► “’n Monument van grootskaalse korrupsie” is hoe Noord-Kaapse premier dr. Zamani Saul nuwe psigiatriese hospitaal in Kimberley geopen het 13 jaar nadat konstruksie begin is @ R290 miljoen, maar nou eers voltooi is teen R2 miljard ►Appèlhof handhaaf beslissing van Noord-Gauteng hooggeregshof dat Cash Paymaster Services (CPS) R316 miljoen aan Sassa moet terugbetaal ►Transnet toon wins van R6 miljard vir finansiële jaar 2018/19; eerste staatsonderneming in baie lank tyd wat wins toon ►Plaasterreur 30 September, Malmesbury, twee aanvallers in plaashuis, huiseienaar skiet een dood ►Groot dele van die land vanaf Limpopo tot in die Wes-Kaap ondervind erge droogtetoestand met minder as 50% van die gemiddelde reënval in 2018/19 seisoen – sien by hierdie skakel hoe in Steytlerville-distrik droogte ervaar word; aan die ander kant sien by hierdie video hoe gejuig word oor goeie reën in distrik Beaufort-Wes ►Kampioen Boran stoetbul genaamd Mr. Million, gekoop vir R1 miljoen, se hakskeensenings deur veediewe op plaas by Brits afgekap, moes vankant gemaak word ►Intensiewe driedaagse-kursus oor in- en uitvoer en internasionale handel aangebied te Midrand, Kaapstad en Durban, kontak Ronell 073 291 0450 of events@norcaz.biz►

“n Selfverduidelikende mediaverklaring van TLU SA oor nuwe swart ekonomiese bemagtigingsvereistes vir die landbousektor lui soos volg: “Die aankondiging deur die regering in die Staatskoerant in Desember 2017 dat die Kode vir Swart Ekonomiese Bemagtiging aangepas word sodat minstens ‘n kwart van elke boerdery voortaan in swart besit moet wees indien daar produkte aan die regering verskaf word, het ‘n bepaalde uitwerking op kleiner boerderye met ‘n omset tussen R10 miljoen en R50 miljoen. .

“TLU SA is oortuig dat kos nie kleur het nie, en gevolglik produseer ons lede voedsel aan alle verbruikers in die land en selfs aan inwoners van buurstate sonder om voorwaardes te stel. Ons is uitgesproke voorstanders van die vryemarkstelsel en van privaatbesit en gevolglik is ons van mening dat hierdie nuutste bepaling dwang impliseer op individuele entrepreneurs ten opsigte van hul voorkeur ekonomiese keuse en reg tot assosiasie - ‘n direkte indruising teen art 18 en art 22 van die Grondwet.”

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top