Print this page

Innoverende digitale monitering van dieselverbruik

Die Product Development Technology Station (PDTS) van die Sentrale Universiteit van Tegnologie (CUT) het pas by Nampo Oesdag 2018 'n innoverende digitale stelsel vir die monitering van dieselverbruik bekendgestel. Die ontwikkeling is deur PDTS gedoen o.l.v. Marinus Potgieter in samewerking met Soutpan Boerediens.

Die toestel word gekoppel aan 'n dieseltenk of dieseltenkwa en deur 'n merker (tag) geaktiveer. 'n Unieke merker word dan toegewys aan elke voertuig waarin diesel getap word en sodoende word dieselverbruik in detail digitaal gemonitor.

Die ontwikkeling kom dus neer op 'n digitale logboek en kan ook vir vervoerkontrakteurs en ander dieselverbruikers in die handel van groot waarde wees. Die koste van die toestel is sowat R16 500. Vir meer besonderhede, kontak Willie van Straaten van Soutpan Boerediens by 083 273 4045.

Gradeer die artikel
(0 stemme)