►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Reeks wreedaardige plaasmoorde

Smuts Egpaar Smuts Egpaar

Die land staan verstom in die lig van die reeks wreedaardige en brutale plaasmoorde wat reeds vandeesmaand gepleeg is, met altesaam 11 mense wat van die begin van Februarie 2017 af op plase vermoor is en 30 plaasaanvalle wat landswyd voorgekom het. Die jongste noodlottige aanval was op die plaas Modderbult in die distrik Balfour waar Louis Smuts (48) en sy vrou, Belinda (42) en Louis se ouers, Gert (78) en Paulina (77), op 13 Februarie 2017 met skote in die agterkop vermoor is.
Op dieselfde dag is Ryno Janse van Rensburg (36) op ’ n hoewe in die Roodekuil-gebied buite Bela-Bela (Warmbad) vermoor. Op 14 Februarie is ‘ n egpaar op ’ n plaas in die Koster-distrik in Noordwes aangerand, maar hulle het met hul lewe daarvan afgekom en dieselfde geld ‘ n egpaar in Tzaneen op 12 Februarie.
Ander aanvalle in Februarie was: 1 Februarie: Trevor Rees (76) word in die Underberg-gebied in KwaZulu-Natal aangeval, hy is drie dae later dood / 2 Februarie: Nicholaas Harmse sterf in ’ n hoewe-aanval in Kameeldrift-Wes buite Pretoria / Nog ‘ n man sterf in ‘ n hoewe-aanval buite Pretoria / 3 Februarie: Danie Kilian word op Leeupoort buite Bela-Bela (Warmbad) vermoor / 6 Februarie: Pieter Hendrik Pieterse word op ’ n plaas buite Lephalale (Ellisras) vermoor / 8 Februarie: Niels Erichsen word op ’ n hoewe buite Rustenburg aangeval en is drie dae later dood.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top