► Op AfriForum Netwerk, aanlyn databasis van ondernemings wat in Afrikaans sake doen, al sowat 2 000 sake-ondernemings geregistreer ► Groep van ondersoekende joernaliste bekend as amaBhungane toon in verslag dat EFF-lede na bewering voordeel getrek het uit brandstoftender van bykans R500 miljoen van Tshwane in Januarie 2019 ► Arvitha Doodnath, jong regsdosent, by Vaal Universiteit van Tegnologie, Saterdagaand in Johannesburg doodgeskiet tydens motorkaping ► Einde Junie 2019 10,2 miljoen verbruikers in SA het skuldprobleme en verswakte kredietgeskiedenis, swakste sedert Junie 2015 ► Eben Etzebeth dien deur sy prokureurs teenaanklag in by MRK en vra dat hul saak by Gelykheidshof in hersiening geneem word ► Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) waarsku in jaarverslag dat 4de-nywerheidsrewolusie (4NR) en tegnologiese outomatisasie in SA kan lei tot derduisende werksverliese regdeur hele ekonomie ► Pres. Xi Jinping waarsku, met verwysings na aanhoudende betogings in Hong Kong, dat “enige pogings om China te verdeel sal lei tot gebreekte liggame en beendere tot poeier gemaal” ► Siriese weermag span kordon soldate en wapentuig oor hele linie tussen Turkse invalsmag en Koerdiese gebied; pres. Trump dreig Turkye met sanksies wat hul “ekonomie kan breek” ► Spaanse hof lê tronkstraf op vir 9 leiers van afskeidingsbeweging in Katalonië, vra vir uitlewering van hoofleier Carles Puigdemont wat in 2017 na België gevlug het ►

Misdaad kos Vrystaat R1,4 miljard per jaar

Volgens Vrystaat Landbou (VL) kos misdaad in die landelike gebiede van die provinsie die provinsie jaarliks minstens sowat R1,4 miljard. Volgens ‘n opname in die Virginia-distrik, staan hulle jaarliks beraamde verliese ten opsigte van voertuig-, vee- en algemene diefstal asook huisbrake/inbrake op tussen R3,83 miljoen en R6,863 miljoen. Nie hierby ingereken nie, is die nie-rapporteringsyfer van tussen 20%-50%, en kan die waarde eksponensieël vermeerder tot nagenoeg R10 miljoen. Die tipe diefstal wat kommersiële boere van Virginia die meeste ervaar, is skroot (wat diefstal van ysterpale, sonpanele en sinkplate insluit) gevolg deur koperkabel diefstal, diefstal van mielies en diesel.

Die Virginia distrik word verder geraak deur zama-zamas wat oor landbougrond pendel veral langs spoorlyne en dit bring diefstal van skroot/sonpanele en selfs deure, venters, ens. mee.  Die Virginia-area word voorts omring deur myne waarop daar verbode immigrante woonagtig is en wat hulself skuldig maak aan allerlei diefstal en wanpraktyke. VL het die statistiek en feite m.b.t. Virginia-boere na die res van die provinsie se 81 dorpe uitgebrei en tot die slotsom gekom van verliese van sowat R1,4 miljard vir die provinsie as geheel. Die volledige opname oor Virginia is hier beskikbaar. 

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top