►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Verskeie groot konstruksieprojekte tans onderweg in Kimberley, soos die voltooiing van die Sol Plaatje Universiteit-kampus, die nuwe Lenmed Harthospitaal, die nuwe Fabricia Trading Post DIY-sakekompleks, ens., toon dat daar groot potensiaal vir sake-uitbreiding en entrepreneuriese inisiatiewe in Kimberley is, maar bepaalde knelpunte ondermyn sakevertroue in die stad. Die eerste is gebrekkige dienslewering en instandhouding van infrastruktuur deur die Sol Plaatje Munisipaliteit, in besonder wat betref water en elektrisiteit. A.g.v. onvoldoende vooruitbeplanning in die verlede is opgaarfasiliteite nie behoorlik ontwikkel nie en gevolglik kom onderbrekings in watertoevoer gereeld voor, 'n probleem wat vererger word deur voortdurende pyplekkasies en defektiewe waterpompe.
Waterbeperkings vir inwoners geld steeds ondanks die afgelope goeie reëns. Kragonderbrekings a.g.v. defekte in die munisipale netwerk kom eweneens gereeld voor, met gebiede in die stad wat sporadies sonder krag is en lyk dit soms selfs of beurtkrag aan die orde van die dag is. Nog 'n knelpunt is onwettige sakebedrywighede wat in die stad op redelike algemene skaal voorkom, soos sypaadjiestalletjies wat soos paddastoele opskiet, meesalongelisensieerd is en dikwels besigheid bedryf met produkte onder vals handelsname. Veral in die middestad van Kimberley is dit 'n bydraende faktor tot toenemende misdaad.
Voorts het die Valke en die SAPD onlangs op talle voedselprodukte met verstreke rakleeftyd toegeslaan en dit gekonfiskeer. Vrae word ook gevra in watter mate handelaars soos van Chinese, Pakistani, Bangladesji en Nigeriese oorsprong enigsins belasting, veral BTW, betaal. Ondanks die knelpunte blyk dit volgens 'n ondersoek wat Ditsem Nuus gedoen het, dat dit veral die dienste- en kleinhandelsektor in die stad is wat groei toon, terwyl toerisme in verskillende aspekte ook goed deurkom. Daar is egter nie veel tekens van vervaardiging as die sektor wat die sterkste stimuleerder vir ekonomiese groei is nie en is daar bv. weinig nuwe besighede wat in 'n nywerheidsgebied soos Kimdustria oopmaak.

Ná 'n jarelange hofstryd deur Solidariteit en AfriForum om die amptelike transformasieteikens oftewel raskwotas vir SA sportkodes uit Minister van Sport Fikile Mbalula te kry, het laasgenoemde dit uiteindelik verlede week drupsgewys bekendgemaak. Sover vasgestel kan word, is dit soos volg: ?Rugby nasionaal senior mans: Spanne moet 45% gekleurd wees, maar 30% van die spelers moet swart (d.w.s. nie bruin of Indiër nie) wees. ?Rugby vroue: Spanne moet 80% gekleurd wees. ?Sokker nasionaal: Spanne moet 75% swart en 25% gekleurd (bruin en Indiër) wees. ?Krieket nasionaal: Spanne moet 60% gekleurd wees, terwyl 27% van die span swart moet wees. ?Atletiek bestuurstruktuur nasionaal: 100% swart. Meer betroubare besonderhede is egter nie op hierdie stadium beskikbaar nie, maar bogenoemde kan as betroubaar gereken word. Die prentjie in elk geval wat na vore kom, is om blankes sover moontlik uit SA sport te druk.

Die Orania Karnaval – vanjaar 6-8 April – is die sosiale hoogtepunt op die jaarkalender van die dorp. Die wye verskeidenheid stalletjies en uitstallings bied 'n venster van wat op die dorp aangaan, terwyl 'n aantreklike sport- en vermaaklikheidsprogram help om besoekers van heinde en verre te trek. As sulks is die Karnaval 'n ware Afrikanerfees met iets vir almal. In hierdie fokus word terselfdertyd 'n blik gegee op die groeiende besigheidskrag van Orania – die wydlopende verskeidenheid produkte en dienste wat besighede op die dorp bied, nie net plaaslik nie, maar ook vir die streek. Dit toon dat Orania toenemend 'n streksentrum word.

Rekordreënval

Sover volgens rekords vasgestel kan word, het Orania in Februarie 2017 die hoogste reënval die afgelope sewe jaar gehad – 197 mm vir die maand. Ludwig Everson op die dorp sê dat volgens sy metings was die reënval in Januarie en Februarei 2017 saam 268 mm, waar dit in die hele 2016 slegs 229 mm was. In 2015 was dit 218 mm, in 2014 413 mm en in die laaste ses maande van 2013 was dit 119 mm. Sover bekend was die maksimum nog in een maand 200 mm in Januarie 2010. Die langste totale droogte was Junie en Julie 2014 met geen reën nie.

Nuwe Ora reekse

Die Ora is die “geldeenheid” van Orania met waarde in die dorp Ø1 = R1 en word gerugsteun deur die OSK as bank van Orania, wat amptelik by die SA Reserwebank geregistreer is. Die uitreiking van die Ora, wat in wese 'n koeponstelsel is, word deur die Orania Sakekamer hanteer, wat elke drie jaar nuwe Ora-reekse vrystel. Vanjaar word op 6 April tydens die Karnaval nuwe Ø10, Ø20, Ø50, Ø100 en Ø200 reekse vrygestel. Die eerste 10 van elke reeks word dan per veiling aangebied. Navrae: Johan Olivier by 083 657 7607.

n Skryfskool aangebied deur prof. Nico Luwes van die UV Dept. Drama en Toneelkunde op Oranie op 4 Maart 2017, is bygewoon deur 38 belangstellendes wisselende in ouderdomme van 14 tot 85 jaar. Voortspruitend hieruit word ‘n toneelkompetisie later van jaar deur die plaaslike kunste- instansie OKeR aangebied. Op die foto geneem by die skryfskool van links Frans de Klerk jr., Talia Hugo, prof. Nico Luwes, Lida Strydom, Stefnie Muller en Sumarie de Wet

'n Skryfskool aangebied deur prof. Nico Luwes van die UV Dept. Drama en Toneelkunde op Oranie op 4 Maart 2017, is bygewoon deur 38 belangstellendes wisselende in ouderdomme van 14 tot 85 jaar. Voortspruitend hieruit word ‘n toneelkompetisie later van jaar deur die plaaslike kunste- instansie OKeR aangebied. Op die foto geneem by die skryfskool van links Frans de Klerk jr., Talia Hugo, prof. Nico Luwes, Lida Strydom, Stefnie Muller en Sumarie de Wet

Gevaarligte Om gedrukte media op ‘ n besigheidsgrondslag volhoubaar te bedryf, vereis hoë oorhoofse koste en daarom moet ruimte op papier so ekonomies as moontlik benut word. Vir Ditsem Nuus vereis dit dat aan die hand van verskillende kriteria geprioritiseer moet word wat ons in elke uitgawe publiseer. Ons kan oor koeitjies en kalfies / allerlei “brood en spele” skryf, of ons kan vir lesers aanbied dit wat ons glo in hul beste belang is –nuus wat saakmaak. Uit dit wat ons in hierdie uitgawe ingesit het, wil ons veral die volgende drie punte uitlig as gevaarligte wat in ons land flits:
• Die onverklaarde burgeroorlog wat pres. Zuma, die EFF en ander swart radikales teen blankes voer, soos blyk uit SEB, gruwelike plaasmoorde, voornemende grondgryp, ens.
• Dreigende wetgewing om grondgryp sonder vergoeding te magtig, te“regverdig”en te implementeer. Dit gaan gepaard met die groot leuen oor grond in SA.
• Die SASSA-tydbom. Dit kan nie volhoubaar onderhou word nie en as dit nie wonderbaarlik geleidelik deur ‘ n groeiende ekonomie ontlont word nie, staar die land ‘ n rewolusie in die gesig.

Ons sê dit is tyd vir verootmoediging voor God, vir Afrikaners om saam te staan en te beplan, vir respektering van ander etniese identiteite en vir aksie– laasgenoemde militêr as dit moet.

Die Bybel is gevul met ware verhale van mense wat in situasies was waarin hulle prakties spreekwoordelik nie kat se kans gestaan het om te oorleef nie.As daar selfs vir iemand in Jesus se teenwoordigheid ‘ n doodstyding oorgedra word, dan sê Jesus: “Moenie vrees nie; glo net.” (Markus 5:36). In die Britse Museum is ‘ n ou landkaart wat dateer uit die sestiende eeu waarop allerhande skrikaanjaende aantekeninge aangebring is. Op sommige plekke staan: Hier is reuse; hier is vurige skerpioene; hier is drake. Die wetenskaplike sir John Franklin het die kaart ‘ n tyd lank besit. Hy het die angswekkende aanduidings doodgekrap en bo-oor die hele kaart geskryf: Hier is God.

Met Orania wat toenemend die gasheer word vir sportgeleenthede, soos die aanbieding vanjaar vir die tweede keer van die AVS o/21-Bokkietoernooi met agt rugby- en ses netbalspanne, is daar 'n nypende behoefte aan doelmatige akkommodasie. Met die oog hierop is die Steenbok Herberg net langs die sportterrein van die dorp tans in aanbou. Dit is 'n dubbelverdiepverdieping gebou van 1 152 m2en bied verblyf vir 208 persone. Die afgelope 58 werksdae is meer as 100 000 stene gelê en na beplanning sal die gebou vroeg in April voltooi wees.

As deel van die ontwikkeling van Orania vanaf 'n dorp na 'n stad is stappe om suksesvolle tersiêre opleidingsinstansies op die dorp te vestig. In hierdie verband is daar reeds drie formele opleidingsinstansies wat kursusse oor 'n diverse reeks vakgebiede aanbied, nl. Bo-Karoo Opleidingsentrum, Technik Akademie en Exellencia Haarakademie. Voortvloeiend hieruit is die konsep gebore om vir plaaslike studente die dorp as ‘n informele kampus in te rig. Dit het op 27 Februarie 2017 formele beslag gekry met die loodsing van die Orania Kampusprojek met 28 studente en ses dosente, elk met 'n eie Orania-studentekaart. Studente word ook die geleentheid gebied omop 'n ordelike wyse en op spesiale voorwaardes by plaaslike sport- en kultuurinstellings in te skakel, terwyl ook spesiale voorsiening gemaak word by restaurante en winkels. Die studente is ook van plan om 'n mini-jool te reël.

Burgeroorlog aangeblaas Soos hierbo aangedui word letterlik burgeroorlog teen blankes op eskalerende skaal aangeblaas en word gekyk na die wetgewing wat deur die Parlement geloods word en probeer geloods word, dan sit die land voorwaar met ‘n krisis.m Hoe kan ‘n land in homself so haat aanblaas teen ‘n deel van sy eie bevolking? Hoe kan jy van mense wat saam met hul voorgeslagte vir eeue in hierdie land gewoon en gewerk het, eenvoudig al hulle eiendom en bestaansvermoë wegneem en dan verwag hulle moet dit met gevoude hande aanvaar? Wat as die staat nie sy plig nakom deur die eiendom en lewe van mense beskerm nie en hulle hul op die laaste opsie beroep om self met geweld hul lewe en eiendom te verdedig? Dit is waarop die feitelike situasie tans in SA afstuur, soos ook blyk uit die stroom plaasteregstellings en is die noodwendige vraag wat gaan blankes en in besonder Afrikaners as ‘n volk in eie reg hieromtrent doen?
Het die tyd vir regmatige terugveg gebaseer op morele hoëgrond aangebreek? Die seën van die reën Ons wil sê die wonderlike oorvloedige reëns in ons land – daar is ootmoedig daarvoor gebid en toe gee die Here dit. Wie word daardeur regstreeks die meeste geseën? Die boere – die sowat 35 000 kommersiële boere in die land, meesal Afrikaners. Ons sien dit dat die Here daarmee sê vir die boere en vir ons en vir almal wat dit goed bedoel met SA: Ek seën julle omdat Ek wil hê julle moet voortbestaan.

Daar is bekendgemaak dat die Preller Plein winkel- en sakesentrum in Dan Pienaar, Bloemfontein, oor die volgende 14 maande opgegradeer gaan word deur die toevoeging van agt nuwe groot winkels in die parkeerterrein voor Standard Bank, ‘n binnehof vir kinderpret in die huidige parkeergebied voor Caramello’s, ‘n Woolworths Cafe langs die bestaande Woolworths, FNB wat verskuif na langs ABSA, vier nuwe parkeervlakke waarvan drie oor Prellerstraat na die Preller Walk sentrum sal wees en 10 tot 12 kiosks vir kleiner besighede.
Volgens die beplanning sal daar in totaal 850 parkeerplekke beskikbaar wees. Die totale opgraderingskoste word op R100 miljoen geraam.

VSA: Feitlik die ganse internasionale toneel word steeds oorheers deur wat die omstrede Amerikaanse president Donald Trump doen en nie doen nie. Die jongste is dat hy stroomop vaar teen die internasionale geldmag en hul beheerde media soos CNN, BBC, Washington Post, New York Times, ens., wat hy beskuldig van fopnuus (fake news) en hul joernaliste selfs mediakonferensies in die Withuis verbied. Trump het ook 'n toespraak voor 'n gesamentlike sitting van die Amerikaanse Senaat en Huis van Verteenwoordigers gelewer waarin hy sterk 'n nuwe nasionale gevoel vir Amerika voorgestaan het– 'n toespraak wat selfs deur kritici as presidensieel bestempel is. Soos Trump sê: We are busy draining the swamp. Intussen toon die Amerikaanse ekonomie ook positiewe tekens van herstel en optimisme en is die Amerikaanse dollar besig om te versterk teen alle ander geldeenhede.

In Frankryk is 'n verbete presidentsverkiesing in fases onderweg: Op 23 April 2017 word in die eerste rondte gestem tussen basies drie kandidate – Marine Le Pen van die Nasionale Front, Francois Fillon van die Republikeine en Emmanuel Macron van En Marche! Indien 'n volstrekte meerderheid nie behaal word nie, vind die tweede en finale rondte op 7 Mei plaas. Le Pen, nasionalisties en anti-EU is die vroeë gunsteling, maar die globalistiese Nuwe Wêreldorde (NWO) werp alles in die stryd om haar te stuit. Fillon sukkel met korrupsiebeweringe om sy nek, terwyl Macron 'n jeugdige charismaat is wat lyk asof hy indirek deur die NWO gebruik word om Le Pen te ontspoor.

Brexit: Theresa May vaar goed as 'n sterk Britse Eerste Minister en vasberade om Brexit te laat slaag. Sy het egter effe teenspoed opgetel met die House of Lords wat gestem het ten gunste van 'n mindere wysiging aan die Brexit wetsontwerp, maar groot hoop word geplaas dat die House of Commons as verkose verteenwoordigers Brexit heelhuids sal deurtrek. Intussen vaar die Britse ekonomie ook beter as wat voorspel is en vertoon die pond ook sterk.

In Nederland vind 'n algemene verkiesing op 15 Maart 2017 plaas en is die nasionalistiese en uitgesproke anti-Islamis Geert Wilders met sy Party vir die Vryheid die gunstelinge, maar lyk dit asof 'n moontlike Sosialistiese koalisie van kleiner partye hom uit die regeringskussings kan hou.

In die Midde-Ooste word veral in Irak en Sirië bloedig geveg om ISIL finaal te verslaan. Die gevegsterreine is veral die stede Mosul en Palmyra in Irak en Aleppo in Sirië, maar in aldrie gevalle lyk dit of die onderskeie regeringsmagte die oorhand het en die einde in sig is. In die proses speel egter tragedies van menslike lyding en ontbering van onbeskryflike omvang af. Dit was Russiese militêre ingryping, veral van sy lugmag, wat die skaal in die Midde-Ooste teen ISIL geswaai het.

In die Filippyne bevind die omstrede pres. Rodrigo Duterte homself met die rug teen die muur met geweldige binnelandse sowel as buitelandse teenkanting teen sy beleid om dwelmhandelaars en ander vermeende misdadigers soner verhoor te laat doodskiet. Op hierdie wyse het na bewering die afgelope jaar ongeveer 6 000 van sy landgenote 
omgekom. Die jongste is dat die toedrag van sake 'n veroordelende resolusie in die VN Veiligheidsraad tot gevolg gehad het.

VSA: Feitlik die ganse internasionale toneel word steeds oorheers deur wat die omstrede Amerikaanse president Donald Trump doen en nie doen nie. Die jongste is dat hy stroomop vaar teen die internasionale geldmag en hul beheerde media soos CNN, BBC, Washington Post, New York Times, ens., wat hy beskuldig van fopnuus (fake news) en hul joernaliste selfs mediakonferensies in die Withuis verbied. Trump het ook 'n toespraak voor 'n gesamentlike sitting van die Amerikaanse Senaat en Huis van Verteenwoordigers gelewer waarin hy sterk 'n nuwe nasionale gevoel vir Amerika voorgestaan het– 'n toespraak wat selfs deur kritici as presidensieel bestempel is. Soos Trump sê: We are busy draining the swamp. Intussen toon die Amerikaanse ekonomie ook positiewe tekens van herstel en optimisme en is die Amerikaanse dollar besig om te versterk teen alle ander geldeenhede.

In Frankryk is 'n verbete presidentsverkiesing in fases onderweg: Op 23 April 2017 word in die eerste rondte gestem tussen basies drie kandidate – Marine Le Pen van die Nasionale Front, Francois Fillon van die Republikeine en Emmanuel Macron van En Marche! Indien 'n volstrekte meerderheid nie behaal word nie, vind die tweede en finale rondte op 7 Mei plaas. Le Pen, nasionalisties en anti-EU is die vroeë gunsteling, maar die globalistiese Nuwe Wêreldorde (NWO) werp alles in die stryd om haar te stuit. Fillon sukkel met korrupsiebeweringe om sy nek, terwyl Macron 'n jeugdige charismaat is wat lyk asof hy indirek deur die NWO gebruik word om Le Pen te ontspoor.

Brexit: Theresa May vaar goed as 'n sterk Britse Eerste Minister en vasberade om Brexit te laat slaag. Sy het egter effe teenspoed opgetel met die House of Lords wat gestem het ten gunste van 'n mindere wysiging aan die Brexit wetsontwerp, maar groot hoop word geplaas dat die House of Commons as verkose verteenwoordigers Brexit heelhuids sal deurtrek. Intussen vaar die Britse ekonomie ook beter as wat voorspel is en vertoon die pond ook sterk.

In Nederland vind 'n algemene verkiesing op 15 Maart 2017 plaas en is die nasionalistiese en uitgesproke anti-Islamis Geert Wilders met sy Party vir die Vryheid die gunstelinge, maar lyk dit asof 'n moontlike Sosialistiese koalisie van kleiner partye hom uit die regeringskussings kan hou. In die Midde-Ooste word veral in Irak en Sirië bloedig geveg om ISIL finaal te verslaan. Die gevegsterreine is veral die stede Mosul en Palmyra in Irak en Aleppo in Sirië, maar in aldrie gevalle lyk dit of die onderskeie regeringsmagte die oorhand het en die einde in sig is. In die proses speel egter tragedies van menslike lyding en ontbering van onbeskryflike omvang af. Dit was Russiese militêre ingryping, veral van sy lugmag, wat die skaal in die Midde-Ooste teen ISIL geswaai het.

In die Filippyne bevind die omstrede pres. Rodrigo Duterte homself met die rug teen die muur met geweldige binnelandse sowel as buitelandse teenkanting teen sy beleid om dwelmhandelaars en ander vermeende misdadigers soner verhoor te laat doodskiet. Op hierdie wyse het na bewering die afgelope jaar ongeveer 6 000 van sy landgenote
omgekom. Die jongste is dat die toedrag van sake 'n veroordelende resolusie in die VN Veiligheidsraad tot gevolg gehad het.

Die webwerf van Ditsem Nuus by www.ditsem.net is pas opgegradeer met hope vars nuus en inligting en volop ruimte vir besoekers om kommentaar te lewer. Dieselfde geld die Facebook blad van die koerant, terwyl die koerant ook nou op Twitter gevolg kan word by @ditsemnuus. Ditsem Nuus is besig om sy digitale kommunikasiepakket dinamies uit te brei, met veral die doel om vir behoudende Afrikaners ‘n lewendige tweerigting kommunikasieplatform te bied.
Ditsem Nuus het ook sy weeklikse elektroniese nuusbrief, DitsemBlits, wat nuus inAfrikaans dra wat dikwels nie deur hoofstroommedia gepubliseer word nie. Die nuusbrief is egter op 'n intekenpakket van R240 per jaar, maar inteken is maklik: Elektroniese inbetaling van R240 in bankrekening: DitsemBlits, Standard Bank, rekeningnommer 140 320 105, takkode 05-55-34 - met bewys van betaling gestuur te word na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees., tesame met die naam en van van die intekenaar. Die gedrukte Ditsem Nuus met sy advertensies kan ook aanlyn gelees word by www.ditsem.net, asook op ander digitale nuusstaanders. Die advertensies is interaktief en neem die besoeker na òf die webwerf of die Facebookblad of die eposadres van die adverteerder. Met sy produkte gedruk en aanlyn bied Ditsem Nuus ook vir adverteerders 'n uitstekende platform om Afrikaanssprekendes selfs landswyd en in die buiteland –d.w.s. mense met koopkrag – te bereik. Vir meer besonderhede en/of om te adverteer, skakel 051 436 0552 of 082 773 2150 of stuur epos na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of besoek www.ditsem.net.

In 'n mediaverklaring sê Solidariteit Helpende Hand dit gaan vanjaar “die onderwysers van behoeftige skole regoor die land bystaan met die implementering van ’n spesiale kis vol onderwyshulpmiddels. Die projek, bekend as Juffrou se Skatkis, is daarop gemik om al die grondslagfase-klasse van skole te bevorder.
Die tekort aan die nodige Afrikaanse hulpmiddels is ’n groot probleem vir baie onderwysers in staatskole en daarom is onderwysers dikwels genoodsaak om hulpmiddels uit eie sak aan te skaf. Die Juffrou se Skatkis wil graag hierdie probleem uit die weg ruim deur toe te sien dat die regte hulpmiddels beskikbaar is vir elke klaskamer in die land. Die skatkis bevat skryfbehoeftes, pragtige Afrikaanse plakkate, legkaarte, blokkies en ’n springtou, asook ’n verskeidenheid handleidings.
Die hoogtepunt van die skatkis is egter die opvoedkundige hulpmiddels soos die Skillie Skilpad-reeks, ’n hulpprogram vir Afrikaans wat op KABV-kurrikulum gerig is.
Die reeks ontwikkel die leerders se ouditiewe taalontwikkeling deur rympies, liedjies, stories, vrae en geluide. Die WriteRight-reeks is ook in die kis om met behulp van helderkleurige houtprodukte die skryfvaardighede van die leerders te verbeter. Vir meer inligting oor die projek, kontak Marianda Schlebusch by 012 644 4390 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..">Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..

Bladsy 88 van 99
Go to top