► Beurtkrag: pres. CR en Eskom sê skuld vir Vlak 4 is sikloon in Mosambiek en Zimbabwe wat kraglyne met Cabora Bassa ontwrig ► MTN swig voor druk van Panyaza Lesufi en andere en onttrek borgskap vir Afrikaans is Groot oor deelname van Steve Hofmeyr ► Black Business Council (BBC) kondig voorneme aan om nuwe bank vir swart entrepreneurs te stig in samewerking met Reserwebank, vir verder fondse beoog pensioengeld onder bestuur van OBK ► Eerste pad van herwinde plastiek afval word tans by Jeffreysbaai gebou deur Kouga Munisipaliteit in samewerking met Skotse maatskappy MacRebur, word gesê is goedkoper as teer, maar hou langer – volg hierdie skakel ► Fooi van kurator SizweNtsalubaGobodo vir likwidasie van FBS Bank is R21,6 miljoen ► Vermoede op sosiale media dat skietery van Moslems in Christchurch, Nieu-Zeeland, vooraf beplan om simpatie vir Moslems in Nieu-Zeeland en Australië op te wek vir groter immigrasie na die twee lande soos in infiltrasie in Europa ► Nog kommentaar op sosiale media wys daarop dat Moslems wêreldwyd die grootste enkele vervolgers en moordenaar van Christene is, Somalië, Libië, Pakistan, Jemen, Iran, Sirië, Irak, Saoedi-Arabië, Egipte, Oesbekistan, Nigerië, Turkye en vele ander lande – besoek www.opendoors.org.za ► Pas verneem skietery in Utrecht, Nederland, op trem, een persoon gedood, skieter nog op vrye voet, nuus besig om te breek ► In Algerië tree pres. Abdel Aziz Bouteflika (82) ná 20 jaar af en word nuwe kabinet met Noureddine Bedoui aangewys, maar duisende betogers eis vrye verkiesing ► Luister hoe word Die Stem gisteraand by 'n konsert in Vlaandere, België, gesing in simpatie met blanke Suid-Afrikaners ►

Op sigwaarde sê pres. CR en sy kabinetsmakkers hulle wil hul planne met onteiening sonder vergoeding met omsigtigheid en oorleg uitvoer, maar in werklikheid blyk dit dat die ANC klaar hul lyste gereed het van plase wat hulle wil steel. So het die DFA koerant in Kimberley op goeie gesag berig hoe die ANC in die Noord-Kaap reeds 30 spesifieke plase geoormerk het vir gryp, almal waarvan in blanke besit is en die meeste waarvan in volle bedryf.

Vir die lys van spesifieke plase in die Noord-Kaap en die DFA berig, lees self by hierdie skakel. In reaksie op die berig sê Agri Noord-Kaap so ewe dat hulle weet hierdie lys is nie amptelik van die Noord-Kaap regering of die sentrale regering nie en steeds raai hulle boere en mense aan om “kalm te bly”. Van regeringskant is daar egter geen word van repudiasie van die berig nie.

As dit in die Noord-Kaap die geval is soos wat skynbaar per abuis uitgelek het, dan moet dieselfde mos geld in die ander agt provinsies? Ons wag vir die waarheid in hierdie verband.

Oor die hele etniese spektrum in SA gaan al hoe meer stemme op dat dit tyd is vir reguit praat en opstaan teen die totaal onaanvaarbare situasie in die land. Ter illustrasie hiervan luister gerus na hierdie drie stemgrepe van onderskeidelik ‘n Afrikanervrou, ‘n Indiërman en ‘n Engelsprekende blanke man.

Verdere kommentaar is oorbodig.

Die tweede groot nuusstorie was die onthulling deur Volksblad dat die totale bedrag van R334 202 652 van Julie 2014 tot April 2016 aan die Gupta-maatskappy Estina oorbetaal is vir “bedryf” van die suiwelplaas in die Vrede-distrik. Verreweg die meeste van hierdie geld is direk oorgeplaas in ʼn Gupta-rekening by die Bank van Baroda in Indië.

Verlede jaar is senior amptenare van die Vrystaatse Dept. van Landbou, sommige van die Gupta-broers en Duduzane Zuma aangekla vir hierdie korrupsie en geldwassery, maar alle klagtes is later teruggetrek, sodat niemand tans tereg staan nie – en wat moontlik wys hoe diep die tentakels van korrupsie tot selfs in die regterlike gesag strek.

Nou word vanuit opposisiegeledere en die hoofstroommedia daarop aangedring dat die Estina-saak opnuut ondersoek word met die oog op vervolging van almal verantwoordelik en dat intussen veral voormalige Vrystaatse premier en huidige sekretaris-generaal van die ANC Ace Magashule en voormalige LUR vir Landbou Mosebenzi Zwane voor Zondo-kommissie kom getuig. Hier is beslis nog ʼn katnes wat wag om oopgesteek te word – met waarskynlike gevolge dat hooggeplaastes in die oranje klere van die DKD gaan opeindig.

Betekenisvol is 'n mediavrystelling van die VF Plus wat selfverduidelikend o.a. soos volg lui: “Namate korrupsie en onbevoegdheid in die ANC-regering toeneem, sal belastingbetalers se weerstand om hul swaar verdiende geld aan ʼn ondoeltreffende regering af te staan dienooreenkomstig toeneem, sê adv. Anton Alberts, voorsitter van die VF Plus.
Hy het met die Tweede Lesingsdebat oor die Wetsontwerp op die Verdeling van Inkomste gesê wêreldgebeure soos Brexit en die verkiesing van Donald Trump as Amerikaanse president is twee globale makroskuiwe wat ook van belang is vir SA. Teen hierdie agtergrond is die verdeling van inkomste ʼn sinvolle metafoor vir die verdelings in ons land.
Al hoe meer belastingbetalers bevraagteken die morele verpligting om belasting te betaal. Belasting word ingevorder op ʼn aggressiewe wyse, maar word verdeel onder korrupte owerhede wat nie dienste kan lewer nie. Almal word geraak, maar die armstes onder ons die meeste. In hierdie opsig is groot seismiese verskuiwings aan die gang.
Aan die een kant probeer belastingbetalers, swart en wit, al hoe meer om belasting te vermy en aan die ander kant vra die armes waarom hulle enigsins moet hoop op ʼn beter lewe. Beide die tendense bearbei Suid-Afrika vir ʼn rewolusionêre omgewing. Daar is natuurlik sekere mense wat graag ʼn rewolusie wil sien.
Die meeste Suid-Afrikaners is egter verdraagsaam teenoor mekaar en smeek om ʼn toekoms waar daar ʼn beter lewe en plek vir almal is. Die regering sal ernstig moet kennis neem van tipiese vrae wat deur belastingbetalers en armes gevra word:
Moet ek belasting betaal aan ʼn regering waar korrupsie endemies geword het?
Moet ek belasting betaal as die regering my nie op my plaas of in die stad kan beskerm nie?
Moet ek belasting betaal as die regering nie sy welsynsverpligtinge teenoor die armes kan nakom nie?
Moet ek belasting betaal as dit die regering se hand sterk om my eiendom sonder vergoeding te onteien?
Sal ek ooit ʼn beter lewe sonder armoede sien?
Sal ek ooit veilig wees teen moord en misdaad selfs al is ek arm?
Die fundamentele vraag hier is of dit nodig is om die wet te gehoorsaam as die president self dit willens en wetens nie doen nie soos sy aanvanklike verontagsaming van die Openbare Beskermer se aanbevelings? Dit is duidelik dat daar ʼn snel groeiende afstand tussen die regering en die gewone mense van hierdie land ontstaan.”

Insiggewend is veral op die volgende drie punte die besprekingsdokument wat die ANC die afgelope naweek aanvaar het vir sy beleidskonferensie wat einde Junie 2017 plaasvind: Eerstens dat “'n rewolusionêre verkiesingskommissie gestig word wat as hekwagters moet dien en moet keer dat verkiesingsprosesse in die party gemanipuleer word. Hierdie kommissie moet alle kandidate eers goedkeur voordat hulle vir verkiesings as partyverteenwoordigers benoem word.”
Die ooglopende doelwit hiermee is om slegs kandidate van bo af vooraf goedgekeur, as verteenwoordigers te kry. Tweedens, moet die presidensie versterk word as die “strategiese sentrum van mag in die staat.” Derdens, moet die ANC 'n ten volle outomatiese, elektroniese werwing- en lidmaatskapbestuurstelsel kry. Dit sal uit die ANC-hoofkantoor bestuur word en strukture laer af sal slegs toegang hê tot die dele wat op hulle betrekking het.

Go to top