Print this page

Grootste mielie-oes ooit vir SA

Luidens die Oesskattingskomitee is vanjaar in SA 15 631 050 ton mielies op 2 628 600 ha verbou. Daarvan is altesaam 9 446 800 ton wit- en 6 164 250 ton geelmielies. Dit bring mee dat die grootste mielie-oes ooit in SA verwag word. In 2016 was die totale mielie-oes bykans die helfte van vanjaar se verwagte oes, naamlik 7 778 500 ton, verbou op 1 964 750 ha. Vanjaar se geskatte oes witmielies is bykans drie keer die 3 408 500 ton van verlede seisoen. Die slegte nuus is egter dat die prys vanjaar af is na R1 500-R1 700/ton, teenoor verlede jaar toe dit by R4 000/ton gedraai het. Dit tref veral kleiner boere en risikogevalle nadelig.
Gradeer die artikel
(0 stemme)