► In Mediumtermynbegroting van Minister van Finansies Tito Mboweni feitlik geen melding van landbou en die geweldige druk op boere oor wydverspreide droogte; op vraag van VF Plus pres. Cyril Ramaphosa ontwykend oor enige bystand aan kommersiële boere ► VF-Plus in Gauteng sê Gauteng Onderwysdepartement moontlik skuldig aan onreëlmatige besteding van R1,2 miljard i.v.m. skoolsvoedingsprojek, dít terwyl die LUR vir Onderwys Panyaza Lesufi Afrikaanse skole vir geringste vermoedelike oortredinge aanspreek ► Dit blyk of dorpe Dewetsdorp, Vanstadensrus en Wepener feitlik geen munisipale dienste ontvang vanaf Mangaung Metro onder wie hulle ingedeel is nie ► Adjunk-pres. David Mabuza op besoek aan China tydens sitting van SA-China Bilaterale Kommissie wys op die talle geïntegreerde tussen die twee lande o.a. dat 65 Chinese maatskappye R116 miljard in SA belê het (hierdie syfer soos genoem, Ditsem Nuus kan nie korrektheid verifieer nie) ► Stad Kaapstad ontvang R300 miljoen van Nederlandse regering om MyCiti snelbusdiens na Khayelitsha en Nyanga uit te brei ► Nederlandse man (35) en vrou (75) in Marlothpark, Komatipoort, vermoor deur versmoring deur hul monde toe te prop, man se vrou en dogter oorleef aanval ► Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers stem 232-196 ten gunste van verdere ondersoek of pres. Donald Trump in staat van beskuldiging geplaas moet word oor Oekraïne ► China Mobile in China maak bekend dat sy 5G-tegnologie, 100 keer vinniger as 4G, nou in 50 stede insluitende Beijing en Sjanghai beskikbaar is ►

Reeds vir jare is die Hopetown Landbouskou die mees suksesvolle plattelandse skou in die Bo-Karoostreek. Vanjaar word die Skou vanaf 13 tot 16 Februarie aangebied en steeds is die ingesteldheid van die Skoukomitee dat die identiteit dié van ʼn skou is en nie ʼn fees nie, omrede spesifiek erkenning gegee word aan die landbougemeenskap. As sulks bied die Skou ʼn spieëlbeeld van die landbou in die streek – besproeiing, droëland en veebedryf – terwyl verskeie streeks- en nasionale perdekampioenskappe vanjaar weer by die Skou aangebied word.

Daar is ook talle landbou-uitstallings van o.m. trekkers en implemente, asook van aspekte soos lamdosering, planttoerusting en skaapskeertegnieke. Heel gepas is OVK as die grootste landbou-maatskappy in die streek vanjaar weer die hoofborg met finansiële ondersteuning wat onontbeerlik vir suksesvolle aanbieding van die Skou is.

Vir die gefinaliseerde Skouprogram, besoek die Facebookblad van die Skou.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top