en mees omgewingsbesoedelende lande ter wêreld ► Rowers kaap graafmasjien van 60 ton by sandmyn naby Hobhouse en ry daarmee deur Caledonrivier en verdwyn in Lesotho ► MetroRail onderneem tans slegs 40% van treinritte in voorstedelike gebiede as 4 jaar gelede ► Netbal Wêreldbekertoernooi begin vandag in Liverpool, Engeland, met Proteas agt blankes uit span van 12 wat kans gegun word om goud in te oes ►

Ditsem Nuus Geloftefeeskalender 2018

Ditsem Nuus stel vanjaar weer, soos die afgelope ses jaar, ‘n Geloftefeeskalender saam van Geloftefeeste wat landswyd gehou word en selfs in die buiteland. Dit word in die Desember 2018 uitgawe van Ditsem Nuus gepubliseer – in sowel die gedrukte uitgawe van die koerant wat te Bloemfontein, Kimberley en 12 dorpe in die Suid-Vrystaat en Noord-Kaap versprei word, as in digitale formaat op verskillende platforms op die Internet.

Daarbenewens word die Kalender ook op die Geloftefees Facebookblad geplaas, terwyl dit ook in elektroniese formaat verskaf word aan die borge van die Kalender, soos AfriForum, die FAK, die Voortrekkermonument, Die Afrikanerbond, ens., wat dit dan weer deur hul onderskeie strukture en netwerke versprei.

In 2013 is in die Kalender 109 Geloftefeeste gelys, in 2014 125 Geloftefeeste, in 2015 139 Geloftefeeste, in 2016 150 Geloftefeeste en verlede jaar 162 Geloftefeeste. Die plasing van die besonderhede van ‘n Geloftefees in die Kalender is gratis.

Ditsem Nuus glo dat vir sy voortbestaan die nakoming van die Gelofte noodsaaklik is vir die Afrikanervolk en daarom word die saak so goed as moontlik bevorder, veral in die huidige kritieke tye.

Teen hierdie agtergrond words lesers versoek om enige inligting omtrent ‘n Geloftefees vanjaar waarvan hulle bewus is, of van ‘n erediens op 16 Desember waartydens die Gelofte herdenk of gelees word, dit deur te gee na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of 053 207 0127 - nie later nie as 19 November 2018.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

3 opmerkings

  • Rolanda van den Heever - Woensdag, 12 Desember 2018

    Ek probeer om die Geloftefeeskalender te sien, maar kry dit nie reg nie... of moet ek inteken om dit te sien?

    Report
  • Celia Tjaden - Dinsdag, 11 Desember 2018

    Is daar n.Geloftefeesdiens in Strand Verkennerssaal Woltemadestraat Strand?is nuut hier, kry nerens wars Namaste diens is of padaanwysings, K an julle help?

    Report
  • Willie van der Merwe - Vrydag, 07 Desember 2018

    Ek wil graag weet waar die naaste Geloftefeesdienste aan die Paarl aangebied word.

    Report

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top