► In Mediumtermynbegroting van Minister van Finansies Tito Mboweni feitlik geen melding van landbou en die geweldige druk op boere oor wydverspreide droogte; op vraag van VF Plus pres. Cyril Ramaphosa ontwykend oor enige bystand aan kommersiële boere ► VF-Plus in Gauteng sê Gauteng Onderwysdepartement moontlik skuldig aan onreëlmatige besteding van R1,2 miljard i.v.m. skoolsvoedingsprojek, dít terwyl die LUR vir Onderwys Panyaza Lesufi Afrikaanse skole vir geringste vermoedelike oortredinge aanspreek ► Dit blyk of dorpe Dewetsdorp, Vanstadensrus en Wepener feitlik geen munisipale dienste ontvang vanaf Mangaung Metro onder wie hulle ingedeel is nie ► Adjunk-pres. David Mabuza op besoek aan China tydens sitting van SA-China Bilaterale Kommissie wys op die talle geïntegreerde tussen die twee lande o.a. dat 65 Chinese maatskappye R116 miljard in SA belê het (hierdie syfer soos genoem, Ditsem Nuus kan nie korrektheid verifieer nie) ► Stad Kaapstad ontvang R300 miljoen van Nederlandse regering om MyCiti snelbusdiens na Khayelitsha en Nyanga uit te brei ► Nederlandse man (35) en vrou (75) in Marlothpark, Komatipoort, vermoor deur versmoring deur hul monde toe te prop, man se vrou en dogter oorleef aanval ► Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers stem 232-196 ten gunste van verdere ondersoek of pres. Donald Trump in staat van beskuldiging geplaas moet word oor Oekraïne ► China Mobile in China maak bekend dat sy 5G-tegnologie, 100 keer vinniger as 4G, nou in 50 stede insluitende Beijing en Sjanghai beskikbaar is ►

Snykant (299)

BMW SA het onlangs 'n verspreidingsentrum ten bedrag van R260 miljoen geopen by hul perseel te Waterfall, Midrand, as deel van 'n belegging van R6,1…
Nadat in China die vryemark-ekonomie die afgelope twee dekades floreer het en dit gelyk het asof China 'n al hoe meer oop en selfs vrye…
Die Wetsontwerp vir Voorkoming en Bestryding van Haatmisdade en Haatspraak word steeds deur die regering en sy meelopers in die Parlement met 'n passie gedryf.…
Volgens 'n verslag van die Onafhanklike Polisie Ondersoekdirektoraat (OPOD) aan die Parlement blyk dit dat talle lede van die SAPD wat in interne verhore skuldig…
Die Vrystaatse LUR vir Kuns, Kultuur, Sport en Ontspanning Mathabo Leeto het aangekondig dat die ANC in die Vrystaat beplan om die naam van Brandfort…
Plaasmoorde, die voortdurende gesanik oor grondonteiening sonder vergoeding en allerhande wetgewing om sg. swartbemagtiging in die landbou te bevorder ten koste van vrye blanke eienaarskap,…
Bladsy 5 van 38
Go to top