►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Dronkbestuur-regter steeds volle salaris

Dit blyk dat ná nege jaar is die veroordeelde dronkbestuur-regter Nkola Motata, steeds met volle salaris op spesiale verlof en kos hy die belastingbetaler reeds byna R14 miljoen. Minister van Justisie en Korrektiewe Dienste Michael Masutha het hierdie inligting verstrek in antwoord op ʼn Parlementêre vraag van die VF Plus. Motata is in 2009 in die Johannesburgse Hooggeregshof skuldig bevind op ʼn aanklag van dronkbestuur en is gevonnis tot ʼn boete van R20 000 of 12 maande gevangenisstraf. Dit blyk voorts dat die regsproses teen Motata steeds nie afgehandel is nie en dit die afgelope nege jaar uitgerek is met verskeie regsaksies van die geskorste regter oor tegniese regsaspekte. Die aangeleentheid dien tans voor die Regterlike Gedragstribunaal. 

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top