►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Verskeie nasionale en internasionale sportgeleenthede is geskeduleer om vanjaar in Bloemfontein plaas te vind.

Op 8 Maart is die Rosestad die gasheer vir een van vier nasionale atletiekbyeenkomste van die nuwe Speed-reeks, terwyl verskeie wedstryde in die nasionale Premierliga-netbalreeks in Bloemfontein beslis word. Dit sluit in al die uitspeelwedstryde en ook geleentheid vir die Vrystaat-Crinums om hul nasionale titel te verdedig.

Op 30 September pak die Springbokke die Wallabies in 'n toets in die Rugbykampioen-skap in die Toyota Vrystaat Stadion, terwyl op 6 Oktober 'n kriekettoets tussen die Proteas en Bangladesj in die Rosestad plaasvind. Op 26 Oktober is die Proteas ook teen Bangladesj in 'n T-20 wedstryd in die stad in aksie.

Die toepassing van rassekwotas het SA sport al ontsaglike skade berokken, soos dat ‘n blanke sportman of –vrou nie vir ‘n span gekies kan word nie, al is hy / sy op meriete die beste keuse. Ook weet ‘n sportpersoon van kleur dikwels dat hy / sy nie werklik die eer verdien om in ‘n span te speel nie.

Dit geld veral vir nasionale spanne. So gaan baie talentvolle sportlui verlore en groot getalle van hulle gaan dan inderdaad hul heil oorsee soek aan die hand van aanloklike finansiële aanbiedinge.

Nog ‘n tragiek is dat SA spanne dikwels die onderspit moet delf teen buitelandse spanne in gevalle waar hulle, indien hulle op vol meriete sterkte was, bo kon uitgekom het.

Dit is egter nie net op deelname vlak waar sport in die land benadeel word nie, maar ook op afrigters-, keurder- en administrateursvlak. So kom dikwels nie die beste mense in die uitvoerende posisies nie en word sodoende die sportstruktuur verder verswak.

Kwotas in sport is afgesien van die blote onregverdigheid daarvan, ook blatante rassediskriminasie, is dit strydig met die SA Grondwet en is dit strydig met die bepalings van alle internasionale sportkodes. Desondanks sportkodes kom die ANC-regering weg met feitlik moord en is die vraag hoe lank blanke sportgeesdriftiges nog genoeë gaan neem met hierdie skreiende onreg.

Een van die klassieke voorbeelde was die Krieket Wêreldbeker in Maart 2015 toe Minister van Sport Fikile Mbalula op die laaste nippertjie ingemeng het met ‘n wennende Proteaspan en aangedring het dat opvorm snelbouler Kyle Abbott (blank) vervang moet word met herstel-van-besering Vernon Philander vir die halfeindstryd teen Nieu-Zeeland – ‘ n wedstryd wat ‘n gedisoriënteerde Proteaspan met 4 paaltjies verloor het.

Die emosionele trauma wat dit vir die spelers veroorsaak het, het lank gevat om verwerk te word. Steeds loop die kwota spook sterk en hoe dit bv. al Springbokrugby gepootjie het en toetswedstryde gekos het, het nie verdere verduideliking nodig nie. Die ANC het reeds aangedui dat vir die Rugby Wêreldbeker in 2019 die helfte van die span gekleurd moet wees. Tans hang uitsluitsel oor Allister Coetzee as afrigter met sy swak rekord in die lig omdat Mbalula nie ‘n blanke kandidaat soos Johan Ackerman, Jake White of Franco Smith wil goedkeur nie.

Ook in ander sportsoorte en natuurlik ook op skole- en studentevlak bly die kwotadeuntjie dieselfde en steeds bly die vraag hoelank regdenkende Suid-Afrkaners nog met hierdie situasie gaan saamleef?

Dit is die grootste ultramarathon ter wêreld, dit strek oor bykans 90 km deur die Vallei van 1 000 Heuwels en dit gryp reeds sedert 1921 die verbeelding van mense aan.

Dit is die beroemde Comrades Marathon wat vanjaar vir Sondag, 4 Junie 2017, op die program is. Die geleentheid, wat vanjaar vir die 92ste keer aangebied word, begin om 05:30 by die Durban Stadsaal en eindig by die Scotsville Renbaan in Pietermaritzburg.

Deelnemers kry 12 ure om die wedloop te voltooi, met goue medaljes vir onderskeidelik die eerste 10 mans en eerste 10 dames, silwer vir almal onder 7½ uur, brons vir onder 11 ure en die Bill Rowan-medalje vir binne 12 ure. Die Comrades is só dat net die eerste 20 000 inskrywings aanvaar word – vir vanjaar se geleentheid het die inskrywings op 1 September 2016 geopen en op 29 November

gesluit met 20 000 inskrywings ontvang. Hiervan is 7 000 nuwelinge. Om te kwalifiseer, moet jy ‘n standaardmarathon (42,2 km) binne 5 ure voltooi het. Die inskrywings vir vanjaar is afkomstig uit 90 lande.

Die Comrades het ‘n ongeëwenaarde rekord van uitstekende organisasie, terwyl wat die geleentheid sy unieke atmosfeer gee, is die entoesiastiese bystand van verversings- en mediese punte op die roete, asook die aanmoediging van duisende toeskouers die hele dag langs die hele roete.

Comrades beteken jaarliks ‘n instroming van besoekers in KZN in en dit word beraam dat dit sowat R600 miljoen inbring vir die provinsiale ekonomie. Een jammerte is dat Comrades die afgelope aantal jare op ‘n Sondag gehou word, maar dit is om logistiese redes. Nietemin kan Sondagsport goedgepraat word?

In Kimberley as die hoofstad van die Noord-Kaap is tans verskeie groot bouprojekte aan die gang, maar swak dienslewering van die Sol Plaatje munisipaliteit veroorsaak dat water in die stad 'n probleem is, dat rommel en afval ophoop en dat die sakekern as 'n misdaadnes bestempel word.

Bouprojekte in die stad wat onlangs voltooi is en/of tans uitgevoer word, sluit in die Sol Plaatje Universiteit onder verdere konstruksie; die nuwe Lenmed Harthospitaal agter die North Cape Mall teen 'n koste van R600 miljoen en vir ingebruikneming Julie vanjaar; die nuwe Day Clinic daghospitaal in Du Toitspanweg onlangs voltooi; die Kim Med daghospitaal ook in Du Toitspanweg, met 'n satellietfasiliteit in Galeshewe; 'n reuse sakekompleks in Memorialweg oorkant North Cape Mall; 'n nuwe DIY sakekompleks in Fabriciaweg; die opgradering van Kimberley Lughawe deur Acsa – fasiliteite, ingang en parkering; die onlangse voltooiing van die vyfster Hotel Kimberley Ann in MacDougallweg; en die Giftly Surprize Sakesentrum ook in MacDougallweg.

Daarenteen het 'n woordvoerder van die Noord-Kaap Kamer van Handel en Nywerheid aan Ditsem Nuus gesê dat swak dienslewering en gebrekkige instandhouding van infrastruktuur deur die munisipaliteit 'n sakeklimaat veroorsaak waarin dit moeilik is vir besighede om behoorlik te funksioneer. Die sekuriteitskameras in die middestad is bv. buite werking en dra daartoe by dat gesê kan word dat misdaad verdriedubbel het.

Desnieteenstaande die probleme blyk dit dat besighede in die stad deur innoverende entrepreneurskap en volharding vooruitgaan en 'n sleutelrol vervul t.o.v. ekonomiese groei, maatskaplike vooruitgang en werkskepping, nie net vir die stad nie, maar ook wyd in die omliggende streek.

Agt besighede onder een dak.
‘n Lankgekoesterde ideal is verwesenlik toe Francois en Annatjie Joubert in Desember 2016 die eerste fase van hul nuwe nywerheidsgebou amptelik geop en het.

Die oorspronklike baksteengebou, wat nou omskep is in ‘n ligte nywerheid-sentrum, was een van die eerste geboue wat die Dept. van Waterwese opgerig het toe die dorp Orania in die tagtigerjare aangelê is.

Dit is dus ‘n geskiedkundige gebou in Orania wat nou opgegradeer en uitgebrei is in gesofistikeerde ligtenywerheidskorwe en dit lui ‘n nuwe tydvak in die nywerheids-ontwikkeling van die dorp in.

Geleë te Olienhoutrylaan in die Nywerheids-gebied van Orania, bestaan die eerste fase van die nuwe ontwikkeling, bekend as Karooland Nywerhede, uit drie straatfront winkels / kantore en vier fabrieksruimtes van 60 m 2 gekombineer met ‘n winkelfront van 25 m 2 elk.

‘n Argitekskantoor beslaan ‘n enkelvoudige kantoorruimte en sodoende word in totaal sewe verskillende besighede in die sentrum onder een dak gehuisves.

Agt besighede onder een dak.
‘n Lankgekoesterde ideal is verwesenlik toe Francois en Annatjie Joubert in Desember 2016 die eerste fase van hul nuwe nywerheidsgebou amptelik geop en het.

Die oorspronklike baksteengebou, wat nou omskep is in ‘n ligte nywerheid-sentrum, was een van die eerste geboue wat die Dept. van Waterwese opgerig het toe die dorp Orania in die tagtigerjare aangelê is.

Dit is dus ‘n geskiedkundige gebou in Orania wat nou opgegradeer en uitgebrei is in gesofistikeerde ligtenywerheidskorwe en dit lui ‘n nuwe tydvak in die nywerheids-ontwikkeling van die dorp in.

Geleë te Olienhoutrylaan in die Nywerheids-gebied van Orania, bestaan die eerste fase van die nuwe ontwikkeling, bekend as Karooland Nywerhede, uit drie straatfront winkels / kantore en vier fabrieksruimtes van 60 m 2 gekombineer met ‘n winkelfront van 25 m 2 elk.

‘n Argitekskantoor beslaan ‘n enkelvoudige kantoorruimte en sodoende word in totaal sewe verskillende besighede in die sentrum onder een dak gehuisves.

In hierdie fokus stel ses van hierdie besighede hulself bekend – die sewende, ‘n vervaardigingsnywerheid, is nog besig om vanaf Gauteng na Orania te verhuis en beplan om in Maart vanjaar operasioneel te wees. Die agtste eenheid sal tydens die volgende fase ontwikkel word.

Orania is een van die min plattelandse dorpe wat progressiewe groei toon en waar daar voortdurend nuwe geboue besig is om op te gaan. Tans is verskeie nuwe woonhuise in aanbou, ‘n nuwe nywerheidskorf is pas in gebruik geneem en nog nywerheidsgeboue is onder konstruksie, terwyl nog behuisings-projekte in die pyplyn is.

Kenmerkend hiervan is dat dit alles met eie kapitaal geskied en dat geensins van staatsgeld gebruik gemaak word nie. Dit alles bring mee dat die Afrikaner-bevolking van die dorp geleidelik toeneem, maar dit is ook so dat om in Orania te vestig en volhoubaar te bestaan, ‘n mens jouself finansieël moet kan dra, hetsy deur ‘n werk met voldoende salaris, of deur ‘n eie winsgewende besigheid.

Hoe dit ookal sy, die gemeenskap van Orania staan nie onaangeraak deur maatskaplike probleme wat oral in die land en trouens in die wêreld voorkom nie, soos emosionele gebreke, sedelike verval, drankmisbruik, dwelmgebruik, ens.

In Orania word die uitdagings in hierdie verband daadwerklik deur bestaande instellings aangespreek, maar die toenemende dinamika van die dorp vereis dat nog meer gestruktureerde maat-skaplike opheffing nodig is. As sodanig kan pionierswerk gedoen word om die verval wat ook in die Afrikaner-gemeenskap ingetree het, effektief aan te spreek.

Hopetown is vir ‘n wye streek die hoofdorp met die aard en verskeidenheid van besighede en dienste beskikbaar. So bv. is daar op die dorp ‘n hospitaal, ‘n sterk gekombineerde laer- en hoërskool, ‘n landdroskantoor, ‘n sterk Polisiestasie, ‘n gevangenis, ‘n provinsiale verkeerskantoor, ens., terwyl ‘n verbasende verskeidenheid van besighede te vind is.

In hierdie promosie kan ‘n kykie gekry word op die relatiewe sterk besigheidskrag van Hopetown.
Die Hopetown Landbouskou beteken vir Hopetown en omgewing jaarliks ‘n sterk ekonomiese inspuiting want baie mense kom na die dorp en omgewing, betaal vir verblyf, etes en ander verbruiks-benodigdhede. Dit is benewens die saketransaksies wat uit Skou en sy bedrywighede voortspruit.

‘n Knelpunt vir plaaslike ekonomiese groei en dus ook maatskaplike vooruitgang is gebrekkige dienslewering en instandhouding van infrastruktuur deur die Thembelihle Munisipaliteit, wat op die dorp gesetel is. ‘n Nuwe raad het egter met die verkiesings verlede jaar aan bewind gekom en daar word gehoop dat samesprekings met die sakegemeenskap en gemeenskapsleiers tot ‘n beter diensbedeling sal lei.
Die feit van die saak is dat ‘n groot projek soos die Hopetown Landbouskou ‘n spanpoging van al die plaaslike rolspelers vereis, want die skou en dit wat die meebring is in belang van alle inwoners.

Reeds vir jare is die Hopetown Landbouskou die mees suksesvolle plattelandse skou met ‘n sterk landbou-inslag in die Bo-Karoostreek. Vanjaar word die skou vanaf 16 tot 18 Februarie aangebied en steeds is die ingesteldheid van die Skoukomitee dat die identiteit dié van ‘n skou is en nie ‘n fees nie, omrede spesifiek erkenning gegee word aan die landbougemeenskap.

As sulks bied die Skou ‘n spieëlbeeld van die landbou in die streek – besproeiing, droëland en veebedryf – terwyl verskeie streeks- en nasionale perdekampioen-skappe vanjaar weer by die Skou aangebied word.

Daar is ook talle landbou-uitstallings van o.m. trekkers en implemente, asook van aspekte soos lamdosering, planttoerusting en skaapskeertegnieke.

Heel gepas is OVK as die grootste landboumaatskappy in die streek vanjaar weer die hoofborg met finansiële ondersteuning wat onontbeerlik vir suksesvolle aanbieding van die Skou is. ‘n Woordvoerder van OVK het aan Ditsem Nuus gesê dat dit vir hulle ‘n voorreg is om ook op hierdie wyse terug te ploeg in die gemeenskap wat hulle ondersteun.

Op die Skou is daar ook talle kleiner stalletjies van alles en nog wat, terwyl daar kosstalletjies in oorvloed is, o.a. met beroemde Karoolam en topgehalte steaks hoog op die spyskaart. Die Vrydag- en Saterdagaand word ‘n opwindende vermaaklikheidsprogram vir jonk en oud aangebied.

Die Skoukomitee het vanjaar ook ‘n nuwe voorsitter in die persoon van Marius van Rooyen, wat Neil Strauss ná 10 jaar in die amp opgevolg het. Vir die gefinaliseerde Skouprogram kan Poy Coetzee by 082 550 5130 of Sarel Venter by 082 593 7852 geskakel word.

‘n “Onafhanklike ondersoekspan” van die Universiteit van die Vrystaat het ‘n verslag uitgebring oor die “Shimlapark-voorval en verwante gebeure op die kampus in Februarie 2016” waarin die skuld feitlik vierkantig op die skouers van blanke studente geplaas word. Tydens die betrokke gebeure is o.a. die standbeeld van oud pres. CR Swart afgebreek en in ‘n visdam gegooi, terwyl gewelddadige botsings tussen wit en swart studente plaasgevind het.

Die ondersoekspan is gelei deur regter Johann van der Westhuizen bygestaan deur ‘n paneel van drie, waarvan twee swart is. In die verslag, getiteld People not stones, word die optrede van blanke toeskouers teenoor swart betogers wat die Varsity Cup wedstryd op Shimlapark gewelddadig ontwrig het, as “ rassisties en barbaars” beskryf, terwyl die optrede van die swart studente wat die CR Swart-standbeeld gevandaliseer het, as verskoonbaar bestempel word, omdat dit “hulle die geleentheid gegee het om af te koel".

Uitlatings deur SR-voorsitter Lindokuhle Ntuli soos “white bastards” op Facebook was in die konteks aanvaarbaar, maar die optrede van vroulike studente lede van AfriForum word as verdag voorgestel. Die omstrede Reitz-voorval van jare gelede word ook weer bygesleep en word die opvolgerkoshuis Heimat, wat nou buite die kampus is, aan “volkstaat en Nazïsme”gekoppel.

In reaksie op die verslag het die UV Raad dit as “’n goeie aanduiding” bevind en die UV-bestuur versoek om ‘n bloudruk vir transformasie en uitwissing van rassisme op te stel.

Die verslag het ook aan die lig gebring dat tydens die ontwrigting op Shimlapark was voormalige rektor prof. Jonathan Jansen in die BBP-losie, maar hy het so paniekerig geraak dat hy nie kon onthou waar sy selfoon is nie ten einde die UV sekuriteitsdiens te kon bel nie. Hy het ook nie tussenbeide getree tydens die konfrontasie tussen die betogers en toeskouers op die veld nie.

In die verslag het die deurlopende rol van prof. André Keet en JC van der Merwe van die UV Instituut vir Versoening en Maatskaplike Geregtigheid ten gunste van swart studente op die kampus vanaf lank voor die onluste, tydens die onluste en in die afloop daarvan aan die lig gekom. Dit blyk dat hulle betogende studente konsekwent ondersteun het, terwyl hul gesindheid deur blanke studente as ondermynend ervaar is.

Terwyl die wêreld letterlik in beroering is oor die verkiesing en inhuldiging van pres. Donald Trump in die VSA en die reeks presidensiële dekrete wat hy uitvaardig ter uitvoering van sy verkiesingsbeloftes, word perspektief op die groter prentjie verkry indien gelet word op die aard van die ampstermyn van sy voorganger Barack Obama.

Gedurende die termyn van Obama is ‘n aantal aksies soos die volgende geneem, wat lyk asof dit die VSA op ‘n pad van selfvernietiging geplaas het: Daar is begin om Islam in skole te leer, terwyl Christenskap en die Bybel al meer uit skole verban is; hofsake is in Amerika aanhangig gemaak deur Moslems wat op een of ander wyse aanstoot neem teen die Amerikaanse kultuur; en die dra van burkas is oraloor toegelaat, sonder om te weet wat daaronder weggesteek is.

Voorts het Moslems begin om werkgewers aan te vat wat hulle aanspreek indien hulle weier om werk te doen wat hulle persoonlik in botsing ag met Sharia-wet; die destydse Amerikaanse prokureur-generaal het gedreig om enige een te vervolg wat “anti-Moslem-spraak” beoefen; en ‘n buitelandse beleid is gevolg om sekulêre Midde Oosterse diktators vriendelik teenoor die Weste, te vervang met Moslem-ekstremiste, soos in Libië, Egipte en wat gepoog is in Sirië. ..Verder het die

onttrekking van Amerikaanse troepe uit Irak en die Midde Ooste ‘n vakuum geskep vir ISIS; het die Pentagon en faksies van die CIA terroriste groepe in Irak en Sirië en wat in alliansie is en was met ISIS, gesteun teen die wettige Siriese regering; en ‘n ooreenkoms met Iran is ten alle koste aangegaan waardeur daardie land militêre kernkrag kan ontwikkel en terselfdertyd is miljarde dollar vir verwante programme beskikbaar gestel.

Wat sy militêre slaankrag betref, het die VSA sy kernvermoë afgeskaal na 1950-vlakke in lyn met die ideaal van Obama van ‘n kernvrye Amerika; die Amerikaanse vloot is verklein na die omvang wat dit was voor Wêreldoorlog I, die leër is na voor-1940 vlak gebring, die lugmag het honderde vliegtuie geskrap en ‘n ontslagproses van 40 000 weermagpersoneel is in werking gstel.

Tydens die Obama-termyn was daar skielik nie meer geld vir arm gestremde militêre veterane, werklose Amerikaners en ontwortelde Amerikaners nie, maar “Siriese vlugteling- en hervestigingsprogramme” is ryklik befonds.

Obama het die jaarlikse Christelike gebeds-geleentheid by die Withuis afgeskaf, kon nie Christelike begrafnisse van ‘n voormalige Amerikaanse eerste dame, ‘n hoog-geregshofregter en ‘n weermagsgeneraal in aksie gesterf, bywoon nie, a.g.v. ander skynbare onbelangrike afsprake. Hy het ‘n groot afvaardiging na die begrafnis van Michael Brown gestuur, maar ‘n klein een na die begrafnis van Margaret Thatcher en terwyl hy nie iets gemaak het van die moord op weermagslegende Chris Kyle nie, het hy die Amerikaanse vlag halfmas laat hang vir Whitney Houston.

Dit is teen hierdie agtergrond dat die aksies van Trump en sy administrasie gesien moet word om die heropbou van Amerika te prioritiseer, werk te skep vir Amerikaners en hulle weer trots op hulself te maak en om die grense van die VSA te beskerm teen die instroming van honderde Moslems op ‘n daaglikse basis. Met die inhuldiging is afhanklikheid van God voor die oë van die hele wêreld vir ‘n verandering weer bely, terwyl Christelike gebeds-byeenkomste in die Withuis teruggebring is.

Dit is voorts duidelik dat die siening van Trump ‘n golf van nasionale waardes en behoudende beginsels oor die wêreld gestimuleer het en dat bewegings soos Brexit hierby aanklank vind. Trump het ook ‘n sein teen Chinese imperialisme gestuur, terwyl versigtige samewerking met Rusland, wat ISIL in Sirië gestuit het, in die vooruitsig gestel word. Sodoende is ooglopend ‘n sterk teenstroom begin teen die liberale Nuwe Wêreldorde met sy ontsaglike destruktiewe baanrekord.

Donald Trump is ‘n omstrede persoon en ‘n feilbare mens, maar feite blyk aan te dui dat hy Amerika by ‘n draaipunt gebring het op ‘n nippertjie voor ‘n waarskynlike katastrofe.

Die hoender krap in die grond rond, hy klap sy vlerke, maar kan nie vlieg nie. Hy leef agter draadheinings, skrop en lê eiers tot voordeel van sy voeder of “ tronkbewaarder ”.
Die arend, aan die ander kant, vlieg bokant die wolke die son tegemoet. Die blou lug is sy jagveld en hy is in diens van niemand nie. Hy sorg net vir sy eie gesin.
Die hoender is oorgewig en swak vanweë die oorvloed kos, maar die arend is lenig en taai van voedsel wat hy self moet soek en vang.
Wat hul Christenskap betref, vertoon baie Christene die kenmerke eie aan hoenders.
Hulle oë is gedurig op die grond in plaas van op die horison. Hulle is oorgewig van wêreldse ambisies en besittings en te swak om met die vlerke van geloof op te styg en te vlieg.

Daar is egter Christene wat deur die genade van God kenmerke eie aan arende ontwikkel. Hulle onderneem geloofsvlugte na hoërisiko plekke. Hulle vertrou volkome op God se voorsiening sodat hulle waarlik vry kan wees en kan reik na di e son. Hulle leef gelowig en avontuurlik.
Van tyd tot tyd sal ‘n “hoender” die skaduwee van ‘n “arend” sien verbyflits. Sy eerste reaksie is om skuiling te soek, onbewus daarvan dat hy in Christus die potensiaal het om die “arendsvlug” van geloof te onderneem. Hy bly liewer op die grond sodat hy nie ver kan val nie.
Die “arend” daarenteen ry egter in geloof op die vlerke van die wind en deurklief die vrye ruimtes van God se genade en beskerming.

In woorde klap tans voortdurend skote en as blankes en in besonder Afrikaners dit nog nie weet nie, dit is hulle wat die teiken is en op wie daar jag gemaak word.

Hierdie aanslag is o.m. in die vorm van die staatspresident wat sê dat hulle sedert 1652 die rede is vir alles wat in die land verkeerd is, dat die grond wat hulle “gesteel” het, gratis teruggeneem moet word en dat die “nasionale demokratiese rewolusie” teen hulle volvoer moet word. Die openlike haatverklarings van vuurvreters soos Julius Malema, Andile Mgnxitana en Mzwanele Manyi, is nog nie deur enige ANC leier gerepudieer nie.

Ander vorme is die Wet op Onteiening wat met 'n passie gedryf word om enige blanke houvas in die ekonomie te verbreek, SEB met miljarde aan belastingbetalergeld, versker-pende sportkwotas, voorgenome wetgewing om kritiek op swart mense te snoer, marginalisering van blankes in skole en universiteite, ens. Les bes is dit 'n feit dat elke dag in SA 'n blanke of blankes gewelddadig sterf aan die hand van swart mense – met geen verwysing na rassisme nie.

Dit is dus duidelik dat die blanke in Suid-Afrika onder beleg verkeer.

Die vraag is derhalwe, wat gaan blankes en in besonder Afrikaners doen omtrent hierdie tweedeklas burgerskap in die land van hul geboorte? Is hulle moeg daarvoor dat hul velkleur 'n hindernis is om vrylik hul brood te verdien en handel te dryf, dit hulle op meriete uit sportspanne weer, dat hulle belastinggeld net so deur die regering gebruik word om ongelooflike diskriminasie teen hul toe te pas, ens?

Gaan blankes en in besonder Afrikaners nou opstaan en sê genoeg is genoeg? Gaan hulle begin om 'n voorwaarde van geregtigheid aan hul belastingbetaling te koppel en gaan hul begin om aan te dring op hul eie gemeenskapstrukture waaroor hulle self beheer kan uitoefen, sonder diskriminasie teen ander identiteite.

Gaan blankes en in besonder Afrikaners besef hulle is nie bloot 'n groep toevallige witvelle aan die suidpunt van Afrika nie, maar 'n volk met 'n trotse verlede, tradisies en prestasies en dat hulle in die son van Gods genade reg het op 'n plek in die land waar hul in vryheid hulself kan uitleef terwyl hulle vir andere dieselfde gun?

Gaan blankes en in besonder Afrikaners besef wat in Suid-Afrika aangaan, is deel van 'n groter prentjie, van die wêreldwye stryd tussen Lig en Duisternis, 'n stryd teen die Bose wat net met die wapenrusting van God oorwin kan word? Dring dit tot hulle deur dat wat in hierdie land eintlik op die spel is, is die handhawing van die Evangelie en die genadegawe om in vryheid te kan leef?

Dit gaan duidelik om oorlewing en as daar enige erns daaromtrent is, dan is hierdie die kritiese vrae wat aangespreek moet word.

‘n Maand in die nuwe jaar in en duidelik is 2017 op 'n galop met veral twee rigtinggewende tendense

Die eerste is die anti-blanke veldtog wat die ANC, die regering en radikale swart politici versnel onder die dekmantel van “radical economic transformation” en wat ten doel het om grond en eiendom by blankes drasties sonder vergoeding te begin oorneem, terwyl terselfdertyd SEB al radikaler toegepas word en dit aan die hand van belastingbetalergeld, wat ook afkomstig is van blanke burgers.
Hierdie veldtog word al sterker op feitlik elke lewensterrein gevoer tot 'n vlak wat daar tans gesê kan word 'n burgeroorlog teen blankes en in besonder Afrikaners aangeblaas word.
Die sleutelvraag na ons mening is wat gaan blankes en spesifiek behoudende Afrikaners hieromtrent doen? Die tyd van praat is verby en as daar nie vanjaar doeltreffende aksie uit 'n reeks van opsies geneem word nie, kan dit waarskynlik vir altyd te laat wees

Die tweede tendens is die golf van konserwatisme en nasionalisme wat pres. Donald Trump veral sedert sy inhuldiging van stapel gestuur het en wat oor die wêreld spoel. Dit is veral Brittanje en Europa wat hierby aansluit, terwyl duidelik 'n veranderde wêreldorde besig is om vorm aan te neem, met Rusland wat in werklikheid eerder bondgenoot van die Weste is as vyand.
Trouens, 'n splinternuwe bedeling in internasionale verhoudinge is besig om vorm aan te neem, met die Nuwe Wêreldorde (NWO) wat skielik in hul strewe na 'n identiteitlose mensdom onder hul hiel, die wind van voor kry met die ongekende golf van nasionalisme en nou wal gooi ten alle koste. Daarom etiketteer leiers van die Europese Unie die VSA as net so 'n groot bedreiging as China, Rusland en ISIS, maar in werklikheid begin die VSA en Rusland hulself in dieselfde nasionalistiese kamp te bevind, Die tafel word dus gedek vir aardskuddende aanpassings in 2017 en ook Suid-Afrika met sy interne botsende belange gaan beslis
ingrypend geraak word deur die twee groot tendense wat na vore kom en steeds besig is om te ontvou.

Tannie Jakkie Taljaard van Karoosig Huis vir Bejaardes op Orania het op 13 November 2016 haar 100ste verjaarsdag gevier, o.a. met 'n vrolike middagete saam met familie en vriende. Die Bokmakieriekoor van die dorp het haar ook toegesing. Op die foto is tannie Jakkie saam met haar seun Lukas Taljaard, ook van Orania.

As een van die eksterne faktore wat die sosio-ekonomiese ontwikkeling van Orania oor die langtermyn ingrypend kan beïnvloed, word die voorgenome ontginning van skaliegas in die Groter Karoo fyn dopgehou. In hierdie verband is 'n strategiese omgewingsverslag insiggewend wat die WNNR, die SA Nasionale Biodiversiteitsinstirtuut en die Raad vir Geowetenskappe onlangs gesamentlik vrygestel het.
Die verslag toon o.a. dat skaliegas-ontginning in SA potensieel sowat 2 575 werksgeleenthede kan skep, waarvan slegs 15% - 35% uit die plaaslike gemeenskappe gevul sou kan word. Hierdie syfers staan in skrille kontras tot die 700 000 werksgeleenthede wat pres. Jacob Zuma en die oliemaatskappy Shell al genoem het.
Intussen voer die Treasure the Karoo Action Group (TKAG) voer steeds 'n verbete stryd teen die regering om op grond van bewese feite nie skaliegasontginning in die Groter Karoo-gebied los te laat nie - vir meer besonderhede besoek www.treasurethekaroo.co.za of hul Facebookblad.
Inmiddels plaas verskeie onlangse internasionale verslae toenemend die oorweldigende nadele sowel as onnodigheid van skaliegasontginning op die tafel – besoek o.m. http://on.rt.com/7wby vir spesifieke besonderhede.

Yonder 'n Sentrum vir Volwassenes met Intellektuele Gestremdheid in Kimberley is 'n unieke instansie waar versorging vir persone met 'n gestremdheid omgeswaai is vanaf bloot ontvangs na aktiewe selfhelp, d.w.s. pleks van passiewe ontvangers te wees eerder self by te dra tot 'n groot mate van selfstandigheid.

Die geskiedenis van Yonder strek terug na 1951 toe die Noordkaap Geestesgesondheids-vereniging gestig is met die doel om diensleweringsorganisasies/verenigings in die lewe te roep ter ondersteuning van persone met 'n intellektuele gestremdheid. In hierdie verband is deur bemiddeling van mev. Trudie van de Wall, maatskaplike werker van die Vereniging, 'n kompleks met fasiliteite van die mynmaatskappy De Beers bekom, wat daartoe gelei het dat in 1961 die Jannie Brink Spesiale Skool gestig is om in die behoeftes van kinders met 'n intellektuele gestremdheid te voorsien.

Dit het weer gelei tot die stigting van Yonder Sentrum in 1966 as 'n Beskermde Werksplek vir Volwasse Persone met 'n Intellektuele Gestremdheid en sedertdien is die sentrum, o.a. deur verkryging van die dorp Kenilworth het Yonder uitgebrei tot die unieke instansie wat dit vandag is. Vandag beskik Yonder oor 16 werkswinkels (programme) waar elke dag ongeveer 280 persone met 'n gestremdheid opgelei word. Die werkswinkels is o.a. Houtwerk, Sweiswerk, Meganiese onderhoud, Handwerk en Rottang, Paletteherstel, Bakkery, Betonvervaardiging, Tuindienste, Skoonmaakdienste, Voedselvoorbereiding, Haarsalon en Lewensvaardigheid verdere werkswinkels / programme is.

Talle van die werkswinkels word in vennootskap met die privaatsektor bedryf deurdat spesifieke produkte vir besighede volgens hul behoefte vervaardig word. Produkte van Yonder is baie gewild onder die publiek en word maandeliks te koop aangebied by verskeie uitstallings, feeste en vlooimarkte. Die Groenmyn kwekery op die terrein vorm ook deel van die Yonder-sakepakket.

In die residensiële afdeling van Yonder kan volwassenes met 'n intellektuele gestremdheid op die terrein inwoon in verskillende koshuise vir mans en dames en met ouderdomme wat wissel tussen 18 – 84 jaar.

By Yonder word daar egter nie net gewerk nie, maar beleef die inwoners 'n vol buitemuurse program wat wissel van aktiewe deelname van sporte tot die bywoning van 'n wye reeks van konserte, sportgeleenthede, feeste, ens.

D.m.v. 'n unieke sakemodel waardeur die verskillende besigheidskomponente van Yonder op 'n sakegrondslag interaktief dienste lewer aan mekaar genereer die sentrum verreweg die grootste deel van sy inkomstebegroting self en is so in staat om tot 'n hoë mate selfstandig te funksioneer. Daar is ook talle besighede en individue wat Yonder goedgunstelik ondersteun met borgskappe en donasies, asook samewerking op 'n sakegrondslag.

Op hierdie wyse word waarde toegevoeg tot elke individu en word hulle ondersteun om waardige burgers van die land te wees en hul eie plek in die samelewing vol te staan. Trouens, die Yonder Sentrum word as 'n Best Practice Model in die res van SA beskou en word genader om soortgelyke sentrums in ander provinsies te fasiliteer.

Dit is teen hierdie agtergrond dat die Yonder Sentrum met dankbaarheid en trots hul halfeeuherdenking vier.

Vir enige navrae of bydraes kan Yonder Sentrum of die Direkteur Jannie van Zyl persoonlik gekontak word by 053 841 0537 of eposadres Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..">Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..

Die Volkseie Verootmoedigingsaksie roep volksgenote op om te onderwerp aan God se gesag. Ons volk word verdruk,verneder en uitgemoor. Ons vra ook soos Asaf in Ps 79:
O God, heidene het gekom in u erfdeel, hulle het u heilige tempel verontreinig, Jerusalem tot puinhope gemaak. Ons het vir ons bure 'n smaad geword, 'n spot en beskimping vir die wat rondom ons is. Hoe lank, HERE, sal U vir ewig toornig wees, sal u ywer brand soos 'n vuur?
Maar God vra aan ons, soos in Jer 23:26,27: Hoe lank nog? is dit in die hart van die profete wat leuens profeteer om my volk my Naam te laat vergeet deur hulle drome wat hulle die een aan die ander vertel, soos hulle vaders my Naam vergeet het deur Baäl?

Valse leringe wat algemeen as 'Christelik' verkondig word:* Verdraagsaamheid teenoor sonde;
● dat God se wet afgeskaf is;

● dat God sondes vergewe sonder dat die sondaar berou het;

● dat God nie meer in die nuwe verbond mense en volke straf as ons afvalllig raak nie;

● dat die gebod van liefde die mens se gevoelens sentraal stel;

● pasifisme (dat ons nie onsself, ons gesinne, ons volk en ons ras mag verdedig nie);

● dat alle mense gelyk is;

● dat daar nie verskillende rasse bestaan nie, of dat die verskil slegs velkleur is;

● dat die nuwe verbond die grense tussen volke, rasse en geslagte afgeskaf het (Gal 3:26)

In reaksie teen hierdie dwalinge het 'n ander dwaallering ontstaan, nl dat slegs blankes gered kan word en saligheid kan ontvang.

Die valse leringe hierbo genoem, is alles die gevolg van die besmetting van liberalisme met sy slagspreuke:

Vryheid (van God se wet) / Gelykheid (vernietiging van God se skeppingsverskeidenheid en Sy verbondstrukture - gesin, familie en volk); / *Broederskap (met die ongelowiges).

Daarenteen leer die Bybel dat almal gelyke behandeling voor die reg moet kry en dat almal sondaars is en dus net deur Gods genade gered kan word. Die liberalis verdraai hierdie feite tot die absurditeit dat almal gelyk is. Tog leer die Bybel (en sien ons elke dag) dat daar ryk en arm is, sterk en swak, heerser en onderdaan, ens. Dit alles geskied ook onder God se hand. (1Sam 2:7)

Nog belangriker is die ongelykheid as gevolg van die onderskeid wat God maak tussen gelowige en ongelowige. (1Sam 2:9 Die voete van sy gunsgenote bewaar Hy, maar die goddelose mense kom om in duisternis; want 'n mens oorwin nie deur krag nie.)

Ongelukkig het die duiwel daarin geslaag om die valse leringe in die hoofstroomteologie te vestig. Ons moet gedurig bid dat die Heilige Gees die valse leringe sal bestry en Sy waarheid aan ons volk bekend sal maak.

Kom ons bid dat ons volk, ons leiers en ons leraars weer die Woord sal bestudeer en dag en nag sal oordink soos in Ps 1:2 “maar sy behae is in die wet van die HERE, en hy oordink sy wet dag en nag.”

Bladsy 91 van 99
Go to top