► Navorsing van Solidariteit toon dat die blanke bevolking van die land van 0-14 jaar met sowat 17 000 toegeneem het en dat totale blanke bevolking sedert verlede jaar met 130 000 mense gegroei het; dus groot behoefte aan werkskepping vir blankes ► Ditsem Nuus skep opwindende digitale markplein, DitsemMarkplein, vir Afrikaanssprekende- en Afrikaner-besighede op Telegram-program vir selfone – om te besoek en in te skakel, volg hierdie skakel ► Solidariteit kondig omvattende wettige belastingprotesveldtog aan, insluitende minstens ses regsaksies, teen staatsondernemings en belastingplunderaars, sê staat kan nie belasting gebruik om te steel nie ► Met ʼn skuld van R441 miljard toon Eskom bedryfsverlies vir 2018/19 finansiële jaar van R20,7 miljard in vergelyking van R2,3 miljard in 2017/18 finansiële jaar, dus styging van 800% in verlies; munisipale skuld by Eskom styg van R13,6 miljard na R19,9 miljard ► Minister van Openbare Ondernemings Pravin Gordhan kondig aan dat huidige voorsitter van raad van Eskom Jabu Mabuza ook aangestel is as waarnemende uitvoerende hoof ► Verslag van Stats SA toon dat werkloosheidskoers in SA van 27,6% in eerste kwartaal gestyg het na 29% in tweede kwartaal, na raming 17 miljoen werkloses in Suid-Afrika; vermoede dat werklike werkloosheid minstens 60% kan wees ► Diensbetogers te Petrus-Steyn brand uit frustrasie huis van ANC burgermeester Mamiki Mokoena van Nketoana Munisipaliteit af; geen drinkwater in die dorp nie ► In Pretoria staak munisipale werkers van SAMWU met looneis van 18% verhoging, terwyl inflasiekoers ongeveer 5% is; staking gepaard met vandalisme van infrastruktuur en intimidasie van publiek – kyk hierdie videogreep ► AfriForum beraadslaag met Marloth Park Belastingbetalersvereniging ten einde vestiging van steenkoolmyn van 18 000 ha op drumpel van Kruger Nasionale wildtuin by Krokodilbrughek teen te staan ► Groot verdeeldheid in ANC oor ʼn voormalige minister Derek Hanekom met Ace Magashule en Jacob Zuma wat sê hy was “apartheidspioen”, terwyl ANC-veterane en andere hom verdedig as gerespekteerde lid van ANC ► Kyk by hierdie videogreep hoe gemeenskapslede te Burgersfort volgens sosiale media SAPD-beamptes behandel ► Volgens Parlementêre antwoord van Minister van Maatskaplike Ontwikkeling Lindiwe Zulu, is pensioentrekkers en ander begunstigdes afgelope jaar uit maatskaplike toelaes van gesamentlik meer as R21 miljoen bedrieg, terwyl staatsamptenare op bedrieglike wyse R5,4 miljoen in sak gesteek het vir onbehoorlike siekte verlof ► Gereelde georganiseerde betogings en nagwake voor SA Hoë Kommissariaat in Ottawa, Kanada, teen geweldsmisdaad in SA insluitende teen boere, asook teen etniese suiwering, rassisme en korrupsie ► Op Vrouedag 9 Augustus Antieke & Versamelaarsmark by Voortrekkersmonument, Pretoria, 09:00 tot 15:00, alle stalletjie volbespreek, toegang R30 per voertuig, geen troeteldiere ►

Afrikaans as een van die jongste spruite uit die Germaanse taalstal het sy beslag gekry met volksvestiging in 1652 aan die Kaap en geleidelik vorm aangeneem as unieke inheemse Afrikataal. ‘n Geskiedkundige stap was toe op 15 Januarie 1875 De Afrikaanse Patriot as eerste publikasie in Afrikaans gepubliseer is.

Formeel word die stigting van Afrikaans deur agt manne van die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) op 14 Augustus 1875 egter beskou as die geboortedag van Afrikaans. Sedertdien het die taal, ondanks telkense imperialistitiese onderdrukking, van krag tot krag gegaan en ontwikkel tot ‘n volwaardige taal in eie reg.

In 1925 is Afrikaans erken as een van die amptelike landstale naas Engels. Nog ‘n sleutelstap was die publisering in 1933 van die volledige Bybel in Afrikaans. Op elke lewensterrein het Afrikaans met sy woordeskat tot ontplooiing gekom as linguïsties ‘n taal van wêreldgehalte. In 1994 met die nuwe grondwetlike bedeling in die land is Afrikaans ingesluit as een van die 11 amptelike landstale.

In die huidige bedeling is daar direk en indirek egter ‘n veldtog teen Afrikaans en ook die Afrikaner en staan die taal vandag voor nuwe uitdagings, soos bv. om sy status as onderrigmedium op skool- en tersiêre vlak te behou. ‘n Nuwe stryd vir die handhawing en uitbou van Afrikaans het kennelik ontbrand.

Desondanks beleef Afrikaans ‘n nuwe bloeitydperk i.t.v. gepubliseerde literatuur (wetenskaplik sowel as fiksie), rolprente, lewende kunste, liedjies en musiek, ens. Trouens, nie een ander taal in die land, afgesien van Engels, het naastenby die kultuurproduksie as wat in Afrikaans gelewer word nie en staan Afrikaans kop en skouers uit.

Afrikaans staan kennelik op 144 sterker as ooit en gaan dit trouens van krag tot krag. As tans die huistaal van sowat 7 miljoen mense wêreldwyd, kan Afrikaans nie beter beskryf word as wat ene Mariaan Burger dit soos volg gesê het nie:

Ken jy die taal wat so dans in die Suidland?

Ken jy haar?

Sy dans dwarsoor ons land, want sy is gebore uit die aarde van die veelkleurige suide van Afrika.

Sy is perfek vir elke geleentheid, van die doodgewone gesprek tot die uitnemendste digkuns of vakterme.

Nêrens in die wêreld kan 'n ander jou so lekker slegsê, laat huil, of laat lag soos sy nie. Nêrens kan jy so opreg bid of vurig vry soos met haar nie.

Haar naam is Afrikaans, want sy is ons moedertaal.

Sy kry seer as sy deur Engels verdryf word, deur haar eie mense misken en verban word. Sy ween as haar kinders in skole en universiteite haar onderrig geweier word, as sy nie as wêreldgehalte beskou word nie.

Dit breek haar hart as sy verwring en verengels word, as awesome beter as asemrowend word.

Sy is tot sterwens toe siek as haar eie mense haar so minag en verneder.

Gaan ons haar red vir die nageslag of begrawe? Die keuse lê by my en jou.

 

In hierdie fokus vier instansies wat ten nouste gemoeid is met die voortgesette bevordering van Afrikaans, met 'n knal die 144ste verjaarsdagherdenking van Afrkaans - 144 nie uit nie en verder van krag tot krag!

As ons so rondom ons gadeslaan, hoe ons mense wreed uitgemoor word, uitgeskel word, geblameer word vir alles wat nog verkeerd geloop het, gemarginaliseer word ekonomies en maatskaplik, ons kultuur en erfenis verkrag word, ens., dan kom ons onvermydelik tot die slotsom dat daar tans ‘n yslike vakuum vir politieke leiding vir spesifiek die Afrikaner bestaan. Iemand moet eenvoudig opstaan en geloofwaardig namens die Afrikaner sê ons gaan ons nie langer so laat moerak nie.

Om hierdie situasie te beredder, is dit ons beskeie mening dat die volgende 10 vereistes nagekom behoort te word:

  • Die Afrikaner moet sy volkskap herontdek en trots uitleef, sonder diskriminasie teen andere.
  • As ‘n volk ons in massa en individueel verootmoedig voor God-Drieënig.
  • Te sê ons is trotse Afrikaners, genoeg is genoeg en ons gaan ons nie langer met ons eie belastinggeld laat vertrap nie.
  • Die Afrikaner in groepsverband homself ekonomies daadwerklik bemagtig - ‘n effektiewe digitale markplein vir Afrikaners geskep word.
  • 'n Leierskap – en nie een enkele leier nie - uitdruklik verklaar dat selfbeskikking ingevolge artikel 235 van die Grondwet nagestreef en opgeneem word.
  • Fisiese grondgebied geïdentifiseer en gedefinieer word, waarop die Afrikaner selfbeskikking kan verwesenlik – Orania kan as vertrekpunt dien.
  • Gekoördineerde en gestruktureerde maatskaplike opheffing gedoen word onder honderdeduisende Afrikaners wat in armoede en swak moraliteit verval het.
  • Vir die Afrikaner eie onderwysinstellings op skole- en tersiêre vlak ontwikkel word.
  • Eie veiligheidstrukture en weerbaarheid so spoedig doenlik ontwikkel word, binne die perke van die reg.
  • Herverbintenis tot die Gelofte van Bloedrivier gedoen word.

Wat sê ons lesers van hierdie mondvol?

As ons so rondom ons gadeslaan, hoe ons mense wreed uitgemoor word, uitgeskel word, geblameer word vir alles wat nog verkeerd geloop het, gemarginaliseer word ekonomies en maatskaplik, ons kultuur en erfenis verkrag word, ens., dan kom ons onvermydelik tot die slotsom dat daar tans ‘n yslike vakuum vir politieke leiding vir spesifiek die Afrikaner bestaan. Iemand moet eenvoudig opstaan en geloofwaardig namens die Afrikaner sê ons gaan ons nie langer so laat moerak nie.

Om hierdie situasie te beredder, is dit ons beskeie mening dat die volgende 10 vereistes nagekom behoort te word:

  • Die Afrikaner moet sy volkskap herontdek en trots uitleef, sonder diskriminasie teen andere.
  • As ‘n volk ons in massa en individueel verootmoedig voor God-Drieënig.
  • Te sê ons is trotse Afrikaners, genoeg is genoeg en ons gaan ons nie langer met ons eie belastinggeld laat vertrap nie.
  • Die Afrikaner in groepsverband homself ekonomies daadwerklik bemagtig - ‘n effektiewe digitale markplein vir Afrikaners geskep word.
  • 'n Leierskap – en nie een enkele leier nie - uitdruklik verklaar dat selfbeskikking ingevolge artikel 235 van die Grondwet nagestreef en opgeneem word.
  • Fisiese grondgebied geïdentifiseer en gedefinieer word, waarop die Afrikaner selfbeskikking kan verwesenlik – Orania kan as vertrekpunt dien.
  • Gekoördineerde en gestruktureerde maatskaplike opheffing gedoen word onder honderdeduisende Afrikaners wat in armoede en swak moraliteit verval het.
  • Vir die Afrikaner eie onderwysinstellings op skole- en tersiêre vlak ontwikkel word.
  • Eie veiligheidstrukture en weerbaarheid so spoedig doenlik ontwikkel word, binne die perke van die reg.
  • Herverbintenis tot die Gelofte van Bloedrivier gedoen word.

Wat sê ons lesers van hierdie mondvol?

Van die jongste sakenuus te Orania:

  • Die winkel Orion Hardeware is verkoop – deur mnr. Harry Theron, wat dit vir jare bedryf het – aan Ronel en Frik Bekker. Laasgenoemde, met albei sowat 30 jaar ervaring in landboukoöperasiebestuur, sê dat hulle opwindende nuwe planne het vir die winkel.
  • Orania Toerusting en Gereedskap (OTG) in die Horison Nywerheidskorf het op 1 Maart 2019 getrek na ʼn aansienlik groter perseel in dieselfde kompleks – na die perseel waar Die Proviand voorheen was. OTG eienaar Gert van Coppenhagen sê dat die vraag na toerusting en masjiene te huur vir die boubedryf, hom geroep het om die skuif te maak. Terselfdertyd brei OTG ook hul reeks van produkte uit na bv. steierwerk vir multiverdieping konstruksies.
  • Die klerewinkel Die Skatkis, wat deur Magda van Coppenhagen bedryf word, het ook geskuif na ʼn groter perseel vanaf die Nywerhede 24 sentrum na die Horison Nywerheidskorf, aangrensend aan die perseel van OTG. Terselfdertyd sê Magda dat hulle hul klerereekse vir mans en dames aansienlik uitgebrei het en dit steeds teen uiters bekostigbare pryse.
  • Wa-Spa is ʼn besigheid met ʼn baie beskrywende naam wat onlangs in Orania geopen het – topgehalte motorwas en skoonmaak, Theunis Peens doen dit met ʼn verskeidenheid dienste so goed as enige soortgelyke besigheid in die stad, of selfs nog beter. Wa-Spa is langs Komloerie geleë – vir meer besonderhede sien die advertensie in hierdie Orania-fokus
  • Sonland Produkte in die Afsaal Kompleks het hul perseel aansienlik vergroot ten einde ʼn groter verskeidenheid van kruideniers, vrugte en groente aan te bied. Terselfdertyd het hulle ook uitgebrei na skoonmaakmiddels en toiletware. Hennie en Riana sê dat dit alles deel is van hul missie om ʼn superette van uitnemendheid te bedryf.
  • Orania Motoringenieurswerke het ʼn vakature vir ʼn werkswinkelassistent. Geen vorige ondervinding is nodig nie, net opregte belangstelling om te leer van presisie-ingenieurswerk. Mededingende vergoeding en loopbaangeleentheid. Kontak Ben Botha by 060 610 4953.
  • Skroot vir kontant – by Noord-Kaap Skrootmetale – dit is wat jy daar kan kry. Gesels gerus met André Minnaar en sy span – 074 233 3211.
  • ʼn Volledig toegeruste gimnasium het ook vir die eerste keer sy deure op Orania oopgemaak – Bo-Karoo Gimnasium & Fiksheid Sentrum – in die Horison Nywerheidskorf, waar Tersius en Nanette van Niekerk van diens is.
  • Les bes, dr. Phillip Nothnagel het ʼn algemene praktisynspraktyk op Orania geopen, ten einde in ʼn nypende behoefte te voorsien. Hy word bygestaan deur sy vrou Maritsa, as ʼn gekwalifiseerde apteker. Kontaknommer 082 325 3599.

Projek VatVyf het ‘n eie lokaal verkry – in die gebou van die NG kerk in Kleingeluk, maar is apart van die gemeente en het sy eie buitedeur. Die lokaal, aan die oostekant van die gebou, was voorheen onbenut en is goedgunstelik deur die kerkraad aan Projek VatVyf gratis beskikbaar gestel.

Die lokaal, wat onafhanklik van die gemeente benut en bedryf word, is deur VatVyf op eie koste opgeknap – geverf, nuwe vloer, opwasbak en blindings ingesit en gemeubileer - met substansiële borgskappe van verskeie ondernemings in die dorp.

Die lokaal word aangewend vir konsultasies, berading en groepbesprekings. Vir meer inligting of om betrokke by Projek VatVyf te raak, skakel 082 570 5390 of epos Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..">Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..

Die FAK stel as deel van hulle 90ste verjaarsdag ’n Geskiedenisfonds bekend met die doel om Afrikanergeskiedenis te bevorder.

Dr. Danie Langner, besturende direkteur van die FAK, verduidelik dat die nuwe geskiedenisfonds nie ’n “teen-fonds” is nie, maar ’n “vir-fonds”. “Afrikaners wil, in die woorde van Herman Giliomee, soos enige ander kultuurgemeenskap net ’n normale geskiedenis hê. ’n Geskiedenis met heldeverhale waarop ons kinders trots kan wees, maar ook met foute waaruit ons kan leer.”

Die Geskiedenisfonds het die volgende oogmerke: Bevordering van Afrikanergeskiedenis / Herstel en bewaring van bestaande Afrikanermonumente / Bou van nuwe monumente om ons geskiedenis te vier / Ondersteun gemeenskappe en kultuurorganisasies met geskiedenisprojekte in hulle omgewing / Uitbou van die Internetmuseum vir Afrikanergeskiedenis / Betrokkenheid by geskiedenisnavorsing, publikasies en konferensies / Ondersteun Geloftekomitees / Vier van belangrike Afrikanerfeesdae en historiese gebeure.

  

Die FAK was die afgelope vyf jaar betrokke by die viering van verskeie historiese geleenthede, onder andere: Die Groot Trek se 175ste herdenking / Afrikaanse Bybel 80 / Vrouemonument 100 / 1914-Rebellie 100ste herdenking / Vrystaat 160 / Helpmekaar 100 / Die Stem 100.

Tesame met die herdenkingsgeleenthede het die FAK suksesvol verskeie geskiedenisprojekte geloods om Afrikanergeskiedenis te bewaar en te bevorder: Die herstel van pres. Jan Brand van die Vrystaat se familiekerkhof, in samewerking met Vrystaatse kultuurorganisasies / ’n Transportwa vir die Tolhuis in George / Betrokke by Vegkopdireksie / Afrikanergeskiedenisdagboek van Jaap Steyn en verskeie ander kindervriendelike historiese publikasies / Geskiedenisplakkaatreeks vir skole / Geskiedenisdagboek op sosiale media / Verskeie historiese DVD-projekte / Ontwikkeling van die Afrikanergeskiedenis internetmuseum / Ontwikkeling van ’n Afrikanergeskiedenis-toepassing / Aanbied van verskeie geskiedeniskonferensies / Publikasie van verskeie historiese artikels elke jaar / Versameling en bewaring van Afrikanerkultuurgoedere en historiese materiaal soos die Anton Hartmann-klavier en argivale materiaal van kultuurorganisasies / Instandhouding van die serwituut op die sterfkamer van pres. Paul Kruger in Clarens, Switserland / Skep van nuwe Afrikanermonumente / Herstel van pres. Kruger se gevandaliseerde graf.

Persone wat die FAK-Geskiedenisfonds wil ondersteun kan ’n SMS met die kodewoord FONDS stuur na 45730 (R1,50). Navrae: Johan Jansen van Vuuren 083 265 5533 / 012 301 1777 / Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..">Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..

Ná 25 jaar onder ANC-bewind waarin Suid-Afrika as 'n land gekorrupteer is tot internasionaal-verklaarde rommelstatus en waartydens om die nek van Afrikanerskap steeds die meulsteen van sg. apartheid as misdaad teen die mensdom gehang word, is daar desondanks onder Afrikaners 'n opmerklike opbloei van trots oor hul erfenis op alle lewensterreine. Die verskynsel is dat terwyl Afrikaners foute in hul verlede erken, hulle vra wie se hande is so skoon dat hulle vingers kan wys?

Inteendeel, word in regsinnige Afrikaner-geledere die standpunt gestel dat die Afrikaner as volk veel het om op trots te wees wat betref sowel sy geskiedkundige as huidige erfenis op terreine soos intergroepverhoudinge, kultuur, taal, ekonomies, landbou, godsdienstig, onderwys, medies, wetenskaplik, sport, militêr en, ja, ook polities. Hierdie erfenis van die Afrikanervolk kan o.a. soos volg kortliks aangestip word:

► Geskiedkundig:

  • Vandat Jan van Riebeeck en sy geselskap op 6 April 1652 hier voet aan wal gesit het as onbedoelde volksplanters, is verbintenis tot Christelike beskaafde riglyne aanvaar en uitgeleef. Dit het ook gegeld teenoor alle ander nomadiese en verspreide etniese groepe waarmee hulle en hul nageslag deur die volgende drie en half eeue in kontak mee gekom het.
  • Die voorsate van die Afrikaner het die Bybel, die alfabet, die wiel, die maatstok en wet en orde in 'n onontwikkelde en onbeskaafde sub-kontinent ingedra, sonder om aggressief, verowerend of kolonialiserend te wees. Hulle was bouers en nie afbrekers nie en tot vandag is daar geen bewys dat hulle grond gesteel het, van enige vry persoon 'n slaaf gemaak het, of 'n oorlog begin het nie.
  • Hulle was egter superrealiste wat beskawings-verskille erken en eerbiedig het, maar wat hard kon werk, planne kon maak en, rateltaai gebrei deur oorlewingsvereistes, defensiewe vegters sonder weerga was.
  • Vanweë hul hoë vlak van beskawing en onwrikbare geloof in God-Drieënig loop 'n ononderdrukbare vryheidsdrang soos 'n goue draad deur hul lewe en strewe, tot vandag toe. Dit is uit hierdie breë agtergrond wat die Afrikaner as volk met 'n volle eiesoortige kultuur en erfenis ontwikkel en gegroei het, tot die hoogtepunt van wat die Republiek van Suid-Afrika in 1966 was.
  • Tot op daardie stadium was die beleid onder eerste ministerskap van dr. HF Verwoerd afsonderlike ontwikkeling, d.w.s. volledige vrymaking van individuele swart volke op hul eie grondgebied en nie bloot diskriminerende “apartheid” nie. Daarvan getuig die staatstrukture wat vir die Xhosas, Sotho's, Tswanas, ens. op hul eie grondgebied geskep is.
  • Ná die Illuminati-geïnduseerde sluipmoord op Verwoerd in 1966 is afsonderlike ontwikkeling stelselmatig afgetakel en verander in 'n onhoudbare politieke en staatkundige gedrog, wat uiteindelik in 1994 uitgeloop het op die verraderlike magsoorname aan die ANC met sy terroristiese verlede. Die res is tragiese geskiedenis.

► Teen hierdie agtergrond kan die volgende enkele feite omtrent die Afrikaner aangestip word:

  • Die Gelofte van Bloedrivier soos verwerklik op 16 Desember 1838, asook ander geloftes soos dié van Jan van Riebeeck (1654) en Paardeberg (1880) is ingebed in die DNA van die Afrikaner.
  • Die spore van sendingwerk wat vanuit Afrikanerkerke uitgegaan het, is onuitwisbaar. Met deurslaggewende insette van Afrikaners is die Bybel vandag in al 11 amptelike landstale vertaal.
  • Sedert Afrikaans as taal in 1875 deur Afrikaners beslag gekry het, het dit in gehalte ontwikkel tot 'n taal van wêreldformaat. In SA self is bv. die meeste boeke wat verkoop word in Afrikaans; bewys jaarlikse Matriekuitslae dat die Afrikaanse onderwysstelsel toonaangewend is ; is die meeste universiteite in die land Afrikaner-geïnisieerd; geld dieselfde t.o.v. die grootste mediagroepe in die land; word Afrikaans as saketaal Tinteltong-gevier; floreer die Afrikaanse filmbedryf; is in die musiekbedryf Afrikaans letterlik Groot; en so kan die lys aangaan.
  • Uit Afrikaner-geledere het deur die geskiedenis pasaangeërs soos Andries Pretorius, MT Steyn, Paul Kruger, Christiaan de Wet, Koos de la Rey, JD Kestell, DF Malan, Totius, Van Wyk Louw, Pierneef, Chris Barnard, Mimi Coertze, Gé Korsten, Naas Botha, Frik du Preez, AB de Villiers, Gerrie Coetzee en 'n menigte ander onuitwisbare konstruktiewe bydraes tot die Suid-Afrikaanse samelewing en selfs wêreldwyd gemaak.
  • Op ekonomiese gebied stig Afrikaners Sanlam, Santam, Volkskas, Yskor, Sasol, AVBOB, om enkeles te noem, die meeste waarvan wat ná 'n eeu die land steeds met onderskeiding dien.
  • Op maatskaplike terrein met sy velerlei fasette staan o.m. die volgende agter die naam van Afrikaner-ondernemerskap: Vanaf 1955 – 1984 het die getal swart skoliere in SA 31 keer vermeerder, vanaf 35 000 tot 1 096 000 / In 1978 het Soweto o.a. 115 sokkervelde gehad, 47 tennisbane, 39 kinderspeelparke, 365 skole, 11 poskantore, 2 300 besighede geregistreer in die naam van swartes, ens. / In 1987 was Baragwanath Hospitaal, feitlik uitsluitlik vir swartmense, die grootste hospitaal in die wêreld, met 3 200 beddens, 23 operasieteaters, 8 000 personeel insluitend 450 dokters, 112 000 pasiënte en 1,62 miljoen buite-pasiënte.
  • Slegs 5% van die swart bevolking was teen 1966 werkloos. In 1970 verdien swart werkers 'n totaal van R1 751 miljoen oftewel 25,5% van die totale loongeld in SA, 'n syfer wat styg tot R17 238 miljoen in 1984 (1 000% groei).
  • SA voorsien in die graanbehoeftes van sy buurlande en wyer - in 1980 word 250 000 ton mielies na Zambië uitgevoer, 150 000 ton mielies en 50 000 ton koring na Mosambiek, 100 000 ton mielies na Zimbabwe plus nog na 9 ander Afrikalande.
  • Die SA Weermag is opgebou tot die magtigste op die vasteland en het dit in die tagtigerjare die Grensoorlog in die noorde van die destydse SWA / Angola beslissend gewen teen die Russiese en Kubaanse magte en sodoende 'n sleutelrol gespeel het in die uiteindelike val van die Ystergordyn. Teen hierdie weermag was die ANC-Umkhonto we Sizwe in nie 'n enkele veldslag betrokke nie.
  • Die Stem as vorige volkslied in 1918 deur CJ Langenhoven geskryf en later deur ML de Villiers getoonset, die diepste psige en wese van die Afrikaner vertolk.  
  • Uit hierdie syfers volg dat met die prestasies en heldedade behaal onder die vorige landsvlag, die vlag 'n kultuurskat vorm waarop by enige standaarde met reg trots gewees kan wees.

► Die onvermydelike slotsom waartoe gekom word, is dat die Afrikaner oor 'n ryke erfenis beskik waarop hy met reg trots kan wees en wat hom onlosmaaklik deel maak van Suid-Afrika as ook sy vaderland.

► Dit is in die lig hiervan dat vir die huidige en die toekoms o.a. die volgende gedoen word:

  • Die FAK pas 'n veldtog van stapel gestuur het om spesifiek Afrikaner-erfenis deur talle projekte te help uitbou – sien bl. 4 van hierdie uitgawe.
  • 16 Desember regdeur die jaar lewend gehou word d.m.v. die jaarlikse Geloftefeeskalender en die spesiale Facebookblad deur Ditsem Nuus geskep.
  • 6 April trots as Stigtingsdag in groeiende mate deur Afrikaners gedenk word – sien ook bl. 4.
  • AVBOB ter eeufeesviering 'n uitstekende museum in Bloemfontein geopen het – sien bl. 3 binne.
  • Orania, gestig in 1991, stelselmatig ontwikkel word as groeipunt vir 'n toekomstige Afrikanervolkstaat – sien bl. 5-7.
Go to top