►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Landbou dra tans die ekonomie

Dit is verstommend dat die landbousektor van SA met sy sowat 33 000 blanke kommersiële boere wat onder soveel druk van die vyandiggesinde ANC-regering is en onder 'n hoë plaasmoordsyfer gebuk gaan, in die tweede kwartaal van 2017 met 33,6% gegroei het en daarmee grootliks daarvoor verantwoordelik was dat die nasionale ekonomie ‘n groeisyfer van 2,5% vir die kwartaal getoon het. Sodoende is die land tegnies uit 'n resessie gelig.

Die BBP het in die eerste kwartaal van 2017 met 0,7% gekrimp, in opvolging van ‘n afname van 0,3% in die vierde kwartaal van 2016, wat die land in ‘n tegniese resessie gedompel het. In reaksie hierop sê Agri SA in 'n verklaring: “Suid-Afrika is een van die swakste spelers onder die opkomende markekonomieë in die wêreld en dit weens sy onstabiele politieke omgewing en gepaardgaande beleidsonsekerheid, korrupsie en gebrek aan ekonomiese en politieke leierskap.”

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top