► “’n Monument van grootskaalse korrupsie” is hoe Noord-Kaapse premier dr. Zamani Saul nuwe psigiatriese hospitaal in Kimberley geopen het 13 jaar nadat konstruksie begin is @ R290 miljoen, maar nou eers voltooi is teen R2 miljard ►Appèlhof handhaaf beslissing van Noord-Gauteng hooggeregshof dat Cash Paymaster Services (CPS) R316 miljoen aan Sassa moet terugbetaal ►Transnet toon wins van R6 miljard vir finansiële jaar 2018/19; eerste staatsonderneming in baie lank tyd wat wins toon ►Plaasterreur 30 September, Malmesbury, twee aanvallers in plaashuis, huiseienaar skiet een dood ►Groot dele van die land vanaf Limpopo tot in die Wes-Kaap ondervind erge droogtetoestand met minder as 50% van die gemiddelde reënval in 2018/19 seisoen – sien by hierdie skakel hoe in Steytlerville-distrik droogte ervaar word; aan die ander kant sien by hierdie video hoe gejuig word oor goeie reën in distrik Beaufort-Wes ►Kampioen Boran stoetbul genaamd Mr. Million, gekoop vir R1 miljoen, se hakskeensenings deur veediewe op plaas by Brits afgekap, moes vankant gemaak word ►Intensiewe driedaagse-kursus oor in- en uitvoer en internasionale handel aangebied te Midrand, Kaapstad en Durban, kontak Ronell 073 291 0450 of events@norcaz.biz►

In 'n tyd waarin die kultuurerfenis van die Afrikaner in die land verguis word soos nooit te vore nie, wys feite daarop dat hierdie erfenis inderwaarheid veel bied om op trots te wees. Ter wille van perspektief dien hierdie erfenis gesien te word teen die agtergrond van die werklikhede van die verlede en hede van Suid-Afrika.

Sedert die magsoorname in 1994 deur die ANC, is die Afrikaner toenemend deur die nuwe bewindhebbers en hul manipuleerders, die Nuwe Wêreldorde (NWO), subtiel geboelie. Dit was eers geleidelik subtiel en toe eskalerend openlik – sg. regstellende aksie, swart ekonomiese bemagtiging, sport- en studiekwotas, verdringing van Afrikaans, plaasmoorde, vervanging van plekname, verwydering van standbeelde, gedreigde konfiskering van grond sonder onteiening, kriminalisering van geskiedenis en kultuurerfenis – alles wat uitgeloop het vandag op 'n onverklaarde burgeroorlog teen die blanke en spesifiek die Afrikaner.

Teen hierdie agtergrond van verguising, onder die dekmantel van die sg. Nasionale Demokratiese Revolusie (NDR), staan die volgende sleutelfeite soos 'n paal bo water:

  • Die Afrikaner het geen grond gesteel nie en is daar ook geen bewyse voor nie. Die voorsate van die Afrikaner het sedert 1652 in grootliks onbewoonde en onbesette gebiede gevestig en hul vestiging op eerbare wyse uitgewerk met swart en bruin mense wat self in 'n proses van intrek en vestiging was.
  • Die voorsate van die Afrikaner en later die Afrikaner self was die mense wat die beskawing in Suid-Afrika ingedra het – die Evangelie, die alfabet, die wiel, die maatstok en wet en orde.
  • Ná die Anglo-Boere-oorlog was die Afrikaner letterlik platgeslaan, maar het desondanks opgestaan om 'n volk in eie reg te word en dit op elke lewensterrein, vanaf onderwys tot die staatkunde.
  • In die 20ste eeu het die Afrikaner die leiding geneem om saam met anderskleurige landsburgers Suid-Afrika op te bou tot die enigste ontwikkelde staat op die vasteland.
  • HF Verwoerd het as eerste minister 1958-66 die aangesig van Suid-Afrika ingrypend verander vanaf apartheid na 'n eie toekoms vir elke volk in die land, grootliks gefinansier deur blanke belastingbetalersgeld.
  • In hierdie tydperk het SA die kruin van voorspoed bereik en was die ekonomiese groeikoers 7,9% (die tweede hoogste in die wêreld), was die werkloosheidkoers onder swartmense 5% (teenoor 40% vandag), was die moordkoers 60 per jaar (teenoor 2 000 per jaar vandag) en was daar geen plakkerskampe nie.
  • Met die komplotsluipmoord op Verwoerd in 1966, is SA deur die NWO gepootjie en verswelg, wat uitgeloop het op die verraad in die negentigerjare - met die res tot vandag die tragiese geskiedenis wat dit is.
  • Die Grensoorlog in die noorde van destydse Suidwes-Afrika en in Suid-Angola is deur die SA Weermag beslissend gewen, hoofsaaklik met bloedjong dienspligtiges, In die proses is nie net plaaslike terroristegroepe verslaan nie, maar ook Kubaanse en selfs magtige Russiese magte – soveel so dat dit die prop uitgetrek het vir die val van die Ystergordyn.
  • Die ANC het in hul terroristiese stryd teen die SA veiligheidsmagte nie 'n enkele veldslag gewen nie, trouens hulle het nooit kans gesien om die veiligheidsmagte kop aan kop aan te vat nie. Die beste wat hulle kon doen, was die lafhartige Kerkstraat-bom in 1983 waarin 19 soldate en burgerlikes gesterf het en 217 beseer is.

Binne die omvattende aanslag teen die Afrikaner vandag, behels die dryf om spesifiek die kultuurerfenis van die Afrikaner af te kraak en te kriminaliseer, o.m. die volgende:

  • Pogings om die Afrikaner as inherent boos voor te stel deur wanvoorstelling en leuen dat sg. apartheid 'n misdaad teen die mensdom was.
  • Om op skoolvlak sover moontlik met tradisioneel Afrikaanse skole weg te doen en die positiewe geskiedenis van die Afrikaner uit leerplanne uit te skryf.
  • Afrikaans en Afrikanerskap uit eens trotse Afrikaanse universiteite uit te skop sodat daar tans net een tradisionele universiteit oor is – NWU Potch – wat Afrikaans as primêre taal van onderrig het
  • Die klakkelose verandering van plek- en straatname van Afrikaner-oorsprong t.g.v. die name van struggle-leiers en buitelandse Kommuniste.
  • Dit word gevolg deur die voorneme van die ANC-regering, die EFF en ander swart politieke radikalisme om grond in die land sonder vergoeding te onteien, uitdruklik gemik op blankes / Afrikaners.
  • Die onlangse aansoek van die Nelson Mandela Stigting by die Gelykheidshof om die vertoon van die vorige landsvlag tot haatspraak, onregverdige diskriminasie en teistering te verklaar en sodanige vertoning te kriminaliseer.
  • In die hoofstroommedia en op sosiale media die sing van Die Stem in die publiek as 'n skande voor te stel.
  • Sopas is in 'n voorlopige verslag van 'n taakspan van die Dept. van Kuns en Kultuur aanbeveel dat, omdat dit aanstoot gee, standbeelde van sg. koloniale en apartheidsfigure vanaf prominente openbare plekke verwyder moet word om in sg. temaparke geplaas te word.

Die geestes- en kultuurerfenis wat die wese van die Afrikaner opmaak, kan soos volg opgesom word:

  • Christelik-gereformeerde godsdiens wat soos 'n goue draad deur sy geskiedenis loop tot vandag toe, afvallighede ten spyt.
  • 'n Volk in eie reg, die enigste wit stam van Afrika en nie bloot 'n groepering of setlaars nie.
  • Afrikaans as taal – in gehalte bewys en wetenskaplik beoordeel as van wêreldklas. Vandag is Afrikaans die huistaal van nagenoeg agt miljoen mense.
  • Die Stem 'n volkslied wat vanjaar 100 jaar gelede deur CJ Langenhoven geskryf is en later deur ML de Villiers getoonset is. As sulks vertolk dit die diepste psige en wese van die Afrikaner.  
  • Die vorige landsvlag – die oranje, blanje, blou - waaronder 'n groot verskeidenheid prestasies en heldedade gelewer is waarop by enige standaarde met reg trots gewees kan word.
  • Die uiteindelike feite van die saak en die onvermydelike slotsom waartoe gekom word, is dat die Afrikaner 'n trotse geskiedenis het, dat hy ondanks foute sy anderskleurige landgenote op 'n Christelike wyse behandel het en dat die aandeel van die Afrikaner grootliks van SA die topland gemaak het wat dit aan die begin van die negentigerjare was. Daarom kan die Afrikaner inderdaad trots wees op sy geestes- en kultuurerfenis en is dit sy reg om dit steeds en ook vir die toekoms te koester en uit te leef.

Enkele hoogtepunte van die kruin van sukses wat die land gedurende die ampstermyn van dr. Verwoerd beleef het, fel buitelandse teenkanting en boikotte ten spyt, was die volgende:

In 1960 antwoord Verwoerd meesterlik en uit die vuis op die onverwagse “Winds of change”-toespraak van besoekende Britse eerste minister Harold Macmillan in die SA Parlement.

In dieselfde jaar oorleef dr. Verwoerd wonderbaarlik die eerste van twee sluipmoord-aanslae met herstelling van die skietwonde toegedien deur David Pratt.

Na 'n suksesvolle referendum kom die langgekoesterde Republiek van Suid-Afrika op 31 Mei 1961 tot stand.

Toe Verwoerd hieroor ondanks sy beste pogings in Londen nie met die Statebond kon ooreenkom nie, lei hy SA uit hierdie internasionale liggaam, met van meet af die gevolg dat die land al sterker word as ooit.

Ekonomies het die BBP in die sestigerjare jaarliks gegroei teen 'n koers van 6%, terwyl die inflasiekoers 2% was. Die land was selfversorgend vir sy voedsel, terwyl hy 'n vername uitvoerder van vrugte en graanprodukte geword het. Met die ontwikkeling van Sasol het die land beweeg na gespeen te raak van die buitelandse oliemark. As voorste goudprodusent ter wêreld is die ekonomie geanker en het nuwe nywerhede opgeskiet.

Die verdedigingsmag word die doeltreffendste op die vasteland, terwyl op die gebiede van wetenskap en kernnavorsing SA 'n toonaangewende rol begin speel.

Maatskaplik was teen 1966 slegs 5% van die swart bevolking werkloos, terwyl daar nie 'n enkele plakkershut in SA was nie. Swartmense in SA het toe al meer motors besit as wat die geval was in die hele res van Afrika.

In die vroeë sestigs besoek verskeie diplomatieke sendings SA om die land te laat afsien van sy beleidsrigtings, soos VN Sekretaris-generaal Dag Hammarskjöld en De Alva en Carpo oor SWA. Verwoerd hanteer almal met opmerklike finesse en nie een het met 'n werklike skadelike verslag teen SA uitgekom nie.

In 1962 breek die SA Veiligheidspolisie die rug van 'n grootskaalse Kommunistiese komplot teen die regering met die Rivonia-arrestasies en en die lang gevangenisstrawwe in 1964 vir die veroordeeldes waaronder Nelson Mandela.

Oor SWA behaal die Verwoerd-regering in Julie 1966 in die Internasionale Geregshof, na nougesette regsvoorbereidings in 'n uitgerekte saak, 'n gedenkwaardige oorwinning toe die hof ten gunste van SA beslis.

In dieselfde maand in die algemene verkiesing wen die Nasionale Party 'n rekordaantal 126 setels uit 166 in die Volksraad.

Sonder om te verval in verglansde heldeverering, is dit duidelik uit die feite dat die buitelandse en binnelandse teenstanders van Verwoerd teen hom skaak gespeel het – en verloor het – totdat ...

Hedendaagse nuusdekking in die hoofstroommedia toon 'n sterkerwordende tendens om alles wat in voor-1994 Suid-Afika gebeur het, as sleg af te maak. Hierdie tendens kom tans veral na vore met die 25-jarige herdenking van die toespraak van oud-pres. FW de Klerk in die Parlement op 2 Februarie 1990.

Daar word ook daarby gesê dat die destydse SA regering in die vroeë negentigs geen keuse gehad het as om die landsregering sonder meer aan die swart meerderheid oor te gee nie.

Dit is deesdae mode om sogenaamde “apartheid” die skuld vir alles te gee en te sê dat selfs alles wat vandag nog verkeerd is, die gevolge van “apartheid” is.

Was alles in die vorige bedeling regtig so sleg en het die destydse regering werklik geen ander keuse gehad nie?

Pas is weer feitelike syfers gepubliseer oor die situasie in SA vanaf die sestigerjare tot en met die einde van die tagtigs. Van hierdie feite is enkeles die volgende en kan daar 'n uitdaging gerig word om die korrektheid daarvan feitelik verkeerd te bewys:

Die beleid onder die eerste ministerskap van dr. HF Verwoerd was afsonderlike ontwikkeling, d.w.s. volledige vrymaking van individuele swart volke op hul eie grondgebied en nie bloot diskriminerende “apartheid” nie. Daarvan getuig die daadwerklike stappe wat in hierdie verband geneem is.

In die vroeë sestigerjare het die BBP van SA jaarliks teen 'n koers van 6% gegroei, terwyl die inflasiekoers 2% was. Die land was selfversorgend vir sy voedsel, terwyl hy 'n vername uitvoerder van vrugte en graanprodukte geword het.

Met die stigting van Sasol en die verkryging van brandstof uit steenkool, was die land besig om hom van sy afhanklikheid van die buitelandse oliemark te speen. Sy verdedigingsmag het een van die doeltreffendste ter wêreld geword, terwyl op die gebied van wetenskap en kernnavorsing Suid-Afrika 'n wêreldleidende rol begin speel het.

Die geldstelsel is gedesimaliseer (Rand en sent), goudproduksie is verhoog, nywerhede het sterk vooruitgegaan en werksgeleenthede vir alle inwoners het vir ekonomiese opheffing van die hele gemeenskap gesorg. Slegs 5% van die swart bevolking was teen 1966 nog werkloos.

In 1970 verdien swart werkers 'n totaal van R1 751 miljoen oftewel 25,5% van die totale loongeld in SA, 'n syfer wat styg tot R17 238 miljoen in 1984 (1 000% groei).

Die begrotingsbedrag vir swart onderwys styg jaarliks vanaf 1970 met bykans 30% meer as enige ander staatsdepartement. Van 1955 tot 1984 styg die aantal swart skoliere van 35 000 tot 1 096 000, d.w.s. 31-voudig.

Teen 1972 besit swartmense SA 360 000 voertuie - meer as in al die swart state van Afrika saam.

In Soweto het die blanke regering 'n reuse hospitaal, Baragwanath, gebou met 3 000 beddens - een van die grootste en modernste ter wereld. Sy 23 operasieteaters is voorsien van die heel modernste toerusting en word swart mense teen 'n nominale koste van R2 vir 'n onbeperkte tydperk behandel. Die hospitaal het 8 000 personeellede in diens gehad, waaronder 450 voltydse dokters wat jaarliks 112 000 binne-pasiente en 1,62 miljoen buite-pasiente behandel. 90% van die bloed is deur blankes geskenk.

Langs die Baragwanath Hospitaal is die St. John's Oogkliniek, wêreldberoemd vir die behandeling van gloukoom, losgelate retina's, traumatiese oogbeserings en seldsame tropiese siektes.

In 1978 bou die SA regering 'n hoogs moderne opleidingshospitaalkompleks, Medunsa, op die grens van die destydse onafhanklike Bophuthatswana teen R70 miljoen op 35 ha. Hierdie “stad” in die kleine bevat woongeriewe vir manlike en vroulike studente waar swart dokters, tandartse, veeartse en paramediese personeel opgelei word. Dit is die enigste gespesialiseerde universiteit van sy soort in Afrika en een van weinige in die wêreld gefinansier deur blanke belastingbetalers tot voordeel van uitsluitlik swartes.

Praktiese mediese opleiding vind plaas in die nabygeleë Garankuwa Hospitaal waar die hele spektrum van menslike kwale behandel word. Die hospitaal beskik oor fasiliteite vir nieroorplantings, isotope-eenhede en gespesialiseerde laboratoria vir die praktiese opleiding van 200 dokters per jaar.

In die laat tagtigs was daar in Soweto meer as 2 300 geregistreerde firmas, 1 000 taxi-ondernemers en 50 000 motoreienaars.

In die 1986/1987 boekjaar betaal blankes R9 000 miljoen belasting en swartes R171 miljoen, Indiers R257 miljoen en Kleurlinge R315 miljoen.

In 1985 was 42 000 swart studente aan SA universiteite ingeskryf. Daar was 5 swart universiteite en 28 inrigtings vir hoër onderwys staatsgefinansier

In 1985 is daar 37 diesellokomotiewe en 40 stoomlokomotiewe aan buurlande geleen, waar daar daagliks 6 195 SAVD goederewaens loop teenoor 944 in SA self.

SA voorsien in die graanbehoeftes van sy buurlande en wyer - in 1980 word 250 000 ton mielies na Zambië uitgevoer, 150 000 ton mielies en 50 000 ton koring na Mosambiek, 128 000 ton mielies na Kenia en 100 000 ton mielies na Zimbabwe. Verder ontvang ook Angola, Ivoorkus, Malawi, Mauritius, Tanzanië en Zaïre SA graan. Minstens 12 Afrikastate is volgens die Argus African News Service in so 'n mate afhanklik van SA graan dat 'n totale verbod op in- en uitvoer hulle ekonomies kan vernietig.

SA word aangekla deur die wêreld dat dit 'n polisiestaat is, maar in SA was 1,4 polisiemanne vir elke 1 000 mense, teenoor die ooreenstemmende syfer van 2,2 vir Brittanje, 3,5 vir Israel, 4,3 vir New York, en 10 vir Moskou. In SA was daar in die vorige bedeling sowat 16 292 blanke polisiemanne teenoor 19 177 nie-blank.

SA is aangekla dat dit politieke gevangenes vermoor, maar in 1979-1980 was daar geen sterfgeval in SA tronke nie. In die vorige 10 jaar sterf 37 tydens ondersoekarres, teenoor 274 gedurende diesefde tydperk in Wallis en Engeland.

In die loop van die tagtigerjare het die SA Weermag die Grensoorlog in die noorde van SWA / Angola teen die Russiese en Kubaanse weermagte gewen en het dit 'n sleutelrol gespeel in die uiteindelike val van die Sowjet-ryk. Teen hierdie weermag het die ANC-Umkhonto we Sizwe geen kans gestaan nie en ook geen veldslag gewen nie.

Die vorige SA regering, veral onder oud-pres. PW Botha het sterk probeer om deur politieke “hervormings” by radikale en buitelandse eise aan te pas, maar in sy woorde: “Hoe meer hervorming ons deurvoer, hoe meer word ons verdoem. Hoe meer ons wegbeweeg van apartheid, des te woedender word die internasionale veldtog teen ons…”

Teenoor hierdie feite uit die vorige bedeling word in hierdie artikel geensins feite uit die huidige bedeling afgespeel nie. Daaroor kan egter sekerlik 'n boek, of talle boeke, geskryf word.

Natuurlik was alles in die vorige bedeling nie maanskyn en rose nie en het daar ook slegte dinge gebeur.

Die punt wat egter in hierdie artikel gemaak word, is dat daar in die vorige bedeling in SA veel was wat goed was en was daar dikwels goeie rede waarom dinge gedoen is soos dit gedoen is. 'n Sober en gebalanseerde siening van die verlede en hede dien die beste vir die toekoms.

Met die jongste weergawe van die Wetsontwerp op Suid-Afrikaanse Tale wat tans voor die Parlement dien, het Afrikaans, wat tans op verskillende fronte aanslae moet verduur, voor sy grootste uitdaging nog te staan te kom.

Die wetsontwerp in sy huidige formaat bepaal dat nasionale staatsdepartemente drie tale moet gebruik, waarvan twee sg. voorheen-benadeelde Afrikatale moet wees. Dit beteken dat staatsdepartemente moet kies tussen Afrikaans en Engels om naas twee “benadeelde Afrikatale” te gebruik om dienste aan die publiek te lewer. Dit sluit o.a. in kommunikasie met die publiek, amptelike kennisgewings, staatspublikasies en kommunikasie binne en tussen departemente.

In gevolge hierdie voorneme tel Afrikaans saam met Engels onder die tale wat “voorheen bevoordeel” is.

In die oorgangsgrondwet van 1994 is bepaal dat die posisie van geen taal swakker mag wees as wat dit tevore was nie, maar hierdie bepaling is nie in die Grondwet van die RSA van 1996 opgeneem nie. Artikel (6)1 van die Grondwet stipuleer: “Die amptelike tale van die Republiek is Sepedi, Sesotho, Setswana, siSwati, Tshivenda, Xitsonga, Afrikaans, Engels, isiNdebele, isiXhosa en isiZulu.

Dit is dus duidelik dat die wetsontwerp wat tans dien, ongrondwetlik is, want dit neem regte van burgers van die land weg. Afrikaans is 'n amptelike taal en moet as sodanig konsekwent erken word, ook in alle staatskommunikasie.

Nietemin vorm hierdie wetsontwerp 'n uiters gevaarlike stap in 'n groter patroon om Afrikaans op elke moontlike wyse te ondermyn. Dit sluit o.a. in Afrikaanse onderrig op skool, waar die Afrikaans-mediumskole die afgelope 18 jaar met bykans 80% gekrimp het.

Op universiteitsvlak is daar nie meer 'n enkele enkelmedium Afrikaanse universiteit oor nie en is Afrikaanssprekende studente by bestaande universiteite genoodsaak om dele van hul kursusse in Engels te loop. Van