► In Mediumtermynbegroting van Minister van Finansies Tito Mboweni feitlik geen melding van landbou en die geweldige druk op boere oor wydverspreide droogte; op vraag van VF Plus pres. Cyril Ramaphosa ontwykend oor enige bystand aan kommersiële boere ► VF-Plus in Gauteng sê Gauteng Onderwysdepartement moontlik skuldig aan onreëlmatige besteding van R1,2 miljard i.v.m. skoolsvoedingsprojek, dít terwyl die LUR vir Onderwys Panyaza Lesufi Afrikaanse skole vir geringste vermoedelike oortredinge aanspreek ► Dit blyk of dorpe Dewetsdorp, Vanstadensrus en Wepener feitlik geen munisipale dienste ontvang vanaf Mangaung Metro onder wie hulle ingedeel is nie ► Adjunk-pres. David Mabuza op besoek aan China tydens sitting van SA-China Bilaterale Kommissie wys op die talle geïntegreerde tussen die twee lande o.a. dat 65 Chinese maatskappye R116 miljard in SA belê het (hierdie syfer soos genoem, Ditsem Nuus kan nie korrektheid verifieer nie) ► Stad Kaapstad ontvang R300 miljoen van Nederlandse regering om MyCiti snelbusdiens na Khayelitsha en Nyanga uit te brei ► Nederlandse man (35) en vrou (75) in Marlothpark, Komatipoort, vermoor deur versmoring deur hul monde toe te prop, man se vrou en dogter oorleef aanval ► Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers stem 232-196 ten gunste van verdere ondersoek of pres. Donald Trump in staat van beskuldiging geplaas moet word oor Oekraïne ► China Mobile in China maak bekend dat sy 5G-tegnologie, 100 keer vinniger as 4G, nou in 50 stede insluitende Beijing en Sjanghai beskikbaar is ►

MyFarmWeb: Tegnologie vir die boer

In die huidige era van die tegnologiese rewolusie waarin die hoeveelheid kennis in die wêreld telkens verdubbel, het dit ook op die landboubedryf 'n fenomenale invloed. Ten einde daarmee tred te hou, bring dit die landboubedryf voor 'n enorme uitdaging – 'n uitdaging wat Laeveld Agrochem en Agri Technovation die moderne boer help om m.b.v. MyFarmWeb™ aan te spreek.

MyFarmWeb™ is alles wat 'n produsent benodig op een digitale platform – dit bied aan die produsent die vermoë om groot volumes data te verwerk in nuwe bestuurs- en besluitnemingsprosesse en nuwe vlakke van volhoubaarheid en winsgewendheid. D.m.v. presisiemetodes ontgin die stelsel die werklike waarde van die data wat geskep word, deur dit in visuele en bruikbare formaat om te skakel, dit te verwerk en dit dan te interpreteer.

Dit word moontlik gemaak omdat met tegnologie soos die Internet, hommeltuig-tegnologie, satellietverbindings en wolkgebaseerde stelsels ’n massa hoeveelheid inligting op ’n eenvoudiger manier bestuur en benut kan word. Sodoende word ’n oorweldigende berg data omskep in wetenskaplik-gebaseerde inligting, wat tot vinniger en beter besluitneming lei.

Dit alles spruit uit die feit hoe ontsettend kragtig die Internet met sy talle tegnologiese platforms is, soos dit bv. blyk uit die Digital in 2017 Global Overview-verslag dat daar tans ongeveer 3,77 miljard Internet-verbruikers wêreldwyd is (50% van die wêreld se bevolking) en 4,92 miljard selfoongebruikers (66% van die wêreld se bevolking). Voorts spandeer die gemiddelde persoon elke dag vyf ure en 19 minute op die Internet d.m.v. ’n skootrekenaar en een uur en 36 minute op die Internet d.m.v. ’n selfoon, d.w.s. in totaal van ses ure en 55 minute per dag op die Internet.

Hierdie tektoniese verskuiwings het die konsep van besluitnemingsboerdery oftewel Decision Farming™ voortgebring, soos dit verwys na die ewolusie van tradisionele landboupraktyke na digitale kennisgebaseerde presisieboerdery. Vir meer besonderhede, skakel Laeveld Agrochem by 012 940 4398 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of besoek www.laeveld.co.za.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top