►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Orania skerp veiligheid op

Orania as Afrikanerdorp is besig om die veiligheid van die inwoners indringend op te gradeer, met die aankoop van gevorderde tegnologiese moniteringstelsels, opskerping van sy eie veiligheidsmaatskappy met 24/7 reaksie-eenheid, implementering van omvattende gemeenskapskommunikasie en gemeenskapsopleiding in paraatheid en noodhulp.

O.a. het die Dorpsraad op ‘n inligtingsvergadering vir die gemeenskap, wat uitstekend bygewoon is, ‘n Tienpunt veiligheidsplan voorgelê, wat aanvaar is. Op die vergadering is die Christelike geloof beklemtoon, asook dat rassisme geen rol speel nie, maar dat dit bloot gaan oor beveiliging van eie identiteit. Orania word ook bygestaan deur AfriForum.  

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top