► In Mediumtermynbegroting van Minister van Finansies Tito Mboweni feitlik geen melding van landbou en die geweldige druk op boere oor wydverspreide droogte; op vraag van VF Plus pres. Cyril Ramaphosa ontwykend oor enige bystand aan kommersiële boere ► VF-Plus in Gauteng sê Gauteng Onderwysdepartement moontlik skuldig aan onreëlmatige besteding van R1,2 miljard i.v.m. skoolsvoedingsprojek, dít terwyl die LUR vir Onderwys Panyaza Lesufi Afrikaanse skole vir geringste vermoedelike oortredinge aanspreek ► Dit blyk of dorpe Dewetsdorp, Vanstadensrus en Wepener feitlik geen munisipale dienste ontvang vanaf Mangaung Metro onder wie hulle ingedeel is nie ► Adjunk-pres. David Mabuza op besoek aan China tydens sitting van SA-China Bilaterale Kommissie wys op die talle geïntegreerde tussen die twee lande o.a. dat 65 Chinese maatskappye R116 miljard in SA belê het (hierdie syfer soos genoem, Ditsem Nuus kan nie korrektheid verifieer nie) ► Stad Kaapstad ontvang R300 miljoen van Nederlandse regering om MyCiti snelbusdiens na Khayelitsha en Nyanga uit te brei ► Nederlandse man (35) en vrou (75) in Marlothpark, Komatipoort, vermoor deur versmoring deur hul monde toe te prop, man se vrou en dogter oorleef aanval ► Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers stem 232-196 ten gunste van verdere ondersoek of pres. Donald Trump in staat van beskuldiging geplaas moet word oor Oekraïne ► China Mobile in China maak bekend dat sy 5G-tegnologie, 100 keer vinniger as 4G, nou in 50 stede insluitende Beijing en Sjanghai beskikbaar is ►

Standbeeld van pres. Steyn moet skuif

Die omstrede standbeeld van oud pres. MT Steyn van die Vrystaatse Republiek,  gaan van die UV se Bloemfontein-kampus na die Oorlogsmuseum verskuif na hul aansoek  om ’n permit geslaag het. Die omstrede standbeeld van oud pres. MT Steyn van die Vrystaatse Republiek, gaan van die UV se Bloemfontein-kampus na die Oorlogsmuseum verskuif na hul aansoek om ’n permit geslaag het.

Die omstrede standbeeld van oud pres. MT Steyn van die Vrystaatse Republiek, gaan van die UV se Bloemfontein-kampus na die Oorlogsmuseum verskuif na hul aansoek om ’n permit geslaag het. Die besluit kom in die nasleep van die FeesMustFall-betogings in 2015 en 2016 waar ’n groep studente geëis het dat die standbeeld verwyder moet word omrede studente aanstoot neem van die erfenis stuk wat apartheid en onderdrukking simboliseer.

Steyn was van 1896 tot 1902 die president van die voorheen onafhanklike Oranje-Vrystaat en sy standbeeld wat op 29 September 1929 op die plein voor die Grey-universiteitskollege se hoofgebou onthul is, sal op 11 Oktober, presies 120 jaar ná die uitbreek van die Boereoorlog, op sy nuwe staanplek by die Oorlogsmuseum onthul word.

Die Afrikanerbelange-organisasie en burgerregte waghond AfriForum het egter appelleer teen die besluit en vra indien die beeld verskuif word, of Afrikaanse studente en personeel nog welkom op die kampus is. Hulle beklemtoon ondermeer dat die verskuiwing eerder studente sal polariseer as om respek en samehorigheid onder hulle te bevorder.

Prof. Francis Petersen, rektor en visekanselier van die UVS voer aan dat hoewel die verskuiwing van die standbeeld die potensiaal het om verdeeldheid in die universiteitsgemeenskap te saai, het die openbare prosesse die potensiaal getoon om ʼn vlak van verdraagsaamheid te skep.

AfriForum versoek lede van die publiek wat die appèl teen die permit en verskuiwing van die standbeeld wil ondersteun om die beswaarskrif by https://www.afriforum.co.za/steyn-moet-bly/ te onderteken, of om “Steyn” na 42315 te SMS (R1).

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Meer in die kategorie:

Go to top