Print this page

Syngenta betaal R52 miljoen aan boere

Die landbou- en voedselmaatskappy Syngenta gaan van jaar 'n rekordbedrag van R52 miljoen uitbetaal aan al die kwalifiserende mielieprodusente wat gedek is deur hul AgriSafe Risikobestuursplan vir Gewasbeskerming. Dit word gesien as tekenend hoe die Syngenta SmartFarm-strategie produsente ondersteun om winsgewendheid te optimaliseer en hul besigheid te beskerm teen klimaatsverandering en ekonomiese wisselvalligheid.

AgriSafe, wat in 2012 geloods is, is 'n insetkoste-beskermingsplan wat 'n deel van die onsekerheid wegneem wat veroorsaak word deur valutaskommelings, inflasie en wisselvallige kommoditeitspryse in die produsent se daaglikse bedrywighede.

Gradeer die artikel
(0 stemme)