► In Mediumtermynbegroting van Minister van Finansies Tito Mboweni feitlik geen melding van landbou en die geweldige druk op boere oor wydverspreide droogte; op vraag van VF Plus pres. Cyril Ramaphosa ontwykend oor enige bystand aan kommersiële boere ► VF-Plus in Gauteng sê Gauteng Onderwysdepartement moontlik skuldig aan onreëlmatige besteding van R1,2 miljard i.v.m. skoolsvoedingsprojek, dít terwyl die LUR vir Onderwys Panyaza Lesufi Afrikaanse skole vir geringste vermoedelike oortredinge aanspreek ► Dit blyk of dorpe Dewetsdorp, Vanstadensrus en Wepener feitlik geen munisipale dienste ontvang vanaf Mangaung Metro onder wie hulle ingedeel is nie ► Adjunk-pres. David Mabuza op besoek aan China tydens sitting van SA-China Bilaterale Kommissie wys op die talle geïntegreerde tussen die twee lande o.a. dat 65 Chinese maatskappye R116 miljard in SA belê het (hierdie syfer soos genoem, Ditsem Nuus kan nie korrektheid verifieer nie) ► Stad Kaapstad ontvang R300 miljoen van Nederlandse regering om MyCiti snelbusdiens na Khayelitsha en Nyanga uit te brei ► Nederlandse man (35) en vrou (75) in Marlothpark, Komatipoort, vermoor deur versmoring deur hul monde toe te prop, man se vrou en dogter oorleef aanval ► Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers stem 232-196 ten gunste van verdere ondersoek of pres. Donald Trump in staat van beskuldiging geplaas moet word oor Oekraïne ► China Mobile in China maak bekend dat sy 5G-tegnologie, 100 keer vinniger as 4G, nou in 50 stede insluitende Beijing en Sjanghai beskikbaar is ►

Die Mediumtermyn Begroting wat Minister van Finansies Pravin Gordhan op 26 Oktober 2016 voor die Parlement gelê het, bevat eintlik inherent die volgende slegte nuus: Die belastingtekort is R11 miljard, wat styg na R23 miljard op die langer termyn / Om die begroting in toom te hou, moet staatsuitgawes met R70 miljard oor die volgende twee jaar besnoei word – met geen daadwerklike teken hoe dit gedoen gaan word nie / Om die belastingtekort aan te spreek, moet belasting met R43 miljard verhoog word – ‘n swaarder las op die bevolkingsminderheid wat belasting betaal / Maatskaplike toelaes word met R10 per ontvanger per maand verhoog, wat beteken ongeveer 17 miljoen x R10 = R170 miljoen / Daar word vir R147 miljard begroot net om die rente op staatskuld te betaal / Die korttermyn groeikoers van die BNP word op 0,5% gestel – onvoldoende ekonomiese groei om ‘n verskil aan die huidige feitlik stagnante ekonomie te maak / Met die groot bloedsuiers in die begroting, die staatsondernemings soos SAL, Eskom, die Poskantoor, Prasa, Landbank, ens. word geen plan gewys nie. Voordat daar nie vir hierdie kernsake met daadwerklike oplossings vorendag gekom word nie, is daar weinig hoop dat hierdie land met sy ryk natuurlike hulpbronne en entrepreneurspotensiaal uit sy ekonomiese moeras gaan kom.

Dit is ‘n praktiese waarneming dat die landswye #FeesMustFall-veldtog lank nie meer bloot oor klasgelde gaan nie. Veral op Wits, maar ook by die KZN-kampusse, Ikeys en historiese swart universiteite gaan dit oor omverwerping van die bestaande wet, orde en beproefde wetenskap. Dit gaan spesifiek oor sg. “dekolonalisering” wat die mooi term is vir “Weg met wittes.”Retoriek oor luidsprekers en op plakate en T-hemde is openlik anti-blank.

Dit gaan voorts oor maksimale uittarting van die Polisie, sodat, in die woorde van die anargiste, “’n tweede Marikana” geskep kan word, ten einde te dien as verdere vonk in die kruitvat. Tekenend is ook ‘n brief van Kovsie-opstokers op sosiale media (onder vals name) dat betogende studente die geweld verder moet voer na skole soos Grey Kollege en HTS Louis Botha, terwyl die Waterfront en Mimosa winkelsentra “gevandaliseer”moet word. Hierdie is nuusgebeure dat dit gaan oor veel meer as gratis universiteitsonderrig.

 ‘n Volskaalse oorlog om mag en oor beheer van die staatskas in SA woed tans tussen verskillende komponente van die regering. Die sluimerende stryd tussen pres. Jacob Zuma en Minister van Finansies Pravin Gordhan het tot uitbarsting gekom met die dagvaarding van korrupsie-aanklagte teen Gordhan en twee van sy voormalige adjunkte by die SA Inkomstediens. Oorweldigende steun in regeringsgeledere en ook in die res van die land is vir Gordhan uitgespreek, o.a. van adjunk-pres. Cyril Ramaposa en in die openbare en sosiale media is gesê dat die aanklagte polities geïnspireer is. Aan die ander kant is daar persone in sleutelposte wat onwrikbaar by Zuma staan, soos verskeie kabinetsministers, departementele hoof van SAID Tom Moyane, Openbare Vervolger Shaun Abrahams, die ANC Vroueliga, sekere provinsiale premiers en die ANC Jeugliga. Gordhan het in reaksie ‘n kriminele klag by die Polisie gelê oor 72 verdagte buitelandse handelstransaksies deur Oakbay Investments Pty Ltd ter waarde van sowat R6,83 miljard. Gordhan moet op 2 November vanjaar in die hof teregstaan op die aanklagte teen hom. Die jongste skuif in die sage is die aanklag dat voormalige Minister van Finansies Trevor Manuel destyds ‘n tender van meer as R100 miljoen onregmatig toegeken het en dat Gordhan as toenmalige hoof van die Tesourie daarby geïmpliseer is. Intussen, a.g.v. hofaansoeke deur Zuma en Minister van Plaaslike Regering en Tradisionele Sake Des van Rooyen, weier die nuwe Openbare Beskermer Busisiwe Mkhwebane om die verslag van haar voorganger Tuli Madonsela bekend te maak oor staatskaping deur die Guptas. Zuma self sit met weiering deur die Grondwethof van enige versoek deur hom om nie tereg te staan nie op die 283 kriminele aanklagte. Dit is dus ‘n katnes van intense interne magstryde basies om die siel van SA.

Die ondersoekspan van die Valke in die Vrystaat wat die dood van twee plaaswerkers in die Parys-distrik ondersoek het en 12 boere en ‘n SAPD-offisier van moord laat aankla het, is vir hul goeie speurwerk beloon met ‘n eerbewys. Dit is die eerste keer dat die Valke in die Vrystaat van hul lede op hierdie wyse beloon. Die saak spruit uit ‘n voorval op 6 Januarie vanjaar toe twee plaaswerkers deur boere aangekeer is ná ‘n beweerde plaasanval in die Parys-distrik, en hulle daarna vanweë beserings in Polisie-aanhouding oorlede is. Van die oorspronklike 13 aangeklaagdes is aanklagte teen ‘n aantal teruggetrek,het een wat skuld beken het ‘n opgeskorte vonnis gekry en moet vyf boere en kapt. Henk Prinsloo van die SAPD op 18 November vanjaar in die hof te Parys teregstaan.

Nadat Minister van Energie Tina Joemat-Pettersson drie weke gelede behoorlik die knuppel in die hoenderhok gegooi het met haar verklaring dat voorstelle vir kernkragontwikkeling of sg. RFP in SA binnekort deur haar departement aangevra sal word, het Minister in die Presidensie Jeff Radebe pas aangekondig dat die RFP nie nou gaan gebeur nie en dat die gesag oor RFP inderdaad geskuif word vanaf die Dept. van Energie na Eskom. Dit het op sy beurt weer verdere kontroversie opgekook met die DA wat die regering daarvan beskuldig dat dit probeer om Parlementêre toesig oor die kernbouprogram te omseil, openbare debat oor die nodigheid van bykomende kernkapasiteit te blokkeer, ‘n kleed van geheimhouding oor die hele verkrygingsproses te trek en om pres. Jacob Zuma groter seggenskap oor die kernverkrygingsproses te gee. Volgens die DA het Eskom met Medupi en Kusile gewys dat hulle nie megaprojekte doeltreffend kan bestuur nie, terwyl die Appèlhof bevind het dat die tenderkomitee van Eskom korrup is.   

Ons leef kennelik en, soos die Woord waarsku, in die tyd van die groot leuen. Laasgenoemde is blatant, maar ook uiters slu. Die duiwel bied mos ook die waarheid aan – net bietjie anders, net met ‘n ligte verdraaiing. Dit vereis dus buitengewone wysheid om te onderskei tussen eg en vals, tussen reg en verkeerd, tussen die waarheid en die leuen. Dit is ook dikwels so dat die waarheid in die minderheid is, want die leuen probeer oordonder. Fyn luister en onderskei is derhalwe noodsaaklik. Ditsem Nuus trag om immer die ware waarheid aan te bied en om vir ons lesers dit wat regtig saakmaak, te vertel – dit wat jou help om ‘n ingeligte besluit t.o.v. jou persoonlike lewe te neem. Vertrou ons daarvoor en waar ons die bal sou misslaan, wys ons asb. daarop.
Dit gaan tans woes in Suid-Afrika, soos ook blyk uit die drie fokusberigte in hierdie uitgawe. Desondanks wil ons onomwonde sê: Moenie SA afskryf nie. Hierdie land, al sy trauma ten spyt, behoort nie aan die Bose, die rewolusionêre, die moderne barbare en die ander trawante van die Bose nie. Die naam van Christus is oor SA uitgeroep en so moet Sy kinders vasstaan. Moet dus nie moed verloor nie en moet beslis nie emigreer nie. Bly glo teen enige logika in, bid, trek die volle wapenrusting van Efesiërs 6 aan en “dring die geveg terug na die poort toe.” (Jes. 28:16)

Onlangs is berig van Clint Eastwood, oud-Cowboy en filmregisseur, wat pas op 86-jarige ouderdom die uitstaande vollengte rolprent Sully met Tom Hanks in die hoofrol geregisseer het. Terselfdertyd word berig van Bernie Ecclestone, die man wat Formule 1 motorwedrenne op vyf kontinente in ‘n multimiljard dollar bedryf ontwikkel het, op 85-jarige ouderdom sy besigheid aan ‘n Amerikaanse maatskappy vir $4 miljard verkoop het – en aanbly as die hoofuitvoerende beampte van die nuwe maatskappy.

Of hierdie mense gelowiges is, weet ons nie, maar iemand het eenkeer gesê: “Hou vas aan die sekerheid dat, op watter stadium van die lewensreis jy ook mag verkeer, God sy beste vir jou bewaar het – selfs al het jy die aandskemering van die lewe bereik.”    

Die wetgewing wat tans in Parlementêre kringe dien om beheer oor pornografie op die Internet te liberaliseer, moet ten alle koste gestop word. Dit verteenwoordig die ergste en mees degraderende geestelike riool wat oor die SA samelewing losgelaat kan word.

Bid, bid en bid – en doen wat menslik ookal nodig is om hierdie wetgewing permanent in die kiem te smoor.

Die beroep van die DG van Hoër Onderwys dat die “onderwyspersoneel by skole, veral voormalige Model C-skole, te wit is en getransformeer moet word,” verwys.

Hierdie uitlating is eenvoudig ‘n uitdrukking van haat teenoor blankes en sê eintlik dat alles wat ‘n blanke velkleur het, vernietig moet word. Blanke onderwysers, met die kultuur van uitnemendheid wat hulle uitdra, is bewys as die beste in die land en die resultate daarvan wys in sowel die oorwegend blanke skole as die oorwegend swart en oorwegend bruin skole waar hulle dien.

Meer nog, die voormalige Model C-skole, meesal oorwegend blanke kinders, staan telkens in Matriekuitslae uit ver bokant die verhoudings in bevolkingsgetalle.

Wat sê hierdie praktiese manisfestasies in terme van kultuuridentiteite?

Dit gaan nie oor ras en of een identiteit beter is as die ander nie, maar oor leef en laat leef – elkeen volgens sy/haar eie geskape identiteit.

Die skietstilstand in Sirië tussen die Russies-ondersteunde regering van pres. Bashar al-Assad en die Amerikaans-ondersteunde Siriese rebellegroepe het kwalik ‘n week geduur voordat dit verbreek is. Daarmee saam is lewensnoodsaaklike noodlenigingskonvooie na die verwoeste Aleppo en ander gebiede met opset aangeval en tot stilstand gedwing, met 20 noodlenigingswerkers gedood. oor wie hieervoor verantwoordelik was, woed ‘n woordestryd. Die Russiese regering sê dat die VSA die skietstilstand misbruik het om die rebellegroepe kans te gee om te hergroepeer. Dit blyk dat die VSA in diplomatieke onderhandelinge alles in hul vermoë doen om te keer dat die demokraties-verkose en stabiele Assad-regering met steun van die Russiese lugmag uiteindelik die oorhand in die vyfjaarlange burgeroorlog kry.  

Een van die hoofitems wat die internasionale toneel die afgelope week oorheers het, was die sitting van die VN Algemene Vergadering, waar veral vyf punte bo-aan op die agenda was: Die Wêreldberaad oor Vlugtelinge, waaruit geblyk het dat daar tans in die wêreld sowat 65,3 miljoen mense uit hul wonings geforseer is en waarvan 21,3 miljoen geklassifiseer kan word as vlugtelinge uit hul lande van oorsprong. Van laasgenoemde syfer kom 4,9 miljoen uit Sirië, 2,7 miljoen uit Afganistan en 1,1 miljoen uit Somalië / Die laaste optrede van VN sekretaris-generaal Ban Ki Moon voor sy ampsverstryking / Die verslegtende humanitêre krisis in Sirië / Die laaste keer wat pres. Barak Obama as Amerikaanse president by die wêreldliggaam opgetree het / Die opbouende spanning tussen Israel en Palestynse nedersettings. Pres. Jacob Zuma het SA by die sitting verteenwoordig en gesê die grootste probleem is onderontwikkeling en dat dit tot groter gewelddadige opstande kan lei.

Die SA mynhuis Harmony Gold het bekendgemaak dat dit die helfte van die aandele in die Hidden Valley Goudmyn in Papua New Guinea van die Australiese Newcrest Mining gekoop het. Volgens die HUB van Harmony, Peter Steenkamp kan hierdie transaksie sy groep help om hul jaarlikse produksieteiken van 1,5 miljoen ons goud binne drie jaar te realiseer. Die huidige produksie van Hidden Valley is sowat 180 000 ons per jaar. 

Met die volharding deur die kabinet met omstrede Dudu Myeni as voorsitter van die SAA raad, blyk dit dat die bedryfsverlies van die lugredery met R1,5 miljard toegeneem het in die 2015/16 finansiële jaar, wat die totale bedryfsverlies van die SAA nou op R5,64 miljard te staan bring. In ‘n vroeëre vergadering van die Staande Komitee vir Finansies van die Parlement, het Minister van Finansies Pravin Gordhan darop aangedring dat die SAA met die jongste reddingsboei ‘n skriftelike sakeplan moet voorlê hoe die sinkende skip (vliegtuig) omgedraai kan word. Ná die jongste vergadering vabn die Staande Komitee het die DA aangedring op ‘n dringende en volledige ouditverslag vir die SAA en sy filiale vir die onlangse finansiële jare.

In ‘n mediaverklaring wys die DA in die Vrystaat daarop dat die Provinsiale Tesourie tot en met 31 Augustus 2016 ‘n totale bedrag van R2,7 miljoen vir advertensies betaal het in die Gupta koerant The New Age – dit terwyl die departement in dieselfde tydperk die onbeduidende bedrag van R18 500 beste het aan advertensies in 14 ander publikasies altesaam. Volgens die DA is dit moeilik om besonderhede van spesifieke bedrae en begunstigdes uit die aktiwiteite van die Vrystaatse Provinsiale regering te kry, maar betroubaar word beraam dat die provinsiale regering die afgelope paar jaar tussen R30 miljoen - R50 miljoen aan die Gupta-kartel betaal het.    

Die Life Healthcare Group het bekendgemaak dat dit ‘n beplande ontwikkeling van R60 miljoen op ‘n 4,6 ha hoewe in Spitskop langs Langenhovenpark in Bloemfontein vireers bevries het omdat die groep nie die finale groenlig by die Mangaung Metro Munisipaliteit kan kry nie. Life Healthcare wil die rehabilitasiefasiliteit van sy Life Pasteur Hospitaal in Hospitaalpark in die stad na Spitskop verskuif en daar ‘n nuwe ultramoderne eenheid oprig. Hoewel die nodige lisensiëring vir die nuwe fasiliteit van die Vrystaatse Dept. van Gesondheid verkry is, bly die metro in gebreke om substansieel op ‘n aansoek om hersonering te reageer. Life Healthcare het in hierdie verband alreeds ‘n hooggeregshofbevel in hul guns bekom, maar die metro kom net nie met ‘n finale besluit vorendag nie. Die redes vir die gesloer by die munisipaliteit is geensins duidelik nie. Life Healthcare sê dat die beplande fasiliteit groot werkskepping kan meebring, terwyl dit ook kan dien as ekonomiese inspuiting vir die noordwestelike deel van die stad.

Die Dept. van Handel en Nywerheid het die gedeeltelike heropening van die gewilde Vervaardigingsmededingendheid Bevorderingsprogram (in Engels afgekort as MCEP) aangekondig. Die program het ten doel om die vervaardigingsektor as ‘n sleutelbedryf vir ekonomiese groei, te bevorder en bestaan nou uit ‘n leningskomponent van R1 miljard, wat verdeelis in ‘n lenings- en skenkingskomponent. Vroeër is die MCEP in Oktober 2015 gestaak weens ‘n gebrek aan fondse by die Nasionale Tesourie en dit nadat sowat R4,1 miljard van die oorspronklike begrote R7,2 miljard aan 1 153 entiteite bestee is. Die program, wat hoofsaaklik deur die IDC geïmplementeer word, stel hoë grade van swart ekonomiese bemagtiging as vereiste en is nie toeganklik vir ‘n blanke entrepreneur op sy/haar eie nie. Vir meer besonderhede, besoek www.dti.gov.za.

Op die jaarlikse Volksblad Sportsterre-dinee is Wayde van Niekerk aangewys as Sportster van die Jaar, Lood de Jager as Sportman van die Jaar, Karla Mostert as Sportvrou van die Jaar en Louzanne Coetzee as Sportster met Gestremdheid van die Jaar. 

Bladsy 95 van 97
Go to top