►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Feitlik die hele land juig na die wydverspreide en deurdringende reëns die afgelope 10 dae. Van die gebiede soos in die Suid- en Wes-Vrystaat, dele van Noordwes, groot dele van die Noord-Kaap, ens. wat van die ergste droogte in menseheugenis ondervind het, het reënval van dikwels meer as 100 mm ontvang. ‘n Plek soos Taung het meer as 93 mm op een dag ontvang, wat die vorige rekord van 79 mm op een dag oortref. In Gauteng is selfs vloede met lewensverlies ervaar. Oor die algemeen het die watervlak van opgaardamme drasties verbeter en is bv. die Vaaldam reeds sowat 58% vol. Dit is veral die kommersiële landbousektor wat swaar gebuk gaan onder skuldvlakke, vir wie die reën groot uitkoms en nuwe hoop gebring het. Die reëns word ook deur Christene gesien as gebedsverhoring. Daar is egter dele waar nog geen of min reën geval het, soos bv. in die distrik van Kenhardt in die Boesmanland. 

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top