×

Waarskuwing

JUser: :_load: Kan nie gebruiker laai met id: 68

Print this page

Slegs 5% van R1 miljard droogtehulp betaal

Nadat Suid-Afrika in 2016 die ergste droogte in dekades ervaar het en ses provinsies as rampgebiede verklaar is, nl. KZN, Vrystaat, Mpumalanga, Limpopo, Noordwes en die Noord-Kaap, tesame met sekere distriksmunisipaliteite in die Wes-Kaap en Oos-Kaap, ‘n Droogtetaakspan (DTT) gestig bestaande uit Agri SA, die Land Bank, Agbiz, African Farmers’ Association of SA (Afasa), TLU SA; die Dept. van Landbou, Bosbou en Visserye (DAFF), Nasionale rampbestuursentrum (NDMC), SA Grain Milling, IDC; Bankevereniging SA (BASA), Graan SA en ander kommersiële banke. Die DTT het wyd met verskillende regeringsinstansies oor 'n lang tydperk oor die droogtekrisis beraadslaag en ernstige vertoë gerig vir droogtehulpfinansiering, maar die regering het dit grootliks geïgnoreer. Waar die regering wel fondse as droogtehulp gekanaliseer het, het die DTT bevind dat die diensverskaffers wat deur die regering aangestel is om as middelpersone en –instansies op te tree, a.g.v. swak hantering, onbevoegdheid en korrupsie veel te wense oorgelaat het, om die minste te sê. Nou berig Agri SA dat getuienis gevind is dat slegs sowat 5% van droogtehulp ten bedrae van sowat R1 miljard wat regeringsinstansies bewillig het, by die boerderysektor uitgekom het. Derhalwe is die OB, OG en Skoor gevra om die droogtehulpproses as geheel te ondersoek ten einde onreëlmatige, verkwistende en korrupte praktyke te identifiseer.
Gradeer die artikel
(0 stemme)