► Pres. Cyril Ramaphosa vra nasionale dialoog oor moontlikheid om pensioenfondse in bankrot staatsondernemings te belê – “Ons finansiële bronne is uitgeput, terwyl ons ontwikkelingsbehoeftes enorm is” ► Vraag op sosiale media: Hoekom kry regering nie die miljarde staatsgeld wat gesteel is terug nie, maar wil nou die pensioengeld vat van mense wat hard gewerk het daarvoor en toegewyd gespaar het? ► Menseregtekommissie oorweeg stappe teen Ernst Roets van AfriForum oor vertoon van vorige landsvlag op sosiale media, word as “verdelend” beskou ► Petroljoggies landswyd dreig om volgende week te staak oor salarisse, eis verhoging van 12%, maar werkgewers bied slegs 5% ► Brian Molefe, voormalige hoof van Eskom, moes gister meer as R10 miljoen aan Eskom pensioenfonds terugbetaal as onwettig ontvang, maar nog geen teken daarvan nie ► Veldbrand wat versprei tot in St. Francisbaai verwoes 12 huise tot die grond toe ► Storm oor aanranding van blanke kleuters deur swart personeel by Myne Maatjies Dagsorg Sentrum in Randfontein, ouers woedend, drie persone gearresteer, MRK swyg soos graf ► Lastereis van oud-minister Derek Hanekom van R500 000 teen oud-pres. Jacob Zuma, vandag in hooggeregshof in Durban aangehoor, eis omdat Zuma Hanekom “apartheidspioen” genoem het ► Curriebekerreeks word hierdie naweek voortgesit, met slegs Griekwas wat verseker is van plek in halfeindstryd ►

Die jaarlikse NAMPO Oesdag by Bothaville wat vanjaar vanaf 17 – 20 Mei gehou word, vier ‘n baanrekord van 50 jaar wat strek vanaf ‘n beskeie begin in 1967 tot die gediversifiseerde landbouhandelskou op wêreldstandaard vandag. By die eerste geleentheid was ‘n totaal van 8 uitstallers en 203 besoekers, maar op hierdie stadium trek die geleentheid sowat 650 uitstallers en bykans 70 000 besoekers.

Volgens die voorsitter van NAMPO Oesdag Cobus van Coller kan vanjaar by die skou ondanks die strawwe droogte weereens ‘n uitstekende opkoms i.t.v. uitstallers en besoekers verwag word. Uitstallers wissel van die mees gesofistikeerde megatrekkers en landbou-implemente tot ‘n groot verskeidenheid groot- en kleinveevertoners, trouens enige iemand wat naastenby ‘n verband het met die landboubedryf bedryf graag ‘n uitstalruimte by NAMPO Oesdag.

Voorts is daar oor die vier dae ook ‘n spesiale damesprogram met talle interessante items. Dan natuurlik is daar tot oorlopens te eet en drink by die skou. Met toenemende buitelandse belangstelling in die skou, staan die aantal buitelandse uitstallers tans op meer as 60.

Die inligting en produkte van uitstallers is ook beskikbaar via ‘n spesiale NAMPO “app” of toepassing spesiaal vir slimfone en tablette en wat gratis verkrygbaar is by enige aanlyn winkel.

Kaartjies is beskikbaar op die webwerf www.ticketpros.co.za of by winkels gespesifiseer op www.nampo.co.za of by die hekke. Vir meer inligting, besoek www.nampo.co.za of www.grainsa.co.za of nampo.mobi.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top