►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►
×

Waarskuwing

JUser: :_load: Kan nie gebruiker laai met id: 70

As een van die min suksesvolle plattelandse skoue in die land, is die Hopetown Landbouskou besig om van krag tot krag te gaan, soos wat die volgende feite omtrent die skou vanjaar vanaf 18-20 Februarie toon:

  • Die toegewyde Skoukomitee is gesteld daarop dat die identiteit van die geleentheid sterk dié van ‘n skou is en nie ‘n fees nie, omrede spesifiek erkenning gegee word aan die landbougemeenskap met sy belange.
  • Die skouterrein word pragtig in stand gehou deur Poy Coetzee, sy helpers en talle vrywilligers.
  • Die Skou bied ‘n uitstekende spieëlbeeld van die florerende landboubedryf – besproeiing, droëland en veebedryf – langs die Oranjerivier en omliggende streek.
  • Dit is ‘n geleentheid waar nie slegs die Hopetown-gemeenskap bymekaarkom nie, maar ook buurdorpe mekaar ontmoet en saamkuier.
    • Die perdekampioenskappe is vanjaar die derde keer deel van die Streekskampioenskappe en sluit aan by Nasionale Saalperdeskou. Vir vanjaar is reeds meer as 200 inskrywings ontvang in sowat 80 perdeklasse, waarvan die jongste ruiters slegs 4 jaar oud is.
    • Op Saterdag 20 Februarie is daar gymkhana met meer as 50 perde en spanne van reg oor die land.
  • In samewerking met OVK word Donderdag 18 Februarie ‘n Slaglamkompetisie aangebied, waarvoor daar gewoonlik tussen 40 en 50 inskrywings is met meer as 200 lammers wat geslag word. Verlede jaar het die wenlam 98.82% op die enkelkarkaskompetisie uitgeslag, terwyl die groep wenpersentasie 92.03% was, wat  fenominale punte is.
  • Daar is talle landbou-uitstallings van o.m. trekkers en implemente groot en klein, lamdosering, planttoerusting en skaapskeertegnieke.
  • Die veteraantrekkeruitstalling beloof om vanjaar weer ‘n groot trekpleister te wees met meer as 20 uitstallers.
    • Die Skoukomitee maak daarop aanspraak dat die plaaslike steak die beste in die land is - tydens die Skou word ongeveer 1 000 steaks oor drie dae verkoop. Daar is ook ‘n gewilde braaikompetisie vir die jongspan met Karoolam hoog op die spyskaart. Die Skou is ‘n Kosfees by uitstek - Boeregasvryheid langs die Oranjerivier sonder weerga.
    • Benewens die fokus op die landbou, is daar ook talle ander kleiner stalletjies wat alles en nog wat te koop aanbied.
    • Te midde van die vol Skouprogram is daar ook die kroning van Mej. Hopetown Skou, kindervermaak by ‘n pretpark en ‘n fietswedren.
    • Die gewilde Herman Grobbelaar is al vir jare die gaskunstenaar en is ook verantwoordelik vir die klank by die Skou. Vanjaar is hy weer op sy pos, terwyl die Skoukomitee besluit het om ter wille van leefbare klank nie nog ‘n gaskunstenaar te nooi nie.
    • Jaarliks gaan sowat 3 000 pare voete deur die skouhek.


Vir meer besonderhede, kontak  Poy Coetzee by 082 550 5130 of Niel Strauss by 082 940 9478

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top