►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Adv. Gerrie Nel na AfriForum

Daar is gister op ‘n mediakonferensie bekendgemaak dat die bekende staatsaanklaer by die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), adv. Gerrie Nel, met 24 uur kennisgewing bedank het en by AfriForum aangesluit het waar hy ‘n nuwe private vervolgingseenheid op die been gaan bring. Nel, wat bekendstaan as “die bulhond” vanweë suksesvolle vervolgings in verskeie hoëprofielsake, sê dat daar geen politieke oogmerke is met sy skuif nie, maar dat sy nuwe eenheid binne wetlike riglyne gaan fokus op sake waarin die NVG besluit het om nie te vervolg nie. Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, sê: “Korrupte mense moet weet niemand is bo die reg verhewe nie – selfs nie die land se president nie.” Die nuus van Nel se aansluiting by AfriForum het skokgolwe deur die radikale swart politieke spektrum gestuur en word dit volgens kommentaar as ‘n groot bedreiging gesien. 

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top