► In Mediumtermynbegroting van Minister van Finansies Tito Mboweni feitlik geen melding van landbou en die geweldige druk op boere oor wydverspreide droogte; op vraag van VF Plus pres. Cyril Ramaphosa ontwykend oor enige bystand aan kommersiële boere ► VF-Plus in Gauteng sê Gauteng Onderwysdepartement moontlik skuldig aan onreëlmatige besteding van R1,2 miljard i.v.m. skoolsvoedingsprojek, dít terwyl die LUR vir Onderwys Panyaza Lesufi Afrikaanse skole vir geringste vermoedelike oortredinge aanspreek ► Dit blyk of dorpe Dewetsdorp, Vanstadensrus en Wepener feitlik geen munisipale dienste ontvang vanaf Mangaung Metro onder wie hulle ingedeel is nie ► Adjunk-pres. David Mabuza op besoek aan China tydens sitting van SA-China Bilaterale Kommissie wys op die talle geïntegreerde tussen die twee lande o.a. dat 65 Chinese maatskappye R116 miljard in SA belê het (hierdie syfer soos genoem, Ditsem Nuus kan nie korrektheid verifieer nie) ► Stad Kaapstad ontvang R300 miljoen van Nederlandse regering om MyCiti snelbusdiens na Khayelitsha en Nyanga uit te brei ► Nederlandse man (35) en vrou (75) in Marlothpark, Komatipoort, vermoor deur versmoring deur hul monde toe te prop, man se vrou en dogter oorleef aanval ► Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers stem 232-196 ten gunste van verdere ondersoek of pres. Donald Trump in staat van beskuldiging geplaas moet word oor Oekraïne ► China Mobile in China maak bekend dat sy 5G-tegnologie, 100 keer vinniger as 4G, nou in 50 stede insluitende Beijing en Sjanghai beskikbaar is ►

Brief aan Verbruikers van SA

Het jy al geëet vandag? Bedank dan die boer en sy plaaswerker, want sonder die boer is daar geen kos en sonder kos is daar geen toekoms. Natuurlik mag ons Hemelse Vader se voorsiening nie uit die oog verloor word nie.
Kan jy nog onthou waar die melk oor die pap en in die koffie vandaan kom? Of die vleisie wat so sissend braai op die kole as Wêreldbeker rugby gekyk word?
Inderdaad kom dit uit die yskas van ‘n winkel, maar dis nie waar alles begin nie. Dit begin op ‘n plaas, waar ‘n boer en sy werkers lang ure in wind en weer en versengende sonskyn moet werk om daardie produk so te kry dat jy as verbruiker daarmee tevrede kan wees en dit geniet.
Ons boere is positiewe mense. Hulle boer omdat hulle wil boer, en omdat dit vir hulle bevrediging gee as jy as verbruiker hulle produkte geniet. Die boere hou daarvan as hulle positiewe wenke van die verbruiker kry oor hoe om hulle produk nog beter en nog smaakliker te maak. Trouens, daar word jaarliks miljoene rande in landbou-navorsing belê juis om seker te maak dat die produsent, die boer, altyd ‘n stappie voor is sodat u as verbruiker juis tevrede moet bly.
Waarvan die boer egter nie hou nie, is wanneer hy bedreig word. Baie van die grond het lang familiegeskiedenisse. Geslagte boere en plaaswerkers het daar gekom en gegaan, saam swaargekry en saam gejuig oor elke suksesvolle oes.
Nou is daar mense buite die landbou wat vir die boer wil vertel wat met sy grond moet gebeur. Daar is ‘n regering wat ‘n beleidsomgewing skep wat dit vir boere al moeiliker maak om voort te gaan met hulle besigheid.
Jy as verbruiker het seker al gehoor van terme soos “grondhervorming” en “transformasie”? Hierdie is wesenlike bedreigings wat die boere tans in die gesig staar.
Helaas gaan hierdie bedreigings nie net beperk bly tot die landbougemeenskap nie. Onlangs was daar groot gewag gemaak van ‘n grondeis in ‘n stedelike gebied oos van Pretoria. Grondeise kan weer ingedien word tot 2019 en waarskynlik gaan nie-landbougrond ook erg geraak word.
Dit is nie net die eiendomsreg van elke grondbesitter wat op risiko geplaas word nie. Die SA Grondwet definieer eiendom ook as roerende goed en ons wil nou nie die bobbejaan agter die bult gaan haal nie, maar die beginsel van private besitreg is in die gedrang. Voedselprodusente en voedselverbruikers behoort hierin saam te werk.
Ons boere produseer voedsel vir nagenoeg 60 miljoen mense in die land en in goeie tye voer ons selfs uit. Daarenteen het tussen 75 en 90% van die grondhervormingsprojekte reeds misluk, wat beteken daardie plase produseer nie meer voedsel nie.
Intussen word die inwoners in die land steeds meer, as gevolg van natuurlike aanwas aan die een kant, maar ook byna onbeheerste instroming vanuit die noorde aan die ander kant. Almal het kos nodig, maar beskikbare landbougrond word minder, wat op sy beurt weer beteken daar word afgestuur op voedselskaarste.
Nog die boer nog die verbruiker gaan dit oorleef as daar gepeuter word met die bewese beginsels van die vryemark ekonomiese bestel nie. Een van die fondamente van die vryemarkstelsel is juis private besitreg en onbelemmerde ondernemerskap, waardeur elkeen ongebonde seggenskap het in sy eie besigheid.
As TLU SA dan sê: “Geen boer, geen kos, geen toekoms”, is dit die wens dat die verbruiker homself daarby sal aansluit tot wedersydse voordeel van ons almal.
Vir meer inligting, besoek gerus www.tlu.co.za.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top