►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Skokverslag oor verkragtings deur SAPD

Die SA Instituut vir Rasse-aangeleenthede (SAIRA) het ‘n verslag getiteld “The Broken Blue Line” vrygestel waarin skokkende getuienis geopenbaar word oor lukrake verkragtings deur Polisiemanne in uniform van vroue in SA. Volgens die verslag, wat Polisie-betrokkenheid by ernstige misdaad en van Polisiebeamptes met misdaadrekords aan die lig stel, is ‘n tipiese gedragspatroon dat ‘n Polisieman ‘n jong vrou in ‘n openbare plek sal aankeer, haar in ‘n Polisievoertuig sal laai en haar dan gaan verkrag voordat sy weer vrygelaat word. Verkragtings vind ook gereeld in Polisieselle plaas en ‘n geval het selfs al in ‘n hoflokaal plaasgevind. Daar is aanduidings dat sowat 1 500 Polisilede kriminele rekords het, oftewel meer as een uit elke 100 Polisiebeamptes. Daar is ook getuienis dat SAPD-lede agter tralies steeds hul maandelikse salarisse ontvang. Die hoofuitvoerende beampte van die SAIRA Frans Cronjé sê dat die verslag, wat oor die tydperk 2011 tot 2015 opgestel is, een van die mees ontstellendste is waarmee hy nog te doen gehad het. Vir meer besonderhede, besoek www.dailymail.co.uk.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top