Print this page

Verlore Polisie-vuurwapens

AfriForum gaan met twee hofaansoeke voort om die volledige syfers van
gesteelde vuurwapens wat tussen 2009 en 2014 in die staat se besit was, openbaar te maak. Dit volg ná ‘n brief van Minister van Polisie  Nkosinathi Nhleko waarin hy o.a. sê dat die openbaarmaking van dié syfers ‘n risiko vir nasionale veiligheid is.

“Dit is juis die minister se poging om dié syfers te probeer wegsteek wat ‘n nasionale veiligheidsrisiko is - nie die openbaarmaking daarvan deur AfriForum nie,” sê Ian Cameron, AfriForum hoof van gemeenskapsveiligheid in ‘n mediaverklaring.

“Voorlopige syfers dui daarop dat byna 7 000 vuurwapens self deur die Polisie as
gesteel of verlore aangemeld is. Dié inligting moet openbaar gemaak word sodat
die nodige stappe teen skuldige partye geneem kan word. Die staat ontmoedig aansoeke deur die publiek om wapens vir die persoonlike beskerming van lewe en eiendom te verkry, terwyl die staat groot hoeveelhede wapens verloor en die publiek nie kan beveilig nie.

“Wapens wat deur die Polisie verloor is, word in aanvalle teen die publiek gebruik -  maar die publiek se reg op selfbeskerming word bedreig. Roof met verswarende omstandighede het in die afgelope vyf jaar met meer as 27% toegeneem. Die vraag bestaan dus of dié syfer minder sou wees as daar minder polisiewapens or straat was,” aldus Cameron in die mediaverklaring.

Gradeer die artikel
(0 stemme)