► In Mediumtermynbegroting van Minister van Finansies Tito Mboweni feitlik geen melding van landbou en die geweldige druk op boere oor wydverspreide droogte; op vraag van VF Plus pres. Cyril Ramaphosa ontwykend oor enige bystand aan kommersiële boere ► VF-Plus in Gauteng sê Gauteng Onderwysdepartement moontlik skuldig aan onreëlmatige besteding van R1,2 miljard i.v.m. skoolsvoedingsprojek, dít terwyl die LUR vir Onderwys Panyaza Lesufi Afrikaanse skole vir geringste vermoedelike oortredinge aanspreek ► Dit blyk of dorpe Dewetsdorp, Vanstadensrus en Wepener feitlik geen munisipale dienste ontvang vanaf Mangaung Metro onder wie hulle ingedeel is nie ► Adjunk-pres. David Mabuza op besoek aan China tydens sitting van SA-China Bilaterale Kommissie wys op die talle geïntegreerde tussen die twee lande o.a. dat 65 Chinese maatskappye R116 miljard in SA belê het (hierdie syfer soos genoem, Ditsem Nuus kan nie korrektheid verifieer nie) ► Stad Kaapstad ontvang R300 miljoen van Nederlandse regering om MyCiti snelbusdiens na Khayelitsha en Nyanga uit te brei ► Nederlandse man (35) en vrou (75) in Marlothpark, Komatipoort, vermoor deur versmoring deur hul monde toe te prop, man se vrou en dogter oorleef aanval ► Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers stem 232-196 ten gunste van verdere ondersoek of pres. Donald Trump in staat van beskuldiging geplaas moet word oor Oekraïne ► China Mobile in China maak bekend dat sy 5G-tegnologie, 100 keer vinniger as 4G, nou in 50 stede insluitende Beijing en Sjanghai beskikbaar is ►

Die hoender krap in die grond rond, hy klap sy vlerke, maar kan nie vlieg nie. Hy leef agter draadheinings, skrop en lê eiers tot voordeel van sy voeder of “ tronkbewaarder ”.
Die arend, aan die ander kant, vlieg bokant die wolke die son tegemoet. Die blou lug is sy jagveld en hy is in diens van niemand nie. Hy sorg net vir sy eie gesin.
Die hoender is oorgewig en swak vanweë die oorvloed kos, maar die arend is lenig en taai van voedsel wat hy self moet soek en vang.
Wat hul Christenskap betref, vertoon baie Christene die kenmerke eie aan hoenders.
Hulle oë is gedurig op die grond in plaas van op die horison. Hulle is oorgewig van wêreldse ambisies en besittings en te swak om met die vlerke van geloof op te styg en te vlieg.

Daar is egter Christene wat deur die genade van God kenmerke eie aan arende ontwikkel. Hulle onderneem geloofsvlugte na hoërisiko plekke. Hulle vertrou volkome op God se voorsiening sodat hulle waarlik vry kan wees en kan reik na di e son. Hulle leef gelowig en avontuurlik.
Van tyd tot tyd sal ‘n “hoender” die skaduwee van ‘n “arend” sien verbyflits. Sy eerste reaksie is om skuiling te soek, onbewus daarvan dat hy in Christus die potensiaal het om die “arendsvlug” van geloof te onderneem. Hy bly liewer op die grond sodat hy nie ver kan val nie.
Die “arend” daarenteen ry egter in geloof op die vlerke van die wind en deurklief die vrye ruimtes van God se genade en beskerming.

In woorde klap tans voortdurend skote en as blankes en in besonder Afrikaners dit nog nie weet nie, dit is hulle wat die teiken is en op wie daar jag gemaak word.

Hierdie aanslag is o.m. in die vorm van die staatspresident wat sê dat hulle sedert 1652 die rede is vir alles wat in die land verkeerd is, dat die grond wat hulle “gesteel” het, gratis teruggeneem moet word en dat die “nasionale demokratiese rewolusie” teen hulle volvoer moet word. Die openlike haatverklarings van vuurvreters soos Julius Malema, Andile Mgnxitana en Mzwanele Manyi, is nog nie deur enige ANC leier gerepudieer nie.

Ander vorme is die Wet op Onteiening wat met 'n passie gedryf word om enige blanke houvas in die ekonomie te verbreek, SEB met miljarde aan belastingbetalergeld, versker-pende sportkwotas, voorgenome wetgewing om kritiek op swart mense te snoer, marginalisering van blankes in skole en universiteite, ens. Les bes is dit 'n feit dat elke dag in SA 'n blanke of blankes gewelddadig sterf aan die hand van swart mense – met geen verwysing na rassisme nie.

Dit is dus duidelik dat die blanke in Suid-Afrika onder beleg verkeer.

Die vraag is derhalwe, wat gaan blankes en in besonder Afrikaners doen omtrent hierdie tweedeklas burgerskap in die land van hul geboorte? Is hulle moeg daarvoor dat hul velkleur 'n hindernis is om vrylik hul brood te verdien en handel te dryf, dit hulle op meriete uit sportspanne weer, dat hulle belastinggeld net so deur die regering gebruik word om ongelooflike diskriminasie teen hul toe te pas, ens?

Gaan blankes en in besonder Afrikaners nou opstaan en sê genoeg is genoeg? Gaan hulle begin om 'n voorwaarde van geregtigheid aan hul belastingbetaling te koppel en gaan hul begin om aan te dring op hul eie gemeenskapstrukture waaroor hulle self beheer kan uitoefen, sonder diskriminasie teen ander identiteite.

Gaan blankes en in besonder Afrikaners besef hulle is nie bloot 'n groep toevallige witvelle aan die suidpunt van Afrika nie, maar 'n volk met 'n trotse verlede, tradisies en prestasies en dat hulle in die son van Gods genade reg het op 'n plek in die land waar hul in vryheid hulself kan uitleef terwyl hulle vir andere dieselfde gun?

Gaan blankes en in besonder Afrikaners besef wat in Suid-Afrika aangaan, is deel van 'n groter prentjie, van die wêreldwye stryd tussen Lig en Duisternis, 'n stryd teen die Bose wat net met die wapenrusting van God oorwin kan word? Dring dit tot hulle deur dat wat in hierdie land eintlik op die spel is, is die handhawing van die Evangelie en die genadegawe om in vryheid te kan leef?

Dit gaan duidelik om oorlewing en as daar enige erns daaromtrent is, dan is hierdie die kritiese vrae wat aangespreek moet word.

‘n Maand in die nuwe jaar in en duidelik is 2017 op 'n galop met veral twee rigtinggewende tendense

Die eerste is die anti-blanke veldtog wat die ANC, die regering en radikale swart politici versnel onder die dekmantel van “radical economic transformation” en wat ten doel het om grond en eiendom by blankes drasties sonder vergoeding te begin oorneem, terwyl terselfdertyd SEB al radikaler toegepas word en dit aan die hand van belastingbetalergeld, wat ook afkomstig is van blanke burgers.
Hierdie veldtog word al sterker op feitlik elke lewensterrein gevoer tot 'n vlak wat daar tans gesê kan word 'n burgeroorlog teen blankes en in besonder Afrikaners aangeblaas word.
Die sleutelvraag na ons mening is wat gaan blankes en spesifiek behoudende Afrikaners hieromtrent doen? Die tyd van praat is verby en as daar nie vanjaar doeltreffende aksie uit 'n reeks van opsies geneem word nie, kan dit waarskynlik vir altyd te laat wees

Die tweede tendens is die golf van konserwatisme en nasionalisme wat pres. Donald Trump veral sedert sy inhuldiging van stapel gestuur het en wat oor die wêreld spoel. Dit is veral Brittanje en Europa wat hierby aansluit, terwyl duidelik 'n veranderde wêreldorde besig is om vorm aan te neem, met Rusland wat in werklikheid eerder bondgenoot van die Weste is as vyand.
Trouens, 'n splinternuwe bedeling in internasionale verhoudinge is besig om vorm aan te neem, met die Nuwe Wêreldorde (NWO) wat skielik in hul strewe na 'n identiteitlose mensdom onder hul hiel, die wind van voor kry met die ongekende golf van nasionalisme en nou wal gooi ten alle koste. Daarom etiketteer leiers van die Europese Unie die VSA as net so 'n groot bedreiging as China, Rusland en ISIS, maar in werklikheid begin die VSA en Rusland hulself in dieselfde nasionalistiese kamp te bevind, Die tafel word dus gedek vir aardskuddende aanpassings in 2017 en ook Suid-Afrika met sy interne botsende belange gaan beslis
ingrypend geraak word deur die twee groot tendense wat na vore kom en steeds besig is om te ontvou.

Tannie Jakkie Taljaard van Karoosig Huis vir Bejaardes op Orania het op 13 November 2016 haar 100ste verjaarsdag gevier, o.a. met 'n vrolike middagete saam met familie en vriende. Die Bokmakieriekoor van die dorp het haar ook toegesing. Op die foto is tannie Jakkie saam met haar seun Lukas Taljaard, ook van Orania.

As een van die eksterne faktore wat die sosio-ekonomiese ontwikkeling van Orania oor die langtermyn ingrypend kan beïnvloed, word die voorgenome ontginning van skaliegas in die Groter Karoo fyn dopgehou. In hierdie verband is 'n strategiese omgewingsverslag insiggewend wat die WNNR, die SA Nasionale Biodiversiteitsinstirtuut en die Raad vir Geowetenskappe onlangs gesamentlik vrygestel het.
Die verslag toon o.a. dat skaliegas-ontginning in SA potensieel sowat 2 575 werksgeleenthede kan skep, waarvan slegs 15% - 35% uit die plaaslike gemeenskappe gevul sou kan word. Hierdie syfers staan in skrille kontras tot die 700 000 werksgeleenthede wat pres. Jacob Zuma en die oliemaatskappy Shell al genoem het.
Intussen voer die Treasure the Karoo Action Group (TKAG) voer steeds 'n verbete stryd teen die regering om op grond van bewese feite nie skaliegasontginning in die Groter Karoo-gebied los te laat nie - vir meer besonderhede besoek www.treasurethekaroo.co.za of hul Facebookblad.
Inmiddels plaas verskeie onlangse internasionale verslae toenemend die oorweldigende nadele sowel as onnodigheid van skaliegasontginning op die tafel – besoek o.m. http://on.rt.com/7wby vir spesifieke besonderhede.

Yonder 'n Sentrum vir Volwassenes met Intellektuele Gestremdheid in Kimberley is 'n unieke instansie waar versorging vir persone met 'n gestremdheid omgeswaai is vanaf bloot ontvangs na aktiewe selfhelp, d.w.s. pleks van passiewe ontvangers te wees eerder self by te dra tot 'n groot mate van selfstandigheid.

Die geskiedenis van Yonder strek terug na 1951 toe die Noordkaap Geestesgesondheids-vereniging gestig is met die doel om diensleweringsorganisasies/verenigings in die lewe te roep ter ondersteuning van persone met 'n intellektuele gestremdheid. In hierdie verband is deur bemiddeling van mev. Trudie van de Wall, maatskaplike werker van die Vereniging, 'n kompleks met fasiliteite van die mynmaatskappy De Beers bekom, wat daartoe gelei het dat in 1961 die Jannie Brink Spesiale Skool gestig is om in die behoeftes van kinders met 'n intellektuele gestremdheid te voorsien.

Dit het weer gelei tot die stigting van Yonder Sentrum in 1966 as 'n Beskermde Werksplek vir Volwasse Persone met 'n Intellektuele Gestremdheid en sedertdien is die sentrum, o.a. deur verkryging van die dorp Kenilworth het Yonder uitgebrei tot die unieke instansie wat dit vandag is. Vandag beskik Yonder oor 16 werkswinkels (programme) waar elke dag ongeveer 280 persone met 'n gestremdheid opgelei word. Die werkswinkels is o.a. Houtwerk, Sweiswerk, Meganiese onderhoud, Handwerk en Rottang, Paletteherstel, Bakkery, Betonvervaardiging, Tuindienste, Skoonmaakdienste, Voedselvoorbereiding, Haarsalon en Lewensvaardigheid verdere werkswinkels / programme is.

Talle van die werkswinkels word in vennootskap met die privaatsektor bedryf deurdat spesifieke produkte vir besighede volgens hul behoefte vervaardig word. Produkte van Yonder is baie gewild onder die publiek en word maandeliks te koop aangebied by verskeie uitstallings, feeste en vlooimarkte. Die Groenmyn kwekery op die terrein vorm ook deel van die Yonder-sakepakket.

In die residensiële afdeling van Yonder kan volwassenes met 'n intellektuele gestremdheid op die terrein inwoon in verskillende koshuise vir mans en dames en met ouderdomme wat wissel tussen 18 – 84 jaar.

By Yonder word daar egter nie net gewerk nie, maar beleef die inwoners 'n vol buitemuurse program wat wissel van aktiewe deelname van sporte tot die bywoning van 'n wye reeks van konserte, sportgeleenthede, feeste, ens.

D.m.v. 'n unieke sakemodel waardeur die verskillende besigheidskomponente van Yonder op 'n sakegrondslag interaktief dienste lewer aan mekaar genereer die sentrum verreweg die grootste deel van sy inkomstebegroting self en is so in staat om tot 'n hoë mate selfstandig te funksioneer. Daar is ook talle besighede en individue wat Yonder goedgunstelik ondersteun met borgskappe en donasies, asook samewerking op 'n sakegrondslag.

Op hierdie wyse word waarde toegevoeg tot elke individu en word hulle ondersteun om waardige burgers van die land te wees en hul eie plek in die samelewing vol te staan. Trouens, die Yonder Sentrum word as 'n Best Practice Model in die res van SA beskou en word genader om soortgelyke sentrums in ander provinsies te fasiliteer.

Dit is teen hierdie agtergrond dat die Yonder Sentrum met dankbaarheid en trots hul halfeeuherdenking vier.

Vir enige navrae of bydraes kan Yonder Sentrum of die Direkteur Jannie van Zyl persoonlik gekontak word by 053 841 0537 of eposadres Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..">Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..

Die Volkseie Verootmoedigingsaksie roep volksgenote op om te onderwerp aan God se gesag. Ons volk word verdruk,verneder en uitgemoor. Ons vra ook soos Asaf in Ps 79:
O God, heidene het gekom in u erfdeel, hulle het u heilige tempel verontreinig, Jerusalem tot puinhope gemaak. Ons het vir ons bure 'n smaad geword, 'n spot en beskimping vir die wat rondom ons is. Hoe lank, HERE, sal U vir ewig toornig wees, sal u ywer brand soos 'n vuur?
Maar God vra aan ons, soos in Jer 23:26,27: Hoe lank nog? is dit in die hart van die profete wat leuens profeteer om my volk my Naam te laat vergeet deur hulle drome wat hulle die een aan die ander vertel, soos hulle vaders my Naam vergeet het deur Baäl?

Valse leringe wat algemeen as 'Christelik' verkondig word:* Verdraagsaamheid teenoor sonde;
● dat God se wet afgeskaf is;

● dat God sondes vergewe sonder dat die sondaar berou het;

● dat God nie meer in die nuwe verbond mense en volke straf as ons afvalllig raak nie;

● dat die gebod van liefde die mens se gevoelens sentraal stel;

● pasifisme (dat ons nie onsself, ons gesinne, ons volk en ons ras mag verdedig nie);

● dat alle mense gelyk is;

● dat daar nie verskillende rasse bestaan nie, of dat die verskil slegs velkleur is;

● dat die nuwe verbond die grense tussen volke, rasse en geslagte afgeskaf het (Gal 3:26)

In reaksie teen hierdie dwalinge het 'n ander dwaallering ontstaan, nl dat slegs blankes gered kan word en saligheid kan ontvang.

Die valse leringe hierbo genoem, is alles die gevolg van die besmetting van liberalisme met sy slagspreuke:

Vryheid (van God se wet) / Gelykheid (vernietiging van God se skeppingsverskeidenheid en Sy verbondstrukture - gesin, familie en volk); / *Broederskap (met die ongelowiges).

Daarenteen leer die Bybel dat almal gelyke behandeling voor die reg moet kry en dat almal sondaars is en dus net deur Gods genade gered kan word. Die liberalis verdraai hierdie feite tot die absurditeit dat almal gelyk is. Tog leer die Bybel (en sien ons elke dag) dat daar ryk en arm is, sterk en swak, heerser en onderdaan, ens. Dit alles geskied ook onder God se hand. (1Sam 2:7)

Nog belangriker is die ongelykheid as gevolg van die onderskeid wat God maak tussen gelowige en ongelowige. (1Sam 2:9 Die voete van sy gunsgenote bewaar Hy, maar die goddelose mense kom om in duisternis; want 'n mens oorwin nie deur krag nie.)

Ongelukkig het die duiwel daarin geslaag om die valse leringe in die hoofstroomteologie te vestig. Ons moet gedurig bid dat die Heilige Gees die valse leringe sal bestry en Sy waarheid aan ons volk bekend sal maak.

Kom ons bid dat ons volk, ons leiers en ons leraars weer die Woord sal bestudeer en dag en nag sal oordink soos in Ps 1:2 “maar sy behae is in die wet van die HERE, en hy oordink sy wet dag en nag.”

  • Herder

Hierdie oordenking het op 19 Junie 1986 in Ons Stad verskyn! Dit word egter hier herhaal as toepaslik vir die huidige, hoewel ietwat verkort.

Die situasie in ons land is sorgwekkend. Die ergste is dat ‘n mens geslaan word met ‘n gevoel van magteloosheid. Wat kan ons as enkelinge aan die situasie doen?

Die één ding wat ons kan doen, is om te bid. Soos ons in ons hele lewe elke moeilike ding na God moet bring, so moet ons ook hiermee doen.

Daar, voor die aangesig van God, moet ons ons verneder en verootmoedig. Ons moet onthou dat ons in die eerste instansie met God te make het en eers daarna met die mense en die wêreld.

Hy wat alles in Sy hande het, kon ook hierdie moeilike tyd vir ons afgeweer het. Maar Hy het nie. Hy vind dit goed dat dit oor ons kom.

Waarom doen God dit? Van een ding kan ons verseker wees en dit is dat God ons nie in die noute bring omdat Hy ons haat of wil vernietig nie. Nee, God gun ons altyd die lewe.

Selfs in Sy gerig is Sy doel om ons te reinig, tot bekering te bring, om ons te nooi om deur Sy genade te breek met wat verkeerd is, om Sy vergiffenis te ontvang en dan ‘n nuwe begin te maak.

Ons moet begin deur te vra wat God wil hê ons moet doen. Dit is die allerbelangrikste ding vir ons. Ons moet eers vra wat God by ons wil verander voordat ons Hom vra om ons lot te verander. Dit is vir God maklik om ‘n wending te bring en die kwaad van ons af te weer. Dit mag egter nie al wees wat ons van God vra nie. Dan sou ons godsdiens nie beter wees as dié van die heidene nie.

Dikwels is ons gebed op dieselfde vlak, wat ons begeer van God, bewaring van ons lewe en welvaart, maar nie die vernuwing van ons lewe nie; vryspraak van God se straf, maar nie vryheid van die sonde nie; die instandhouding van ons Republiek, maar nie die koms van Sy koninkryk nie.

God kan ook vandag nog wonders doen. Dit is egter deel van die baie dinge wat God “byvoeg” vir hulle wat die Koninkryk en die wil van God soek. Laat ons dus God smeek om ons in Sy wil te bring en oor ons ‘n weg van vrede te beskik.

Vir die Afrikaner wat by die jaarwisseling sy/haar leefwêreld betrag en takseer, is daar onmiskenbaar vlamme wat brand en wat geblus moet word. Hierdie vlamme word aangesteek vanuit die diaboliese aanslag teen die witvel op haas elke terrein – moorddadige misdaad in die woonplek, SEB in die werkplek, #AfrikaansMustFall, universiteite wat “gedekolonialiseer” moet word, sportkwotas, gryp van grond en eintlik alle besittings, bedreigende kriminalisering van die Bybel en so gaan ‘n lys aan wat voorheen ondenkbaar was.

Waarop dit neerkom, is dat die beskaafde westersgeoriënteerde leefwyse wat die blanke na die suidpunt van Afrika gebring het en hier tot ‘n hoogtepunt ontwikkel het, nou onder hom uitgepluk moet word en vervang moet word met ‘n nuutgevonde Afrika-barbarisme.

Onder die gevaarlikste vlamme is die volgende:
• Verval van SA as staat: Vanweë die meedoënlose stelselmatige uitskuiwing van blanke kundigheid uit alle sektore in die landsopset, het SA ‘n falende staat geword, slegs ‘n kerf bokant rommelstatus.

• Onderwys: Vanweë die in die grond duik van die onderwysstelsel in SA onder 22 jaar van die ANC-bewind, veral in swart skole, is daar ‘n massa swart kinders wat nie bevoeg is vir tersiêre opleiding nie. Hoewel nie veralgemeen kan word nie, word die gaping al groter tussen ‘n meerderheid swart leerders en ‘n minderheid blanke leerders – tans feitlik oninhaalbaar groot. Dit konstitueer perfekte rewolusionêre teelaarde.

• Grond: Indien staatsgrond en grond van tradisionele swart gebiede verreken word, is die grootste hoeveelheid grond in die land moontlik onder swart beheer. Dit is 'n infame leuen dat blankes grond van swartmense gesteel het, terwyl die lakmoestoets inkom by die vraag wat gebeur met produktiewe benutting van grond. Daarom is die Malema-aanhitsing tot grondgryp, letterlik speel met vuurhoutjies by dinamiet.

• Water: Vanweë die feit dat die ANC-bewind die land die afgelope 22 jaar gestroop het van sy staatsfondse en ander bates, het infrastruktuur verval tot bykans onherstelbaar. Een hiervan is die watervoorrade – Gauteng as die ekonomiese hartland is met die Vaaldamstelsel op krisispunt en so is Bloemfontein en die meeste plattelandse dorpe. Daarby is die meeste riviere en spruite vrot van besoedeling. Afgesien van drinkwater – as daar nie water vir Eskom-kragsentrales is nie, is daar ook nie elektrisiteit nie.

• Staatsgesondheidsorg: Die toestande in staathospitale en –klinieke het skokkend verval, met sterftes vanweë swak dienslewering wat gereeld voorkom. Heelwat hospitale en klinieke het al gesluit. Die jongste verslag van die Nakomingskantoor van Gesondheidstandaarde toon dat tot en met 31 Maart 2016 het slegs 89 van 1 427 staatshospitale en -klinieke aan die minimum standaard voldoen.

• Finansiële bankrotskap: Met meer welsynsbegunstigdes as belastingbetalers word die nasionale begrotingstekort al groter, terwyl dit R147 miljard kos net om die rente op staatskuld te betaal. Ongeveer ses van die nege provinsiale regerings is tegnies bankrot en so is bykans 80% van munisipaliteite in die land, asook feitlik alle staatsondernemings. Die oorgrote hoeveelheid geld gaan in salarisse en min vir infrastruktuur en ontwikkeling.

• Korrupsie: Daar kan met reg gesê word dat die ANC nie korrupsie uitgevind het nie, dit het dit net vervolmaak. Hierin gee die agbare staatspresident skitterend – maar so tragies – die paas aan. Staatskaping is ’n konsep wat die ANC aan SA voorgestel het. Die miljarde der miljarde aan korrupsie is duiselingwekkend.

• Aanslag teen landbou: Alles word deur die regering in die stryd gewerp om die kommersiële landsbousektor – die oorblywende sowat 34 000 by verre blanke boere – te ondergrawe. Dit geskied ongeag die betekenis van die voedselketting. Die mislukkingskoers van swart boere op “hervormde” grond is sowat 95%, terwyl wetsontwerpe op die tafel is wat “grondsteel” by blanke boere kan “wettig.”

• Misdaad: Misdaad sou al handuit geruk het as dit nie was dat die private sekuriteitsbedryf in SA groter is as die SAPD en SANW saam nie. Voorts is dit ‘n statistiese feit dat jaarliks duisende blankes deur swartes vermoor word, terwyl wit op swart geweld absoluut minimaal voorkom.

• Swart rassisme: Rassisme van swart teen wit is vervat in meer wette as wat sg. Apartheid ooit gehad het- soveel so dat SA die enigste land ter wêreld is waar die swart meerderheid sigself wetlik verskans teen die blanke minderheid. Terwyl nooit maar nooit veralgemeen kan word nie en daar welwillende swartmense is en kwaadwillige blankes, staan die kernwaarheid vas.

• Haatwetsontwerp: Een van die gevaarlikste vlamme tans is die wetsontwerp op haatspraak, wat in huidige formaat kan behels dat sekere Bybelse verklarings gekriminaliseer word. Ingevolge die bepalings van die wetsontwerp sou dit ook moeilik wees om enigiets omtrent swart mense te kritiseer sonder om kriminele aanklagte in die gesig te staar.

Te midde van die gevaarvlamme is daar ook ligpunte – positiewe geleenthede – soos die volgende:
• Behoudende Afrikaners handhaaf volhardend ‘n hoë lewensstandaard en morele peil. Gesinne met gesonde ouerlike gesag, veral in die persoon van ‘n aanwesige, leidinggewende vaderfiguur, word in stand gehou.

• Skole met oorwegend blanke kinders en blanke onderwysers word op ‘n hoë standaard in stand gehou. Hiervan het ‘n groot aantal nog Afrikaans as moedertaal as medium van onderrig, hoewel die druk om al meer te “transformeer”, geweldig is.

• Alternatiewe samelewingstrukture vir Afrikaner-selfbeskikking met hoë lewensstandaard en hoë morele waardes, tree al sterker na vore, bv. die Solidariteit Beweging met sy komponente, in sonderheid Afriforum, Orania, Fedsas, ens. Op hul onderskeie terreine vorm hierdie instansies ‘n bastion teen verval en verswelging

• Hernude en wyer gebondenheid aan die Gelofte van Bloedrivier word al meer sigbaar onder die Afrikaner van vandag. Geloftefees op 16 Desember, met geloof in die genade wat daar ook vir die Afrikaner is by die almagtige, Drieënige God, word in toenemende mate gevier. Daarvan getuig die meer as 150 Geloftefeeste landswyd vanjaar gelys in hierdie uitgawe van Ditsem Nuus.

• Wêreldwyd is daar ‘n golf van terugkeer na eie nasionale identiteite en behoudende, Bybelgebaseerde waardes – soos gesien in die onlangse opspraakwekkende gebeure in die VSA, in Brittanje en in ‘n groot aantal Europese lande en in lande soos Japan, Suid-Korea, Taiwan, ens. Dit dien as versterker en geleentheid vir die Afrikaner om sy eie erfenis te koester en te ontwikkel en nie verswelg te raak in die eenwêreldmoeras van die Nuwe Wêreldorde (NWO) nie.

Die vlamme teen die Afrikanervolkie brand hoog, maar sake is tans ook geposisioneer op ‘n kruispad met opsies wat tot reding kan lei. Derhalwe word gebid, gehoop en geglo dat 2017 die waterskeidingsjaar vir die Afrikaner gaan wees na ‘n nuwe en beter as ooit toekoms.

Met die Cheetahs wat die kruin van sukses ry en die Springbokke op 'n ongekende laagtepunt, kom die vraag onvermydelik op watter lyn is daar te trek tussen dié twee? Vir 'n antwoord daarop, kan op bepaalde kenmerke van elke geval gelet word.

Sover dit die Cheetahs aangaan, is dit duidelik dat die man wat die ommekeer teweeg gebring het, afrigter Franco Smith is. Wat is dan sy suksesformule?

Wat in die media verswyg word, maar 'n feit is, is dat Smith 'n diep Christen-gelowige is wat sy lewensbeskouing in sy werksplek uitdra. Hy benader die Cheetahspelers uit 'n Christelike oogpunt en het by hulle die waarde van geloof tuisgebring en hulle geleer om om te gee – vir andere en ook vir mekaar. Hieruit het die span onwrikbare selfvertroue ontwikkel en dit het Smith aangevul met ontwikkeling van vaardighede en fiksheid tot op die hoogste vlak, tesame met 'n wedstrydplan gebaseer op bal in die hand.

Laasgenoemde is die mees basiese reël van die spel, soos toe William Webb Ellis doer terug in 1823 die sokkerbal in 'n wedstryd opgetel en daarmee begin hardloop het om sodoende die spel rugby te geskep het. Dit is waarom vandag die doellose geskop in rugby so futiel is, soos die Bokke tans doen, selfs al gaan dit onder die dekmantel van “taktiese skop”.

Nog 'n ding van Smith is dat hy eers die mens in die spelers ontwikkel en daarna ontpop die speler as't ware vanself. Vandaar sy sukses met ongeslypte talent soos Neill Jordaan, Neil Marais, Uzair Cassiem, Tier Schoeman en talle ander.

By die Bokke is die prentjie feitlik omgedraai. Daar word op groot name eerder as huidige vorm en potensiaal gefokus, terwyl afrigting power is en 'n skopwedstrydplan gevolg word. Die doodsteek is natuurlik kwotas. Die beste spelers in elke posisie word nie gekies nie, wat beteken 'n gekniehalterde span moet meeding met die beste in die wêreld.

Spelers soos Elton Jantjes, Oupa Mohoje, Juan de Jongh, Damian de Allende en nog 'n paar behoort op grond van hul vertonings nooit weer 'n Springboktrui oor hul kop te trek nie. Franco Smith het Mohoje nie eers vir sy finale Curriebekerspan gekies nie.

Voordat kwotas nie uit die sisteem van SA rugby van top tot bodem uitgewis word nie, is daar weinig kans dat die sport in die land weer tot sy reg in die wêreld gaan kom. Dit sluit in dat ontslae geraak moet word van Jurie Roux & kie. met hul knieval voor Sportminister Fikile Mbalula.

As die produk van visionêre denke vier jaar gelede deur die Opvoedingsraad van die Orania CVO-skool met die oog op baanbrekersuitbreiding, is 'n hipermoderne Tegniese Opleidingsentrum vir die skool op Vrydag 28 Oktober tydens 'n luisterryke geleentheid ingewy. Die Sentrum maak voorsiening vir die aanbieding van loopbaangerigte tegniese vakke, naas die bestaande akademiese vakkeuses, terwyl dit ook meerdoelig beskikbaar gestel word vir gebruik deur tersiêre onderriginstansies.

Ná deeglike navorsing waartydens tegniese skole, kolleges en universiteite landswyd besoek is, is 'n eiesoortige model ontwerp met doelontwerpte fasiliteite. In die konstruksiefase die afgelope twee jaar is slegs van Orania eie arbeid gebruik gemaak, terwyl ouers, donateurs en borge gehelp het dat die fasiliteit teen 'n projekkoste van slegs R4,3 miljoen voltooi kon word – teenoor die intrinsieke waarde van sowat R7,5 miljoen.

Ouers en ondersteuners het vragmotors, laaigrawe, trekkers, ens. dikwels op eie koste verskaf en in die proses is sowat 4 500 ton klip uit die bouterrein verskuif. Die eindproduk is 'n gebou wat bestaan uit ontvangsarea, kantore vir die sentrumbestuurder en admin personeel, Fisiese Wetenskapklaskamer, IGO-klaskamer, drie lesinglokale, ouditorium, Elektriese werkswinkel, Siviele werkswinkel en Meganiese werkswinkel, met buite praktiese werksareas.

Die lokale is elkeen doelontwerp, met net die beste boumateriale en tegnologiese inhoud. Die Sentrum word deur die skool bestuur, maar 'n strategiese faktor is dat dit ook beskikbaar gestel word vir tersiêre opleidingsinstansies. Een van laasgenoemde is Bo-Karoo Opleiding op Orania wat reeds kursusse in boukunde, soos messel, pleister, elektries, loodgieters, ens. aanbied. Trouens die eerste vyf studente het pas hul kwalifikasies verwerf.

Solidariteit Helpende Hand was die strategiese vennoot in die oprigting van die Sentrum en is met die inwyding 'n gedenkplaat onthul deur die direkteur van Solidariteit Helpende Hand, dr. Danie Brink en die adjunk-uitvoerende hoof van Solidariteit, dr. Dirk Hermann. Die uitvoerende hoof van Solidariteit, Flip Buys het 'n witstinkhoutboom geplant.

Die hoof van Orania CVO-skool, Johan de Klerk, sê die skool bied vanaf begin volgende jaar die volgende uitsonderlike loopbaan-gerigte vakkeuses aan:
● Afrikaans Huistaal, Engels, Lewensoriëntering (aldrie verpligtend)
● Wiskunde / Tegniese Wiskunde
● Fisiese Wetenskap / Tegniese Wetenskap
● Ingenieursgrafika en –ontwerp
● Sweis- en metaalwerk / Elektriese kragstelsels

Die skool het ook pas akkreditasie by die hoogaangeskrewe Independent Examinations Board (IEB) verkry. Vakke wat by die skool in die vooruitsig gestel word vir implementering is: Konstruksie / Houtbewerking / Loodgietery / Motorwerktuigkunde / Pas- en draaiwerk / Elektronika en Digitale elektronika.

Die inwydingsgeleentheid is bygewoon deur sowat 1 200 mense vanuit die omliggende streek insluitende vanaf dorpe soos Hopetown, Vanderkloof, Douglas, Jacobsdal, De Aar, Kathu, Kimberley, ens. Gaste is deur hoërskoolleerlinge in hul skooldrag deur die nuwe Sentrum begelei, terwyl in 'n groot markiestent die skool 'n aantal kos- en ander stalletjies vir fondsinsameling bedryf het. Die verrigtinge is in 'n tweede markiestent met 1 000 stoele gehou. Ekstra sitplek moes buite die tent aangebring word.

Tydens die inwydingsfunksie, wat geopen is deur ds. Koos Kirsten van die Gereformeerde Kerk Orania, het die voorsitter van die Opvoedingsraad, Hannes du Preez, gewys op die geweldige demografiese druk waaronder sg. voormalige Model C-skole verkeer en gesê Orania CVO het tydig 'n kopskuif gemaak ten einde 'n volhoubare alternatief te skep. Hy het ook genoem dat die skool Projek 500 in werking gestel het om sy leerlingtal oor die volgende vier jaar na 500+ op te stoot.

Du Preez het ook genoem dat die volgende fase van uitbreiding van die skool behels 4 x rugbyvelde, 6 x netbalbane, 'n veeldoelige koshuis, adminblok, skoolsaal met personeelkamer en snoepie en moontlik 'n volledige voorskoolse fasiliteit vir vanaf babasorg tot Graad 0. Die oogmerk is om die skool te ontwikkel in die grootste streekskool vir Afrikanerkinders in sentraal-SA.

Die projekbestuurder vir die oprigting van die Sentrum, Willie Nel van Wilco Ontwikkeling, het in sy bedankings die uitstekende spanwerk met die projek beklemtoon. Hy het ook genoem dat aanliggend aan die Sentrum is sowat 20 ha beskikbaar vir ontwikkeling van verdere tersiêre opleidingsfasiliteite. Daar word reeds met Akademia onderhandel oor die moontlike aanbieding van universitêre kursusse vanaf begin 2018.

Die verrigtinge is afgesluit met eers 'n professionele vuurwerkvertoning en daarna 'n polsende vertoning deur Jay en Lianie May. Laasgenoemde het agterna haar lof uitgespreek vir die vlak van uitnemendheid waarop die geleentheid aangebied is.

Die veiligheid van die inwydings-geleentheid is deur OVD Veiligheid gemonitor deur o.a. 'n hommeltuig met kamera.


Die eskalerende verslegtende misdaadsituasie in SA sedert 1994 tot die vlak dat die land volgens statistieke een van die mees gewelddadigste en moorddadigste ter wêreld geword het, het noodwendig gelei tot die sterk opkoms van die private sekuriteitsbedryf in die land. Hierdie opkoms was sodanig dat die totale getal personeellede van sowat 9 000 private sekuriteitsmaatskappye – uitsluitlik operasioneel in stedelike gebiede – vandag op 'n geraamde 1.7 miljoen die gesamentlike personeeltal van die SA Polisiediens en SA Nasionale Weermag oortref.

Hierdie sekuriteitsmaatskappye maak van die beste tegnologiese moniterings- en kommunikasietoerusting gebruik. Navorsing en amptelike statistieke toon dat die misdaadsyfer in die land beduidend afgeplat het met die opkoms van private sekuriteits-verskaffers.

Gedurende hierdie tyd is die effektiewe kommandostelsel afgeskaf, wat ʼn ontsettende leemte in landelike gebiede gelaat het, veral wat betref die landboubedryf. Hierdie kombinasie van faktore het weer gelei tot die ontwikkeling van, enersyds die plaaswagstelsel van georganiseerde landbou en, andersyds, die buurtwagstelsel in stedelike woonbuurtes en op dorpe. Buurtwagstelsels word tans baie effektief deur AfriForum georganiseer en verfyn tot ʼn betekenisvolle vlak van doeltreffendheid.

Nog ʼn verskynsel wat na vore gekom het met die onvermoë om misdaad onder bedwang te hou, is die opkoms van vigilante groepe, maar wat gekenmerk word deur “wet in eie hande neem” en wetteloosheid op sigself.

Voortspruitend uit hierdie praktiese scenario, het die SA Instituut vir Rasseverhoudinge en AfriForum ʼn wetenskaplike ondersoek gedoen na die misdaadsituasie in SA en in September 2016 aanbeveel dat dit ten beste aangespreek kan word deur ʼn nasionale strategie, waarin voorsiening gemaak word vir die drieledige rol van die SAPD, die private veiligheidsbedryf en gemeenskapaksies.

Dit is teen hierdie breë agtergrond dat Orania Dorpsraad besluit het om Orania Veiligheidsdienste (Edms.) Bpk wat alreeds sedert 2011 funksioneer en handeldryf as OVD Veiligheid, se funksies uit te brei en ʼn kommersiële diens daar te stel vir privaat- en besigheidskliënte in en om Orania. OVD Veiligheid is dan ook geregistreer by die Private Sekuriteitsbedryf Regulatoriese Owerheid van SA (PSIRA).

As sodanig is die maatskappy nou toegerus met opgeleide personeel, ʼn 24/7 bemande beheerkamer, gespesialiseerde voertuie en die nodige toerusting. Moniteringskameras is op strategiese toegangspunte in die dorp aangebring en verseker so die deurlopende monitering van alle beweging in en om die dorp.

Op die patroon van stedelike veiligheids-maatskappye is OVD Veiligheid gerat om die volgende dienste en produkte te kan lewer: 24 uur monitering en installering van kameras; Installering van alarms in wonings en besighede; Paniekknoppies vir persoonlike gebruik; Installering van geslotebaan TV en elektroniese hekke asook gewapende reaksie en Paramediese dienste in noodgevalle.

Die gebied wat gedek word, is, benewens Orania, ook Hopetown, Phillipstown, Petrusville en Vanderkloof, tesame met hul omliggende plase. OVD Veiligheid is dus gefokus nie net primêr op Orania nie, maar ook op die omliggende streek.

Die koste vir residensiële alarmmonitering van wonings wissel vanaf R 150.00 tot R 270.00. Alarminstallasies word na gelang van behoeftes gekwoteer.

Vir meer besonderhede oor OVD veiligheid, enige navrae en om in te skakel, kontak Kobus Lourens by 053 207 0069 of 071 894 3297 of epos ons by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..">Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..

Orania as unieke selfstandige Afrikanergemeenskap toon veral die afgelope twee jaar versnelde groei, met verskeie nuwe ontwikkelings wat tot stand kom. Soos in hierdie uitgawe berig word, is die hipermoderne Tegniese Opleidingsentrum van die Orania CVO Skool opgerig teen ‘n koste van sowat R7,5 miljoen pas ingewy. Dit geld ook as ‘n hoeksteen vir tersiêre opleiding, insluitende universitêre onderrig, te Orania.

Residensiële ontwikkeling van sowat 80 enkelwonings in verskillende projekte is in proses om uitgerol te word, terwyl die grootste nuwe ligte nywerheidsontwikkeling nóg in Orania tans in aanbou is. Benewens nuwe besighede wat open in die dorp, doen nie minder as vier supermarkte plaaslik fluks besigheid.

Voorts is ‘n behuisingsprojek vir jong gesinne, die #mySTAD-projekmet sowat 75 eenhede, pas aangekondig.

Die Orania Verteenwoordigende Raad (OVR) as verkose verteenwoordigende plaaslike bestuur vir Orania, is besig om sy bevoegdhede te vestig as oorkoepelende liggaam verteenwoordigend van aangrensende eiendomme met verskillende eienaarskappe binne die Groter Oraniagebied. Een van die eerste aansoeke wat voor die OVR dien, is dié van die VKN maatskappy om ‘n agri-landgoed op ‘n aangrensende plaas te ontwikkel.

Inmiddels word ‘n omvattende veiligheidstrategie vir Orania en sy hele omliggende streek tans geïmplementeer deur die nuutgestigde en unieke landelike veiligheidsmaatskappy OVD Veiligheid, oor wie ook in hierdie uitgawe berig word.

Saam met hierdie groeiproses het Orania ook sterk uitdagings om te hanteer, bv. die bestuur van ‘n effektiewe verblyfregproses, die handhawing van die praktyk van eie arbeid en sinvolle uitbou van die Afrikanervolksidentiteit binne ‘n multikulturele land. Geloof, bekwaamheid en harde werk vorm egter kennelik die vernaamste drie riglyne in die Orania-gemeenskap.  

Die duisterfluisteraars wat Afrikaans se dood voorspel, is van hul breinselle beroof. Dit is die gevolgtrekking waartoe ‘n mens kom indien gekyk word na die bydraes vir die Wilde Woordeboek wat Joey Basson, vakhoof van Afrikaans by Hoërskool Richardsbaai haar leerlinge laat opstel het.

Daaronder is ‘n Afrikaanse vertaling vir raves waar jong mense hul lywe rondpluk - van die voorstelle sluit in raaswals, zombidans, maltrap, kopspin of hottentotsgoddans. Wanneer jy volgende keer spare ribs wil bestel, verras gerus die kelner met ‘n versoek vir evabeentjies, vleiskitaartjies of otgenot.

Hoe gemaak met die lekker Engelse woord stapler - probeer draadjiedrukker of papiervampier. Wat van iemand wat ongeskik verklaar word vir werk? Pleks om te sê hy is geboard, laat die man liewer sagte plankies kap, sê hy werk by die suikermyn, hy is onklaar verklaar of hy is gerak.


Is jy in ‘n perdebui (bad mood) omdat iemand besig is om jou handvatsels glad te vat (rond te shunt)? Jy is mos nie ‘n sponskind (softy) nie, jy met daardie natuurlike noedelhare (spiral perm)? Onthou jy nog hoe jy druktyd (sweet sixteen) beleef het? Miskien moet jy maar ‘n loslooitjie (affair) aanknoop om jouself op te beur. Nooit gedink my blindederm sal lank genoeg wees (ek sal die guts hê) om dit voor te stel nie, né?

Wat van ‘n fundivakie vir ‘n nerd? Spin jy jou driewiel (tantrum) omdat jy vanoggend weer besef het jou vriend is ‘n onrehabihiteerbare skouervlieg (back seat driver)? Dit sal my ook ystervarke laat vang (‘n gasket laat blaas) as iemand heeltyd soos ‘n koopsebliefie (rep) sy stembande om my ore rek (nag).

Hy het seker maar vanoggend weer ‘n effense bewerlewertjie (hangover) ná gisteraand se gekuier oor die polisiekoffie (halfjackie). As hy weer iets sê oor jou bestuursvernuf en jy trek holrug (kry creeps), sê vir hom hy soek vir gips en steke (watch it)!

 
Gaan huis toe, groet die bure se brommerboel (brandsiek brak) en tooi jouself in jou mooiste saterdrag (informele klere) vir daai mog dit trof (blind date). Komaan, klim uit die streskas (unwind). Slaan ‘n vleismolessie (stew) aanmekaar, haal die jeugdeeg (make-up) van jou gesig af en snik jou sorge weg in ‘n bloplappie (tissue).

Hou sommer môre ‘n vakbondvastrap (toi-toi) voor jou werkplek en vra vir ‘n verhoging om te betaal vir die hysbakkies (face lift) waarvan jy droom

Veel stof en rook word opgeskop rondom die kampusrewolusie in SA en die aandrang van anargistiese swart studente dat universiteite in die land “gedekolonialiseer” moet word en vervang word met sg. Afrosentriese universiteite. Wat egter is die worteloorsaak van hierdie rewolusionêre aandrang?

In ‘n onderhoud gepubliseer in Volksblad het skrywer en dosent in Afrikaans aan die UV, Francois Smith, dit só raakgevat: “Dit begin by die studente wat glad nie toegerus is om op universiteit te wees nie. Dit begin by skoolonderrig. Kinders kry plein swak onderrig, met swak onderwysers en swak strukture.

“Voorts is daar die aandrang om so gou moontlik moedertaalonderrig te verlaat. Dit verswak ‘n hele generasie skoolkinders vir wie hul onderrig daarna ‘n stryd met taal is – hulle kry nooit die geleentheid om vakinhoud konseptueel baas te raak nie, want dis ‘n stryd om in Engels te verstaan.

“My ervaring op die Kovsie-kampus is dat op universiteit veels te veel studente is wat nie daar hoort nie. Dis ook as gevolg van die afskaffing van kolleges. Ons sit by ons departement met onderwysstudente wat nie op universteit hoort nie. Dis vir hulle net so frustrerend.

“Politici, SR-lede en politici van buite buit arm, sukkelende studente se frustrasie op ‘n absoluut siniese manier uit. Dan brand biblioteke en geboue.

“Daar is egter ook die teenpool van die biblioteekafbranders. Studente wat in groepies die biblioteek vol sit omdat hulle nie by hul huis, of waar ookal hulle loseer, geskikte studieruimtes het nie. Hulle sit en leer en met boeke voor hulle oop, tree hulle in debat met mekaar. Hulle werk hard.”

By hierdie siening kan aangesluit word deur te sê daar is ‘n geslag swart jongmense wat vanuit ‘n swak skoolstelsel en dikwels uit ‘n verbrokkelde gesinstruktuur geen gesag kan aanvaar nie en reken dat hulle op alles geregtig is en dit boonop gratis moet kry. Dit is dus ‘n diepgewortelde maatskaplike probleem, wat gespesialiseerde en langdurige remediëring of berading benodig – ‘n kapasiteit waaroor die land tans ooglopend nie beskik nie.

Daarteenoor wys die feite eenvoudig dat met goedfunksionerende voormalige sogenaamde Model C-skole met toegewyde blanke onderwysers blanke kinders veel beter toegerus word vir loopbaangerigte tersiêre opleiding. Dit is ook so dat die blanke gesinstruktuur tot ‘n groot mate meer stabiel is en ‘n beter grondslag daarstel vir emosioneel-gebalanseerde kinders. Dit kom dus neer op dikwels twee verskillende leefwêrelde of kulture – ‘n dilemma waarvoor daar ‘n oplossing gevind moet word.   

Die diepgewortelde maatskaplike probleem word tans verder gekompliseer deurdat die anargie op die kampusse goedbedoelende en vreedsame studente verhoed om hul akademiese jaar suksesvol te voltooi en sodoende ‘n terugslag ervaar – loopbaangewys, finansieel en emosioneel. Daarby dien in gedagte gehou te word dat die nie-amptelike druipsyfer vir eerstejaarstudente in SA op 49% gestel word.

Dit is dan wat betref die jong geslag wat veronderstel is om die leiers van môre van hierdie land te wees.   

Veel stof en rook word opgeskop rondom die kampusrewolusie in SA en die aandrang van anargistiese swart studente dat universiteite in die land “gedekolonialiseer” moet word en vervang word met sg. Afrosentriese universiteite. Wat egter is die worteloorsaak van hierdie rewolusionêre aandrang?

In ‘n onderhoud gepubliseer in Volksblad het skrywer en dosent in Afrikaans aan die UV, Francois Smith, dit só raakgevat: “Dit begin by die studente wat glad nie toegerus is om op universiteit te wees nie. Dit begin by skoolonderrig. Kinders kry plein swak onderrig, met swak onderwysers en swak strukture.

“Voorts is daar die aandrang om so gou moontlik moedertaalonderrig te verlaat. Dit verswak ‘n hele generasie skoolkinders vir wie hul onderrig daarna ‘n stryd met taal is – hulle kry nooit die geleentheid om vakinhoud konseptueel baas te raak nie, want dis ‘n stryd om in Engels te verstaan.

“My ervaring op die Kovsie-kampus is dat op universiteit veels te veel studente is wat nie daar hoort nie. Dis ook as gevolg van die afskaffing van kolleges. Ons sit by ons departement met onderwysstudente wat nie op universteit hoort nie. Dis vir hulle net so frustrerend.

“Politici, SR-lede en politici van buite buit arm, sukkelende studente se frustrasie op ‘n absoluut siniese manier uit. Dan brand biblioteke en geboue.

“Daar is egter ook die teenpool van die biblioteekafbranders. Studente wat in groepies die biblioteek vol sit omdat hulle nie by hul huis, of waar ookal hulle loseer, geskikte studieruimtes het nie. Hulle sit en leer en met boeke voor hulle oop, tree hulle in debat met mekaar. Hulle werk hard.”

By hierdie siening kan aangesluit word deur te sê daar is ‘n geslag swart jongmense wat vanuit ‘n swak skoolstelsel en dikwels uit ‘n verbrokkelde gesinstruktuur geen gesag kan aanvaar nie en reken dat hulle op alles geregtig is en dit boonop gratis moet kry. Dit is dus ‘n diepgewortelde maatskaplike probleem, wat gespesialiseerde en langdurige remediëring of berading benodig – ‘n kapasiteit waaroor die land tans ooglopend nie beskik nie.

Daarteenoor wys die feite eenvoudig dat met goedfunksionerende voormalige sogenaamde Model C-skole met toegewyde blanke onderwysers blanke kinders veel beter toegerus word vir loopbaangerigte tersiêre opleiding. Dit is ook so dat die blanke gesinstruktuur tot ‘n groot mate meer stabiel is en ‘n beter grondslag daarstel vir emosioneel-gebalanseerde kinders. Dit kom dus neer op dikwels twee verskillende leefwêrelde of kulture – ‘n dilemma waarvoor daar ‘n oplossing gevind moet word.   

Die diepgewortelde maatskaplike probleem word tans verder gekompliseer deurdat die anargie op die kampusse goedbedoelende en vreedsame studente verhoed om hul akademiese jaar suksesvol te voltooi en sodoende ‘n terugslag ervaar – loopbaangewys, finansieel en emosioneel. Daarby dien in gedagte gehou te word dat die nie-amptelike druipsyfer vir eerstejaarstudente in SA op 49% gestel word.

Dit is dan wat betref die jong geslag wat veronderstel is om die leiers van môre van hierdie land te wees.   

Die Mediumtermyn Begroting wat Minister van Finansies Pravin Gordhan op 26 Oktober 2016 voor die Parlement gelê het, bevat eintlik inherent die volgende slegte nuus:

  • Die belastingtekort is R11 miljard, wat styg na R23 miljard op die langer termyn.
  • Om die begroting in toom te hou, moet staatsuitgawes met R70 miljard oor die volgende twee jaar besnoei word – met geen daadwerklike teken hoe dit gedoen gaan word nie.
  • Om die belastingtekort aan te spreek, moet belasting met R43 miljard verhoog word – ‘n swaarder las op die bevolkingsminderheid wat belasting betaal.
  • Maatskaplike toelaes word met R10 per ontvanger per maand verhoog, wat beteken ongeveer 17 miljoen x R10 = R170 miljoen.
  • Daar word vir R147 miljard begroot net om die rente op staatskuld te betaal.
  • Die korttermyn groeikoers van die BNP word op 0,5% gestel – onvoldoende ekonomiese groei om ‘n verskil aan die huidige feitlik stagnante ekonomie te maak.
  • Met die groot bloedsuiers in die begroting, die staatsondernemings soos SAL, Eskom, die Poskantoor, Prasa, Landbank, PetroSA, ens. word geen plan gewys nie.

Voordat daar nie vir hierdie kernsake met daadwerklike oplossings vorendag gekom word nie, is daar weinig hoop dat SA met sy ryk natuurlike hulpbronne en entrepreneurspotensiaal uit sy ekonomiese moeras gaan kom.

Die bekendmaking van die langverwagte verslag van voormalige Openbare Beskermer Thuli Madonsela oor beweerde staatskaping deur die Gupta-sindikaat het bevestig wat die meeste Suid-Afrikaners al lankal vermoed en geweet het, nl. dat pres. Jacob Zuma en die Gupta-gebroedsel betrokke is by massiewe korrupsie van staatsfondse en manipulering van selfs kabinetsaanstellings. Dit volg op uitgerekte politieke manuvreuring deur die Zuma-kamp en hofaansoeke oor en weer in ‘n poging om bekendmaking van die verslag te verhoed, wat egter uiteindelik tevergeefs geblyk het.

Die vernaamste bevindinge in die OB-verslag van 355 bladsye is die volgende:

  • Adjunk-minister Jonas is ‘n pos by die Gupta-familie aangebied in ruil vir uitvoerige gunste vir hul familiebesigheid.
  • Minister Van Rooyen – wat Minister Nene vervang het – het die Saxonwold-area waar die woning van die Guptas is, minstens sewe keer besoek voor sy aanwysing as nuwe Minister van Finansies, een waarvan was die dag tevore.
  • Gedurende die tydperk 2 Augustus 2015 tot 22 Maart 2016 het uitvoerende hoof van Eskom Brian Molefe vir Ajay Gupta altesaam 44 keer gebel, terwyl Gupta vir Molefe 14 keer geskakel het.
  • Die aanstelling van die Eskom-raad was onbehoorlik.
  • Zuma en die uitvoerende gesag het nagelaat om beweringe van Vytjie Mentor asook van Themba Maseko te verifieer en dit geld ook die beweerde knus verhouding tussen Brian Molefe en die Guptas.
  • Zuma en ander kabinetslede het onregmatig ingemeng in die verhouding tussen banke en Gupta-maatskappye.
  • Zuma het onregmatig en in verbreking van die Uitvoerende Etiese Kode sy posisie of inligting aan hom toevertrou, misbruik om homself en Gupta-besighede te verryk, terwyl hy aan sy seun voorkeurbehandeling gegee het in die toekenning van staatskontrakte, besigheidsfinansiering en handelslisensies.
  • Die burgers van SA is benadeel deur die gedrag en optrede van Zuma deurdat hy in gebreke gebly het om die Jonas-beweringe te laat ondersoek.
  • Die besoek van Minister van Minerale Hulpbronne Mosebenzi Zwane aan Switserland vir samesprekings met die Guptas was onbehoorlik.
  • Die toekenning deur Eskom van steenkoolkontrakte aan die Gupta-beheerde maatskappy Tegeta was onregmatig.
  • Regeringsadvertensies is opsetlik gekanaliseer na die Gupta-koerant The New Age.
  • Zuma het moontlik sy wetlike pligte versuim deur nie al hierdie aangeleenthede te ondersoek het nie of daarteen opgetree het nie.

In haar verslag het Madonsela nie aanbeveel dat Zuma bedank nie, maar instede aanbeveel dat Zuma ʼn kommissie van ondersoek onder toesig van ʼn hoofregter aanstel om al die beweringe in die verslag te ondersoek. Vir doeleindes hiervan moet die Nasionale Tesourie toesien dat die kommissie die nodige hulpbronne ontvang. Die regter van die kommissie van ondersoek mag sy of haar eie personeel aanstel en vir doeleindes daarvan het die kommissie dieselfde magte as die OB.

Die kommissie moet binne 180 dae verslag met voorstelle aan Zuma lewer en hy moet dan binne 14 dae aan die Parlement verslag doen. Madonsela beveel voorts aan dat die Parlement binne 180 dae die Uitvoerende Etiese Kode moet hersien. Die OB moet ook enige moontlik onwettige optrede wat deur die ondersoek ontbloot word, onder aandag van die NVG en Valke bring.

Die OB moet implementering monitor van regstellende stappe wat betref die staatskapingverslag, terwyl die sekretaris van die Parlement en die DG van die Presidensie aan die OB moet verslag doen oor die implementering van die regstellende stappe.

Dit is dus ‘n hele proses wat Madonsela voorstel en wat waarskynlik oor ‘n kwessie van maande uitgevoer gaan word, wat beteken dat die Zumas en die Guptas tyd gaan hê om te hergroepeer en hul verdedigingslinies te reorganiseer. Hoewel Madonsela haar verslag versigtig bewoord het en nie skerp stellings gemaak het nie, dui oorweldigende omstandigheidsgetuienis daarop dat sy ‘n katnes ontbloot het van staatsmisdaad ongeëwenaard in die geskiedenis van SA.

In enige demokratiese land wat sy sout werd is en waarin openbare verantwoordelikheid hoog aangeslaan word, sou die staatshoof onder hierdie omstandighede, onmiddellik moes bedank en krimineel aangekla word. Weens ‘n kombinasie van redes gaan SA egter waarskynlik nog onbepaald in hierdie regeringsgemors sit.

Inmiddels het op die dag van die bekendmaking van die OB-verslag woede teen die Zuma-situasie oorgekook. In Pretoria het die sg. Save South Africa’s Peoples’ Assembly Against State Capturein ‘n volgepakte St. Alban Anglikaanse katedraal byeengekom in ‘n sonderlinge alliansie van uiteenlopende organisasies, instansies en individue en ‘n eendragtige oproep gedoen vir die onmiddellike bedanking van Zuma. Onder die aanwesiges was Paul Mashitile, ANC-leier in Gauteng, Musi Mmaimane, DA-leier, die Kommunistiese leierskap, geestelikes, regsgeleerdes, vakbondleiers, ens.

Die EFF het ‘n gewelddadige massa-protesoptog na die Uniegebou probeer, maar is deur die Polisie met geweld verdryf, waarna hulle winkels en strate geplunder het en die standbeeld van Paul Kruger gevandaliseer het. Die nasionale uitvoerende komitee van die ANC het intussen aangedui dat dit die komende naweek oor die impak van die verslag sal vergader.

Oor die algemeen kan die huidige politieke opset in SA ten beste beskryf word as in ‘n warboel. Eerstens is daar baie persone in die Zuma-dampkring – kabinetslede, senior staatsamptenare, premiers en sakelui – wat òf bewus was van die wydverspreide korrupsie of daarin betrokke was en wat op een of ander wyse verantwoording sal moet doen. Tweedens word wyd aangedring op die onmiddellike bedanking van veral drie ooglopende Zuma-meelopers, nl. Shaun Abrahams (NVG), lt.genl. Berning Ntlemeza (Valke) en Tom Monyane (SAID).

‘n Sleutelvraag op hierdie stadium is, wie gaan instaan vir die regskoste van Zuma van miljoene rand – die belastingbetaler of hyself?

Die groot ligkant van hierdie donkere wolk is dat wat beskryf kan word as die goeie in SA, besig is om die oorhand oor die bose te kry. Daarvoor het baie Christene lank gebid en bid hulle steeds. 

Bladsy 90 van 97
Go to top