► In Mediumtermynbegroting van Minister van Finansies Tito Mboweni feitlik geen melding van landbou en die geweldige druk op boere oor wydverspreide droogte; op vraag van VF Plus pres. Cyril Ramaphosa ontwykend oor enige bystand aan kommersiële boere ► VF-Plus in Gauteng sê Gauteng Onderwysdepartement moontlik skuldig aan onreëlmatige besteding van R1,2 miljard i.v.m. skoolsvoedingsprojek, dít terwyl die LUR vir Onderwys Panyaza Lesufi Afrikaanse skole vir geringste vermoedelike oortredinge aanspreek ► Dit blyk of dorpe Dewetsdorp, Vanstadensrus en Wepener feitlik geen munisipale dienste ontvang vanaf Mangaung Metro onder wie hulle ingedeel is nie ► Adjunk-pres. David Mabuza op besoek aan China tydens sitting van SA-China Bilaterale Kommissie wys op die talle geïntegreerde tussen die twee lande o.a. dat 65 Chinese maatskappye R116 miljard in SA belê het (hierdie syfer soos genoem, Ditsem Nuus kan nie korrektheid verifieer nie) ► Stad Kaapstad ontvang R300 miljoen van Nederlandse regering om MyCiti snelbusdiens na Khayelitsha en Nyanga uit te brei ► Nederlandse man (35) en vrou (75) in Marlothpark, Komatipoort, vermoor deur versmoring deur hul monde toe te prop, man se vrou en dogter oorleef aanval ► Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers stem 232-196 ten gunste van verdere ondersoek of pres. Donald Trump in staat van beskuldiging geplaas moet word oor Oekraïne ► China Mobile in China maak bekend dat sy 5G-tegnologie, 100 keer vinniger as 4G, nou in 50 stede insluitende Beijing en Sjanghai beskikbaar is ►
'n Selfverduidelikende mediaverklaring van die VF Plus lui soos volg: “In wat dui op grootskaalse korrupsie het altesame 658 Polisiedossiere sedert 2013 van SAPD-speurtakke regoor…
Die grootskaalse vernietiging van infrastruktuur in die Wes-Kaap en onophoudelike gewelddadige betogings dui daarop dat 'n georkestreerde en doelgerigte terreurveldtog gevoer word om die DA-beheerde…
By Huis Davidtsz vir Bejaardes in die middestad van Pretoria met sy sewe verdiepings het 'n aaklige krisis ontstaan toe swart personeel weens loongeskille gestaak…
In die jare na 2009 toe Ace Magashule premier van die Vrystaat geword het, was Mathabo Leeto die uitvoerende burgemeester van Matjhabeng Munisipaliteit te Welkom…
Ditsem Nuus beskik oor 'n skrikwekkende lang lys van blankes wat net in Julie 2018 tot dusver in hul wonings blatant doodgemaak is, eintlik bloot…
Die vakbond Solidariteit het 'n deurbraak-hofbeslissing in sy guns gekry toe die Grondwethof in die uitgerekte SARIPA-saak beslis het dat die lukrake toepassing van regstellende…
Bladsy 7 van 27
Go to top