►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

AfriForum en SA Polisie sluit ooreenkoms

AfriForum en die SA Polisiediens (SAPD) het verlede maand ʼn geskiedkundige en betekenisvolle samewerkingsooreenkoms onderteken met die doel om misdaad te bekamp en gemeenskappe meer betrokke te kry by die voorkoming van misdaad. Die waarnemende nasionale Polisiekommissaris, lt.genl. Khomotso Phahlane, het die memorandum namens die SAPD onderteken en Ian Cameron, AfriForum hoof van Gemeenskapsveiligheid namens AfriForum. Kragtens die ooreenkoms onderneem die partye om mekaar wanneer nodig en waar toepaslik behulpsaam te wees, om met mekaar te skakel oor hoe AfriForum sy aktiwiteite met die strategiese doelwitte van die SAPD kan belyn en om te verseker dat inligting deur die AfriForum-strukture verkry, wat die SAPD behulpsaam kan wees om misdaad te bestry, gedeel word. In die praktyk behaal die AfriForum-buurtwagstelsel dwarsdeur die land groot sukses en word dit as ‘n deurbraak beskou dat die SAPD onder lt.genl. Phahlane, formeel daaraan gekoppel word.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top