► Volgens SA in Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRV) toon jongste misdaadstatistiek vir SAPD tesame met vorige statistiek dat sedert 1994 in SA sowat 500 000 moorde gepleeg is en 1 miljoen verkragtings ► Prof. Rudolph Zinn van Unisa sê uit navorsing blyk dit dat van die misdadigers voer tot 107 misdrywe uit voordat hulle gearresteer word ► Solidariteit Netwerk loods nuwe Sol-Tech kampus in Pretoria teen koste van R300 miljoen, sal huidige kampus vir 1 200 studente verdubbel en sal na verwagting deure open in Januarie 2021 ► Kyk by hierdie video hoe top bevelvoerders van SA Vloot en Lugmag in Parlement getuig hoe vloot en lugmag op rand van ineenstorting is ► Vrou (55) in Oos-Vrystaat gisteraand terwyl sy gebad op ‘n plaas aangeval en verkrag, aanvaller vlug en niks gesteel nie ► Op die Economic Freedom of the World (EFW) 2019 verslag val Suid-Afrika 54 plekke na nr. 101 uit 162 lande, vanaf plek 47 in 2000 – volg hierdie skakel vir meer inligting ►Dit lyk of Britse premier Boris Johnson ‘n deurbraak met Brexit kan maak na ooreenkoms oor grensbeheer met Ierse Democratic Unionist Party (DUP) ► Voormalige Bok-afrigter Peter de Villiers sê hy gaan nie Springbokke vanjaar by Wêreldbeker ondersteun nie, omrede vroeëre betrokkenheid van Eben Etzebeth by onderonsie met twee bruin mense in Langebaan ►

Nuutste SAPD misdaad-statistiek

Hoewel die nasionale misdaadstatistieke bekendgemaak deur Minister van Polisie Nathi Nhleko en Nasionale Polisiekommissaris lt.genl. Khomotso Phahlane oor die algemeen toon dat die voorkoms van misdaad in die land gestabiliseer het en in verskillende kategorieë nie veel toename of afname weerspieël nie, blyk dit tog dat huisroof met 63% oor die afgelope 10 jaar gestyg het. Die moordsyfer wys wel slegs ‘n styging van 3,2%, maar dit verteenwoordig ’n getal van 18 673 mense wat die afgelope jaar in SA vermoor is. Voorts is voertuigkaping met ’n styging van 14,3%  en roof met verswarende omstandighede met ’n styging van 2,7% ook kommerwekkende aspekte. ‘n Brandende vraag is presies wat is die positiewe impak van die buurtwagstelsel wat AfriForum wyd in die land in stede en dorpe geïmplementeer het, op die voorkoms van misdaad en dus die gevolglike statistieke? Daar bestaan sterk vermoede dat as dit nie vir die burgerlike AfriForum-buurtwagte was nie, het die statistieke veel anders daaruit gesien. Nog ‘n vraag is, hoe betroubaar is die SAPD-statistieke in elk geval, bv. dit verteenwoordig net aangemelde sake en nie werklike voorvalle nie, bv. in die geval van aanrandings, vekragtings, straatrooftogte, ens. 

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top