► In Mediumtermynbegroting van Minister van Finansies Tito Mboweni feitlik geen melding van landbou en die geweldige druk op boere oor wydverspreide droogte; op vraag van VF Plus pres. Cyril Ramaphosa ontwykend oor enige bystand aan kommersiële boere ► VF-Plus in Gauteng sê Gauteng Onderwysdepartement moontlik skuldig aan onreëlmatige besteding van R1,2 miljard i.v.m. skoolsvoedingsprojek, dít terwyl die LUR vir Onderwys Panyaza Lesufi Afrikaanse skole vir geringste vermoedelike oortredinge aanspreek ► Dit blyk of dorpe Dewetsdorp, Vanstadensrus en Wepener feitlik geen munisipale dienste ontvang vanaf Mangaung Metro onder wie hulle ingedeel is nie ► Adjunk-pres. David Mabuza op besoek aan China tydens sitting van SA-China Bilaterale Kommissie wys op die talle geïntegreerde tussen die twee lande o.a. dat 65 Chinese maatskappye R116 miljard in SA belê het (hierdie syfer soos genoem, Ditsem Nuus kan nie korrektheid verifieer nie) ► Stad Kaapstad ontvang R300 miljoen van Nederlandse regering om MyCiti snelbusdiens na Khayelitsha en Nyanga uit te brei ► Nederlandse man (35) en vrou (75) in Marlothpark, Komatipoort, vermoor deur versmoring deur hul monde toe te prop, man se vrou en dogter oorleef aanval ► Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers stem 232-196 ten gunste van verdere ondersoek of pres. Donald Trump in staat van beskuldiging geplaas moet word oor Oekraïne ► China Mobile in China maak bekend dat sy 5G-tegnologie, 100 keer vinniger as 4G, nou in 50 stede insluitende Beijing en Sjanghai beskikbaar is ►

Dit begogel die verstand en sou nie geglo kon word indien dit nie werklik gebeur het nie: Damestudent Gené Otto word op die NWU Potch-kampus tydens ʼn openbare debat gestop om in Afrikaans te praat, nadat sy reeds haar toespraak gedeeltelik in Tswana en Engels gelewer het.  EFF-barbare het met geweld daarteen geprotesteer en toe las die organiseerders van die debat, onder amptelike sanksie van universiteitsowerheid, die debat af.

 
Ongelooflik dat op die kampus waar o.m. die standbeeld van Totius staan as simbool van die trotse erfenis van die Afrikaner en van Afrikaans, swart betogers en slaprugbestuur Afrikaans van die kampus afgegooi word. Hoeveel wil die Afrikaner nog hê moet met hom sy taal en sy erfenis gemors word?

Die Houtbaai-verkiesingsdebat geborg deur SABC Nuus het nie uitgedraai soos verwag nie. Vanoggend het inwoners van Houtbaai ’n geleentheid gekry om om hul frustrasies aan hul onderskeie streekleiers te bespreek. Die debat het egter in chaos geëindig nadat EFF-lede stoele begin gooi het na die gehoor.

Verskeie partye was teenwoordig om kwessies van nasionale belang te bespreek. Elke paneellid was verplig om die gehoor te oortuig van hul party se strategiese plan om armoede en swaarkry in die Wes-Kaap verlig.

Drie van die onderwerpe op die lys vir bespreking was: misdaad, werkloosheid en grond. Vir die inwoners wat gehoop het om die debat te gebruik as 'n geleentheid om hul frustrasies met hul politieke leiers te bespreek, is die kans ontneem.

Die EFF en Land Party-ondersteuners hul stoele op mekaar gegooi . Ondersteuners van die BLF en GOOD Party was ook in skermutselinge betrokke. Volgens teenwoordiges het sommige EFF-ondersteuners luidkeels laat weet dat hierdie hul land is. Dit is onduidelik hoe en waarom die botsing uitgebreek het.

Dis net jammer dat sulke optrede op ’n lewendige televisie gebeeldsend is, waar die hele wêreld kan sien hoe Suid-Afrika in ’n sirkus ontaard.

Go to top