►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Kort misdaadverslag

Lourie (60) en Celia van der Merwe (60) van Steynstraat 38, Marquard, is die afgelope Saterdag om ongeveer 23:00 in hul huis deur ‘n aanvaller en deur messteke en houe met gewigte oor die kop wreedaardig aangerand. Die aanvaller het brandstof en chemikalieë oor Lourie uitgegooi en Celia beveel om hom aan die brand te steek. Sy het geweier. Die aanvaller het toe van die chemikalieë in Lourie se oë gegooi, die skade waarvan nog bepaal moet word. Die egpaar het hulself hewiglik teengesit waarna die aanvaller gevlug het met ‘n selfoon en R200. Te Polokwane (Pietersburg), h/v Logan- en Marcusstraat, is Tanya Wiers (44) oordag dood in haar huis aangetref terwyl haar man by sy werk en haar kinders in die skool was – sy is met ‘n steakmes doodgesteek, haar oë is uitgesteek, haar langbroek en onderklere uitgetrek en die naam Tefo is met die steakmes in ‘n kasdeur uitgekerf. ‘n 25-jarige man is reeds in hegtenis geneem met juweliersware van Wiers in sy besit, maar daar word na nog verdagtes gesoek.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top