► In Mediumtermynbegroting van Minister van Finansies Tito Mboweni feitlik geen melding van landbou en die geweldige druk op boere oor wydverspreide droogte; op vraag van VF Plus pres. Cyril Ramaphosa ontwykend oor enige bystand aan kommersiële boere ► VF-Plus in Gauteng sê Gauteng Onderwysdepartement moontlik skuldig aan onreëlmatige besteding van R1,2 miljard i.v.m. skoolsvoedingsprojek, dít terwyl die LUR vir Onderwys Panyaza Lesufi Afrikaanse skole vir geringste vermoedelike oortredinge aanspreek ► Dit blyk of dorpe Dewetsdorp, Vanstadensrus en Wepener feitlik geen munisipale dienste ontvang vanaf Mangaung Metro onder wie hulle ingedeel is nie ► Adjunk-pres. David Mabuza op besoek aan China tydens sitting van SA-China Bilaterale Kommissie wys op die talle geïntegreerde tussen die twee lande o.a. dat 65 Chinese maatskappye R116 miljard in SA belê het (hierdie syfer soos genoem, Ditsem Nuus kan nie korrektheid verifieer nie) ► Stad Kaapstad ontvang R300 miljoen van Nederlandse regering om MyCiti snelbusdiens na Khayelitsha en Nyanga uit te brei ► Nederlandse man (35) en vrou (75) in Marlothpark, Komatipoort, vermoor deur versmoring deur hul monde toe te prop, man se vrou en dogter oorleef aanval ► Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers stem 232-196 ten gunste van verdere ondersoek of pres. Donald Trump in staat van beskuldiging geplaas moet word oor Oekraïne ► China Mobile in China maak bekend dat sy 5G-tegnologie, 100 keer vinniger as 4G, nou in 50 stede insluitende Beijing en Sjanghai beskikbaar is ►
In 'n mediaverklaring sê TLU SA: “Die landboubedryf was nie aandadig aan die resessie waarin die land hom tans begeef nie en ons wil die hele landboubedryf en alle boere gelukwens met die prestasie om die landbousektor te laat groei met meer as 22% - terwyl dit met die res van die land sleg gaan. Hierdie is ‘n merkwaardige pluimpie vir die landboubedryf en wys op die deursettingsvermoë van boere om ten spyte van klimatologiese en politieke probleme, steeds een van twee sektore is wat groei terwyl die land in resessie verkeer. “Hierdie inligting volg kort op die hakke van pres. Jacob Zuma se erkenning dat grondeisers nie in grond belangstel nie, maar dat die meerderheid grondeise op finansiële basis skik. Dalk het dit nou vir die regering tyd geword om te kyk wat hy kan doen om die land weer op pad na groei te bring, om die rommelstatus af te skud en wet en orde te herstel, in plaas daarvan om gedurig ‘n aanval op die boere en hulle grond te loods. “Dit is duidelik is dat die sogenaamde grondhonger nie werklik bestaan nie, maar eerder ‘n geldhonger is, terwyl die bestaande kommersiële boere feitlik die enigste is wat nog ekonomiese sukses behaal, bo en behalwe die feit dat hulle steeds kos op die tafel sit. Daarom word dit tyd dat die regering die boere uitlos en toelaat om te boer, sonder om politieke bedreigings voor hulle op te stapel.”
Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top