Syngenta as een van die toonaangewende agrisakemaatskappye in Suid-Afrika, het vanjaar vir die derde agtereenvolgende jaar 20 geselekteerde jong kommersiële produsente deur ‘n intensiewe drie maandelange leierskapprogram van sy Grain Academy gesit. Die doel daarvan is om ‘n nuwe geslag produsent toe te rus met die vaardighede om die uitdagings die hoof te bied waarmee die moderne landboubedryf te kampe het.