► In Mediumtermynbegroting van Minister van Finansies Tito Mboweni feitlik geen melding van landbou en die geweldige druk op boere oor wydverspreide droogte; op vraag van VF Plus pres. Cyril Ramaphosa ontwykend oor enige bystand aan kommersiële boere ► VF-Plus in Gauteng sê Gauteng Onderwysdepartement moontlik skuldig aan onreëlmatige besteding van R1,2 miljard i.v.m. skoolsvoedingsprojek, dít terwyl die LUR vir Onderwys Panyaza Lesufi Afrikaanse skole vir geringste vermoedelike oortredinge aanspreek ► Dit blyk of dorpe Dewetsdorp, Vanstadensrus en Wepener feitlik geen munisipale dienste ontvang vanaf Mangaung Metro onder wie hulle ingedeel is nie ► Adjunk-pres. David Mabuza op besoek aan China tydens sitting van SA-China Bilaterale Kommissie wys op die talle geïntegreerde tussen die twee lande o.a. dat 65 Chinese maatskappye R116 miljard in SA belê het (hierdie syfer soos genoem, Ditsem Nuus kan nie korrektheid verifieer nie) ► Stad Kaapstad ontvang R300 miljoen van Nederlandse regering om MyCiti snelbusdiens na Khayelitsha en Nyanga uit te brei ► Nederlandse man (35) en vrou (75) in Marlothpark, Komatipoort, vermoor deur versmoring deur hul monde toe te prop, man se vrou en dogter oorleef aanval ► Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers stem 232-196 ten gunste van verdere ondersoek of pres. Donald Trump in staat van beskuldiging geplaas moet word oor Oekraïne ► China Mobile in China maak bekend dat sy 5G-tegnologie, 100 keer vinniger as 4G, nou in 50 stede insluitende Beijing en Sjanghai beskikbaar is ►

As ons ooit die Here nodig gehad het, is dit nou! As ons ooit 'n aanraking van bo nodig gehad het, is dit nou. As ons ooit 'n openbaring van God se nimmereindigende liefde, Sy steeds groterwordende genade en ewigdurende ontferming nodig gehad het, is dit nou.

O, hoe kan dit wees dat 'n wêreld wat so versigtig aanmekaar gesit is, nou so uitmekaar val? Hoe kan dit wees dat die kinders wat teen fyn goud geskat was, nou gereken word soos erdekruike, die werk van pottebakkershande?

Hoe kan dit wees dat die tong van babas aan hul verhemelte vaskleef van dors terwyl kindertjies brood vra en niemand dit vir hulle breek nie? Hoe kan dit wees dat hulle wat lekkernye geëet het nou versmag op die strate en die wat purper gedra het nou die ashope omarm. (Klaagliedere 4: 1-4).

Hoe kan dit wees dat siele waarvoor Jesus Christus met Sy bloed betaal het, nou verlore gaan in 'n wêreld van sonde en bedrog? Hoe kan dit wees dat ons naby bure, ons naby vriende en familie in ons midde sit terwyl hul na die hel gly, sonder dat ons ons ontferming, vriendelikheid en Goddelike liefde aan hulle bewys?

Kan dit wees dat ons ook ver van God verwyder is? Kan dit wees dat ons die teenwoordigheid van die Here verlaat het? Kan dit wees dat ons soos skape dwaal en elkeen sy eie pad gevat het? (Jesaja 53: 6).

Kan dit wees dat ons, ons eerste liefde verlaat het? (Openbaring 2: 4). Kan dit wees dat ons losgebreek het van die wynstok en dink dat ons dit op ons eie kan maak? (Johannes 15: 5).

Kan ons soek na antwoorde vir ons situasie, eerder as om die Here God te soek wat self die Antwoord is? Kan dit wees dat ons brood soek in plaas daarvan om Jesus te soek, wie die Brood van die lewe is? (Joh. 6:48). Kan dit wees dat ons na water vir ons dors verlang, in plaas daarvan om na Jesus Christus te verlang, uit wie die lewende water vloei? (Johannes 7: 37-38).

Ons het nodig om weer tot inkeer te kom. Kom ons keer terug na die Een wat ons eerste liefgehad het, na die Een wat Sy Seun gegee het, sodat ons gered kan word.

Kom ons draai ons harte na Jesus Christus, Ons Meester, Verlosser en Koning. Kom ons laat God se Heilige Gees in ons 'n liefde vir God en 'n liefde vir ander opwek. Kom ons kyk nie na ander met minagting en oordeel nie, maar laat ons na hulle kyk deur die oë van Christus.

As ek ooit die Here nodig gehad het, is dit nou. As ons ooit die Here nodig het, is dit nou. As hulle ooit die Here nodig het, is dit nou.

Maar hou ook in gedagte: As Jesus Homself ooit wou openbaar, is dit nou.

Johan Terblanché, Christ Alone Ministries

In sport, soos in die lewe, gaan dit dikwels nie oor die uitblinkers en die pryswenners nie, maar of jy met jou spesifieke talente jou beste gee en as ʼn wenner die eindstreep haal. Hoe jy die spel speel, is dus belangriker as wen of verloor.

Dit het Lise Brink en Duane van Zyl gewys toe hulle 28 April tot 1 Mei aan die uithougeleenthede per pad in en om Orania deelgeneem het. Albei het ʼn geamputeerde linkerbeen bo die knie en dus ʼn prostese.

Hulle het besluit hulle wil deelneem en 10 km voltooi. Dit het egter so goed gegaan dat hulle uiteindelik, saam, 32 km voltooi het – en goed daarvan afgekom het!

Tussen amputasie en hierdie prestasie het daar egter vir elkeen van hulle ʼn lang en uitdagende geestelike, emosionele en fisiese reis gelê. Lise se been is in Desember 2016 geamputeer ná ʼn motorongeluk waarin sy en haar gesin was - sy ernstig beseer en twee van hul kinders gesterf het. Sy sê ondanks al die trauma was die genade van God groot genoeg om haar weer in ʼn posisie te plaas dat sy 32 km in uithoustap kon voltooi.

Duane (34) sê tydens ʼn vakansie met sy gesin in Zanzibar in 2016 het die are in sy een been onverklaarbaar platgeval en is die bloedtoevoer afgesny. Dit was ondanks die feit dat hy fiks was en stoei as sport beoefen het. Dokters het gedoen wat hulle kon, maar in Desember 2016 moes sy been geamputeer word. As elektriese kontrakteur van beroep het hy besluit hy het nog sy lewe voor hom en dat hy dit voluit gaan leef. Hy sê ook deur genade alleen het hy sodanig herstel dat hy ook die 32 km stap met relatiewe gemak kon voltooi.

Lise en Duane, wat albei met hul gesinne in Pretoria woon, het mekaar eers ná hul amputasies ontmoet en vriende geword. Hoe dit gebeur het, is ʼn storie op sigself, maar die feit is hulle stel ʼn wonderlike navolgenswaardige voorbeeld vir elkeen wat ʼn groot terugslag in die lewe moet verwerk.

Johann Dannhauser

Terwyl daar nog geen gerusstelling is oor die volhoubaarheid van Eskom as nasionale kragvoorsiener nie, behoort steeds indringend gesoek te word na alternatiewe kragoplossings op grootskaal. Van al die moontlike alternatiewe bronne bly die benutting van sonkrag die mees bekostigbare en ook die mees omgewingsvriendelike.

Dit geld veral die sentrale deel van die land as die primêre verspreidingsgebied van Ditsem Nuus en wel in besonder die Bo-Karoo met sy groot aantal sonskyn dae per jaar. In ‘n poging om in hierdie opsig te fasiliteer, behou Ditsem Nuus hierdie fokus op bekostigbare sonkrag. Op hierdie bladsy bied twee gevestigde verskaffers van sonkragstelsels buite die sentrale binneland uitstekende franchise-geleenthede vir entrepreneurs in die sentrale streek.

Bestaande en voornemende entrepreneurs in die elektrisiteitsektor word dus aangemoedig om van hierdie gulde geleenthede gebruik te maak wat gebied word deur Gener8 Sustainable Energy Solutions van Witbank (kontakpersoon Oscar Loreti by 082 3377 068) en AllSolar Renewable Energy Solutions met hoofkantoor te George (kontakpersoon Div de Villiers by 082 6455 657).

Terselfdertyd bied GeyserWorx van Johannesburg tegnologie vir songeisers wat waarskynlik nog nie algemeen in die binneland beskikbaar is nie. Sien gerus hul advertensie op hierdie bladsy en skakel hulle, ook vir bekostigbaarheid.

Ook dien in gedagte gehou te word die jaarlikse KragDag ekspo wat 8-10 Augustus 2019 te Diamantvallei Landgoed oos van Pretoria aangebied word en waar verseker verdere uitstekende uitstallings van innoverende sonkragoplossings sal wees. Meer inligting op hierdie stadium by www.kragdag.co.za.

       

Op Saterdag 1 Junie 2019 het Die Worsman in die Horison Nywerheidskorf hul amptelik opening gevier met talle spesiale aanbiedinge, ʼn groot braai, ʼn markdag met stalletjies op die sentrumterrein, ʼn springkasteel vir die kinders en polsende musiek. Op die foto’n familiegroepie wat die feestelike atmosfeer geniet het en heerlik gekuier het – van links Natasha, Tys, Marinta en Frik (almal Verster) en Johma, Emma en Danie Strydom.

Foto: Ditsem Nuus

Die Solidariteit Groep het ’n netwerkplan vir werk met ’n vyfjaarbegroting van R4,5 miljard aangekondig. Genaamd Solidariteit NetWerk, behels dit volgens ‘n mediaverklaring ‘n omvattende alternatiewe skoolstelsel, ’n beroepskollege, universiteit, studiehulp, ’n jeugbeweging, ’n netwerk van beroepsgildes, mentorskappe, werkplasing, beskerming in die werkplek en voortgesette opleiding.

Die plan steun sterk op opleiding en is van die grootste projekte wat aangepak gaan word, die uitbou van Akademia tot ’n volwaardige universiteit met volledige kampus, asook die ontwikkeling van

Sol-Tech met 'n groter kampus. Daarby word beplan om ’n volle, alternatiewe Afrikaanse skoolstelsel deur die Skole Ondersteuningsentrum op die been te bring.

Volgens die mediaverklaring gaan Solidariteit NetWerk steeds in groot mate op beskerming in die werkplek fokus en word die stryd teen die regering se obsessie met ras verskerp en word selfs die aanhangigmaking van sake by die Verenigde Nasies in die vooruitsig gestel. 'n Verdere beplande nuwe verwikkeling is die stigting van ’n netwerk van beroepsgildesom jongmense toegang tot die werkplek te help gee.

Daar gaan ook skerp gefokus word op die Vierde Industriële Rewolusie en om kliënte tegnologies maksimaal te bemagtig. Die onderskeie inisiatiewe gaan deur verskillende bronne gefinansier word, waarvan ’n nuwe eiendomsbeleggingsmaatskappy, Kanton, as vennootskap tussen kapitaal en kultuur, ‘n belangrike komponent gaan vorm.

By die bekendstelling van die plan het Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, o.m. gesê dat beplan word om in die land 30 ankerdorpe en –stede by wyse van verdigting te vestig, asook “groter kantons waarskynlik in Pretoria in die noorde, moontlik een in die Suid-Kaap en een in die weste van die land met Orania as groeipunt”.

Vervloek is hy wat nalatig is om die werk van die HERE te doen; ja, vervloek is hy wat sy swaard van bloed terughou!

Jer, 10:12

Standard Bank het ʼn lys bekendgemaak van 104 takke wat landswyd gesluit word, met 49 takke in Gauteng, 11 takke in die Wes-Kaap, 10 in KZN, 9 in die Noord-Kaap, 6 elk in onderskeidelik die Vrystaat, die Oos-Kaap en Mpumalanga, 4 in Noordwes en 3 in Limpopo. Die dorpe in die Vrystaat waar takke gesluit word, is Bultfontein, Jagersfontein, Kestell, Lindley, Marquard en Phuthaditjhaba, terwyl in die Noord-Kaap takke te Britstown, Kimberley (Diamond Pavillion), Hanover, Kenhardt, Kuruman, Philipstown, Sishen, Strydenburg en Sutherland gesluit word.

Dit laat Standard Bank tot die bank in SA met die minste takke (548), maar dit is steeds die grootste bank volgens batewaarde. Die tendens in die bankwese in die land is dat banke takke verminder, maar meer kitsbanke oprig. Interessant is dat Capitec tans die bank in SA is met die meeste takke (840) en dat dit ook die snelgroeiende bank in die land is. Daarenteen het Absa 671 takke, FNB 628 en Nedbank 604.

Wat kitsbanke betref, het Absa tans 8 961, Standard Bank 7 140, Capitec 5 000, Nedbank 4 022 en FNB 4 000. Die beweging is kennelik al meer na elektroniese bankwese.

 Met die 2019 verkiesing agter die rug, die 6de Parlement gekonstitueer en die staatspresident ingehuldig, is die volgende Staatsrede geskeduleer vir 20 Junie 2019. Dit is wanneer die staatspresident en sy nuwe regering hul visie vir SA vir die volgende vyf jaar uitspel, maar wat kan realisties vir die Afrikaner as volk uit hierdie staatsrede verwag word? Na ons mening en vir enigeen met oop oë kan vir die Afrikaner die tekens van die tye soos volg gelees word, geklee in allerlei mooiklinkende frases:

• Geen verslapping in wetgewing om die oorgrote meerderheid in die land te beskerm teen die kleinere minderheid, trouens verskerpte wetgewing t.o.v. sg. swart ekonomiese bemagtiging, regstellende aksie, sportkwotas, diskriminerende studentetoelatings, afdwinging van skoolkeuses, e.s.m.

• Geen strategie of plan om van staatsweë plaasaanvalle en-moorde hok te slaan nie. • Verdere gekarring aan die Grondwet in 'n poging om die weg te baan vir grondonteiening sonder vergoeding.

• Moontlike aanvaarding van die Wet op Haatspraak uitsluitlik gemik teen blankes om kritiek op swart mense te bekamp.

• Wetgewing om sover moontlik vuurwapens uit die hande van blankes te hou en die private veiligheidsektor erg te kniehalter. •

Wetgewing om staatsregulering van kerke te probeer bevorder.

• Wetgewing om praktyke soos homoseksualisme en prostitusie te beskerm.

• Verskeie konsepwetgewing om SA nader aan 'n Kommunistiese opset te druk.

Hierdie is werklikhede op die tafel. Daar is egter ook positiewe aspekte: In 'n Parlement waarin God nie amptelik erken word nie, stel die hoofregter vir die eerste keer 'n gebedsgeleentheid in en stel die voorbeeld deur op sy knieë te gaan en hardop tot God-Drieënig te bid, uit die breë publiek verteenwoordigend van alle rasse en gemeenskappe gaan daar gebede op tot God-Drieënig vir herstel en seën vir Suid-Afrika, die Zondo-kommissie stoom onbevrees voort om die een korrupsienes na die ander te ontbloot, ens.

Dus, hoewel dinge 13 is, is daar hoop. Mag die komende Staatsrede en die 6de Parlement by hierdie hoop aansluit.

Hoop vir beter wind

Dit lyk werklik of in die Noord-Kaap ná die algemene verkiesing ʼn beter regeringswind waai in die persoon en vorm van die nuwe premier dr. Zamani Saul. Hoewel ANC, het hy van meet af gesê geen blouligte, luukshede en portrette in staatskantore vir hom en sy uitvoerende raad nie.

As afskop het hy in sy inhuldigingstoespraak ʼn gebed aangehaal waarin hy God om verskoning vra vir “selfsug en arrogansie.” Hy het ook ondersteuning gevra om “’n lig te wees wat helder skyn in donker plekke en ʼn brug te wees vir mense in nood”. Saul het ook gesê hy wil graag saamwerk met die opposisiepartye in die provinsie ten einde ʼn beter samelewing te skep.

Die nuwe premier het die daad by die woord gevoeg en bestellings vir nuwe motors vir die uitvoerende raad omskep in bestellings vir 27 nuwe ambulanse. Hy het ook gesê die ampswoning van die premier gaan verkoop word en die opbrengs gebruik word vir studiebeurse. Voorts het hy reeds onaangekondig opgedaag by die Mangaliso Sobukwe Hospitaal in Kimberley om hom persoonlik te vergewis van toestande en die gehalte van mediese dienste.

Saul het grootgeword as kind van werklose ouers in ʼn plakkerskamp te Petrusville en het later ‘n meestersgraad aan die UV en nog ‘n meestersgraad aan die Universiteit van Wes -Kaap behaal. Hy het ook aan laasgenoemde universiteit sy doktorsgraad in regte en publieke reg behaal.

Hierdie is geluide en stappe van Saul is iets wat nog nooit van ʼn ANC-leier ervaar is nie en dit voorspel voorwaar goed vir die Noord-Kaap. Vir sy benadering verdien Saul die voorbidding en ondersteuning van alle Noord-Kapenaars.

Terwyl die wêreldpolitiek die afgelope sowat twee dekades gedomineer is deur globalisme, soos gedryf deur die Nuwe Wêreldorde (NWO) met hul strewe om uiteindelik die mensdom onder een wêreldregering te bring, het die ampsaanvaarding van pres. Donald Trump in die VSA tektoniese verskuiwings in die wêreldpolitiek veroorsaak. Trump met sy “Amerika eerste”-benadering het die wêreldtoneel soos ʼn donderslag getref en druis hy, gerugsteun indirek en direk deur nasionalistiese bewegings in ander lande, reëlreg in teen die magtige NWO.

Trump doen alles wat die NWO met hul ekonomiese en sosialistiese imperialisme nie wil hê nie en het sy beleidsrigtings ingrypende veranderende verdelingslyne in die wêreldpolitiek tot gevolg. So bv. het hy ʼn stille samewerkende verhouding met pres. Vladimir Putin van Rusland, self iemand wat nasionalistiesgesind is en nie noodwendig die NWO-pad loop nie.

Voorts het Trump teen Kommunisties-Chinese imperialisme opgestaan en deur verskerpte invoertariewe eerder die plaaslike Amerikaanse ekonomie gestimuleer as om op goedkoop ingevoerde Chinese produkte te steun. Ook het sy administrasie die Chinese tegnologiereus Huawei geïdentifiseer as bloot die tegnologiese arm van die People’s Liberation Army (PLA) van Kommunistiese China en is dienooreenkomstig handel met Huawei ingekort.

Nog ʼn tektoniese verskuiwing is Brexit, met ʼn duidelike oorwig van Britte wat ten gunste is van uittrede uit die Europese Unie (EU), een van die hooffronte van die NWO. Hoewel die skeiding met veel drama gepaardgaan, lyk dit na ʼn uitgemaakte saak dat Brittanje op 31 Oktober vanjaar die EU gaan verlaat, met of sonder ʼn ooreenkoms.

Die voorste aanspraakmakers op die Britse premierskap in die plek van Theresa May, soos Boris Johnson, is feitlik almal sterk pro-Brexit. In elk geval, in die pasafgelope verkiesings vir die EU parlement het aan Britse kant Nigel Farage met sy regse Ukip Party bo uitgekom en wil dit voorkom asof die eeue-oue tradisionele tweepartystelsel in Brittanje van Tories en Arbeiders iets van die verlede kan wees.

In die verkiesings vir die Europese parlement van 23 – 26 Mei 2019 waaraan 28 lidlande deelgeneem het, het nasionalistiese partye, veral in Frankryk, Italië, België en Hongarye, sterk opgang gemaak. In Frankryk bv. het Marine le Pen en haar Rassemblement National meer stemme getrek as pres. Immanuel Macron en sy party.

In Italië het Matteo Salvini en die Lega Party die meeste stemme getrek, terwyl in België Tom van Grieken van Vlaams Belang as die tweede grootste party in Vlaandere na vore getree het. In Hongarye het eerste minister Victor Orban se Fidesz Party weer bo uitgekom, terwyl in lande soos Pole, Duitsland, Griekeland en Spanje nasionalistiese partye ook sterk staan.

Verder word bande tussen die VSA en Japan as tradisioneel die grootste vyand van China – ook al sterker uitgebou en was Trump die eerste buitelandse staatshoof om die nuwe Japanese keiser Naruhito te besoek. Hoewel verhoudinge tussen die VSA en Noord-Korea die jongste tyd afgekoel het, staan betrekkinge tussen die VSA en Suid-Korea en Taiwan sterk as teenvoeter in die Verre Ooste.

Wat China betref as die talrykste bevolking ter wêreld, broei onrus sterk onder die oppervlak, juis ook vanuit nasionalistiese hoeke. In Hong Kong met sy unieke geskiedenis vind voortdurende betogings plaas ten gunste van vryhede onder die totalitêre regime van Beijing, is pas op 5 Junie die 30-jarige herdenking van slagting van duisende betogers op Tiananmen Plein met geweld onderdruk en word in die Chinese provinsie Xinjiang meer as 1 miljoen nasionalistiese Uyghurs in strafkampe aangehou vir “heropvoeding”.

In Latyns-Amerika het die grootste land, Brasilië, in Jair Bolsonaro ‘n regsgeoriënteerde president aan die stuur, terwyl in Mexiko pres. Andrés Obrador gereken word as iemand wat in dieselfde rigting as Trump stap en het verhoudinge tussen hierdie twee lande ook onlangs aansienlik verbeter.

ʼn Kenmerk van die wêreldpolitiek is dat die internasionale media soos CNN, BBC en Al Jazeera, asook groot koerantgroepe, mondstukke is van die NWO, maar ondanks hul propaganda wen nasionalisme tans sterk veld. In wese gaan dit oor ʼn stryd tussen die geskape volkereverskeidenheid van die mensdom aan die een kant en aan die ander kant die verskuilde, gekoördineerde plan van die Bose om die mensdom te homogeniseer en onder een juk te bring. Hierdie stryd speel sigself ook vandag in Suid-Afrika af en of die regsinnige Afrikaner die essensie van hierdie stryd snap en dienooreenkomstig sy eie heil sal kan uitwerk, is ʼn ope vraag.

Hiermee is enkele breë riglyne getrek t.o.v. die wêreldpolitiek, hoewel die toneel veel meer gedetailleerd en genuanseerd is. Daarby is daar altyd wiele binne wiele, terwyl die wêreldpolitiek deurspek is met verskuilde agendas. Breedweg kan egter gesê word dat die uiteensetting hierbo die werklikheid reflekteer.

Die stryd is genadeloos en word 'n spelbreker soos Trump met ʼn passie gehaat en word alles in die stryd gewerp om hom omver te gooi. Hyself is natuurlik alles behalwe volmaak, maar dat hy die waardes en doelstellings verteenwoordig van wat basies uit die Skrif afleibaar is, is gewis en dat hy hierin ook onverbiddelike steun geniet, is eweneens seker.

Johann Dannhauser

Christelike Afrikaanse onderwys is onder beleg a.g.v. verskeie daadwerklike bedreigings, waarvan veral twee van aardskuddende belang is, nl., eerstens, die beoogde invoer van Comprehensive Sexual Education (CSE) in SA staatskole vanaf volgende jaar en, tweedens, implementering van die aanlynregistrasiestelsel in Gauteng vir alle nuwe skolierapplikante.

Die aanlynregistrasiestelsel bring mee dat o.a. nuwe Afrikaanssprekende skolierapplikante nie meer kan gaan na die Afrikaanse skool van hul voorkeur nie, maar moet inskryf by die skool vir hulle aangewys. Terselfdertyd kan Afrikaanse skole verplig word om watter taalsprekende skolier ookal na hulle verwys word, in te neem, of hulle nou plek het of nie.

Hierdie beleid is die produk van die veldtog wat uitgesproke anti-Afrikaanse aktivis en LUR vir Onderwys in Gauteng Panyaza Lesufi al vir jare teen Afrikaanse skole voer. Dit kan enorme implikasies hê vir Afrikaanse skole landswyd, sou die stelsel so uitgebrei word. Daar is 23 719 staatskole in SA, waarvan 1 279 enkelmedium Afrikaans is oftewel 5%, maar steeds moet in Gauteng van hulle gedwing word om andertalige aansoeke te akkommodeer

Aan die ander kant kan diaboliese CSE, soos dit uiteengesit is in die voorbladartikel van hierdie uitgawe, eenvoudig verwoestend wees op die psige van jong kinders. Woorde kan kwalik die vernietigende gevolge beskryf van voortydige blootstelling van onontwikkelde kinders aan seksuele wanpraktyke deur persone met bose agendas.

Albei hierdie verwikkelinge het dus implikasies van waarskynlik die doodsklok vir Christelike Afrikaanse onderwys en derhalwe poog Ditsem Nuus om maksimale teenaksie te mobiliseer in sowel die gedrukte uitgawe van die koerant as op sy digitale platforms. In hierdie uitgawe val die klem op die stop van CSE, met in hierdie rubriek drie onderwysinstansies wat hiertoe met spesifieke insette hul steun toesê.

Die afgelope maand sedert die verkiesing op 8 Mei het aanvalle op plaasmense gepaard met koelbloedige moorde oorhand toegeneem en volgens syfers van TLU SA en AfriForum was daar in SA vanaf 1 Januarie tot en met 31 Mei 2019 184 plaasaanvalle en 20 plaasmoorde. Vir die tydperk sedert 1990 het dit die totaal op 2 453 moorde te staan gebring - 436 plaasmoorde in Gauteng, 381 in KZN, 352 in Mpumalanga, 334 in Noordwes, 311 in die Vrystaat, 233 in Limpopo 209, in die Oos-Kaap, 124 in die Wes-Kaap en 73 in die Noord-Kaap.

Al vir jare word gevra: Waar gaan dit eindig? Wat daaromtrent te doen? Steeds word gesê: So kan dit nie aangaan nie!

Die grusaamheid waarmee die aanvalle en moorde gepleeg word, verstom telkens en lankal word aanvaar dat dit in werklikheid terreur is, rassisme van die eerste graad en dat daar gekoördineerde beplanning agter sit wat nasionaal en internasionaal tot in die hoogste kringe strek. Pas het op ‘n mediakonferensie van AfriForum ‘n blanke vroulike slagoffer getuig: “Ons is gemartel vir vier ure. Ons is daardie nag gejag soos wilde diere. Ons is vasgebind, geskiet en verkrag.”

Dit is teen hierdie agtergrond dat die volgende uittreksel uit ‘n mediaverklaring van Front Nasionaal n.a.v. die sluipmoord op wynboer Stefan Smit van Stellenbosch die waarheid raakvat:

“Pas nadat Cyril Ramaphosa president geword het, in Februarie 2017, lewer hy sy eerste Staatsrede waarin hy onteiening van eiendom sonder vergoeding as regeringsbeleid bekend maak. Minder as ‘n maand daarna, in Maart 2017, begin die EFF met grondbesettings in Gauteng en verklaar sekere gebiede in die land as ‘prioriteitsgebiede’. Stellenbosch Distrik word vermeld. In Oktober van daardie jaar word Joubert Conradie vermoor op sy plaas by Kanonkop, sowat 14 km vanaf Stellenbosch. Dit lei tot die landwye Swart Maandag protesaksie.

“Tussen Maart en Augustus 2018 begin inwoners van Kayamandi digby Stellenbosch om onwettig hulle plakkershutte op te slaan in die wingerde van Louisenhof, die plaas van Stefan Smit. Hy moet hom herhaaldelik na die hof wend om die hutte te laat verwyder.

“In Junie 2018, dieselfde periode waarin die onwettige besetting van Stefan Smit se grond plaasvind, word Jeff Zettler, die aarbeiboer, aan die ander kant van Stellenbosch, minder as 20 km van Louisenhof af, vermoor. Op 25 Augustus 2018, te midde van Stefan Smit se stryd om die plakkers van sy grond af te hou, berig IOL en ander nuusagentskappe dat baie grond in Stellenbosch skielik in die mark is en dat grondpryse skerp gedaal het.

“Op 9 April 2019 nooi die boere van Stellenbosch vir pres. Cyril Ramaphosa om hulle toe te spreek op die landgoed, Beyerskloof. Dié gesprek word afgesluit deur ʼn emosionele verklaring waarin Ramaphosa bestempel word as die ‘gesalfde leier’ en ʼn man wat ten volle vertrou en gerespekteer moet word. Die vergadering is stapfastand van die woonhuis op Louisenhof.

“En by daardie woonhuis word Stefan Smit op ʼn soel Bolandse Sondagaand koelbloedig om die lewe gebring.

“Die skuld van sy dood kan voor die deur van veel meer as drie gemaskerde mans gelê word.

Die president en regering van Suid-Afrika moet ook in die bank staan. Dis hulle wat die duiwel losgelaat het met hulle beleid van onteiening sonder vergoeding, wat elke rondloper en geweldenaar laat dink dat daar maar gevat kan word na hartelus.

“Die radikale politici in Suid-Afrika wat links en regs uitlatings maak oor watter grond geprioritiseer moet word vir onteiening en met haargevulde uitsprake hulle volgelinge aanhits teen blankes, staan ook met Stefan Smit se bloed aan hulle hande. Hulle wie se uitsprake volgens die MRK nie haatspraak is nie.

“Die Afrikanerpolitici wat nog steeds die volk mislei met valse ondernemings en beloftes oor hoe die Nuwe Suid-Afrika verbeter kan word om minderhede te beskerm. Ons is slim genoeg om te weet dat dit in der ewigheid nie kan gebeur nie, maar hulle is slim genoeg om te weet dat jy die breë massa so maklik mislei met die gesigte en stemme van celebrities en soetklinkende ondernemings.

“Die mede-boere van Stefan Smit, wat ʼn Kommunis en oud-terroris om die nek geval het, wel wetende wat sy beleid is en hom tot ‘gesalfde’ verklaar het. Wat het hulle van hierdie kruiperige vertroue gekry anders as om hulself af te vra: Wie van ons is die volgende? Ook hulle moet in die bank verskyn.

“Ook ek moet myself afvra: As ek kyk na my keuses en my gebrek aan betrokkenheid… staan ek nie ook in die beskuldigdebank nie?”

In aansluiting by hierdie mediaverklaring dien die volgende grafiese vertelling op sosiale media hier herhaal te word, in omtrent die formaat van ʼn eietydse profesie:

“Van ons wou vlieëniers word. Party polisiemanne, brandweermanne, dokters, maanreisigers... Ag, noem maar op. Ons het met sterre in ons oë gedagdroom. Alhoewel ons verskillende drome gehad het, was daar ʼn gemeenskaplike faktor: Óm belangrik en beroemd te wees en eendag ’n verskil te maak.

“Toe ons hoërskool toe is, het baie hul drome tydelik opsygeskuif vir die groot roeping in ons lewe: Die Army. Ek onthou hoe ons met jeugweerbaarheidsperiodes toegespreek is deur manne in uniform met stukke gechroomde voëlmis en selfs ʼn piksteel of twee op hul skouers. Ek onthou die video’s wat ons gewys is van die rooi gevaar en van nonne wat eers verkrag en toe keelafgesny is.

“Almal wou dadelik recces of 32 Bataljon of bats join. Ons is vertel as die kommuniste, terroriste en geel mannetjies oorvat, gaan hulle dieselfde met ons ma's, meisies en sussies doen. Geen Boerseun sou so iets ooit toelaat nie. Baie van ons het aktiewe diens gaan doen en ek het seker van my beste buddies gemaak in die Weermag en later in die Polisie.

“Ek onthou nog as ons vir ʼn pas huistoe was en ʼn ou oom en tannie laai jou by die belenryna af, het die oom gewoonlik gevra net voor hy wegry: Boetie, skiet tog vir my ʼn tir wanneer jy weer kontak slaan.

“Ons het ons deel gedoen, maar ek het dag vir dag gesien hoe verdof die liggies van drome en ideale uit blanke jong soldate se oë - oë wat nie meer aan ʼn 18- of 19-jarige behoort het nie, maar aan ’n ou afgeleefde man. ʼn Jagter, ʼn realis...

“Ek het ook die glasige oë gesien van menige jongman wat die hoogste prys betaal het. Ek het die oë gesien van jongmanne wat vuur getrek het. Ek het die oë van ʼn bang kind daar gesien. Ek het die oë van ʼn malman daar gesien.

“Ek het die oë van helde gesien, maar ook die oë van manne wat eenvoudig nie verder kon nie. Dan het ek die oë gesien van manne wat ʼn uur of wat later ʼn einde aan hul lewens gemaak het. Hulle oë is die vensters na ʼn mens se siel. Dis waar. Tot op ʼn punt waar daar nie meer ʼn siel was om te sien nie.... daai duisend voet staar....

“Drank was daar volop en ekself het my skeefgesuip om te probeer cope. Ek was op baie begrafnisse in die laat 80s, vroeë 90s. Te veel! Vader hoor my. Ek het gesien hoe ma's, meisies, vrouens en pa's inmekaar sak by ʼn oop graf. Ek het gesien hoe klein kindertjies na hul pappas roep en agter die kiste in die graf wil afspring.

“Dit breek ʼn man en doof die laaste lig in jou oë. Ek onthou die absolute verslaentheid en woede toe ons land verkoop is in 94 aan die kommuniste, terroriste, barbare en die geel skreefoë.

“Vandag 20 jaar later bly ons in die Nuwe Suid-Afrika. Dit wat daai offisiere met die pikstele en gechroomde voëlmis op die skouers destyds voorspel het, het waar geword. Ons vrouens, meisies, sussies word verkrag en gemartel. Jong babas word in die kop geskiet.

“Die demone van gister lê nog in baie van ons mans se oë. By van die mans het daar nooit weer ʼn liggie begin flonker nie. Ek sien weer oral oor die land begrafnisse. Hierdie keer staan baie van ons mans langs oop grafte en kyk hoe sak vermoorde geliefdes se kiste weg in ʼn gat.

“Die witman was nog nooit die terroris en die aanstoker nie. Maar ek sien weer in baie van die pa's, broers, mans en seuns se oë daai selfde uitdrukking wat jy gesien het kort voor ʼn kontak. Haat, afsku, woede. En ek weet uit ondervinding: Pasop barbare! Julle maak ʼn monster wakker wat julle nooit kan stop nie.... Die vensters na die siel lieg nooit nie....

“Daar is niks so gevaarlik soos ʼn gewonde buffelbul, of ʼn man wat niks het om te verloor nie…..”

Suid-Afrikaanse skole onder beheer van die staat is geskeduleer om vanaf 2020 ‘n sg. seksopvoedingsprogram genaamd Comprehensive Sexual Education (CSE) van die Verenigde Nasies (VN) te implementeer in die vak Lewensoriëntering vir Grade 4 tot 12. CSE is daarop gemik om kinders van Graad 4 en selfs nog van so jonk as 4 jaar op diaboliese wyse seksbewus en seksgereed te maak – eintlik is CSE van so aard dat dit te aaklig is om in beskaafde geselskap in woorde te stel, maar Ditsem Nuus beskou dit as só bedreiging vir kinders dat dit in hierdie artikel as waarskuwing ronduit gestel word.

CSE spruit oorspronklik uit navorsing oor seks wat die Amerikaansebioloog en entomoloog dr. Alfred Kinsey in 1947 aan die Indiana Universiteit in die VSA gedoen het en waarin hy o.m. kinders en pedofiele saam as proefkonyne gebruik het. Die resultate van sy navorsing is later gebruik deur VN-instansies soos UNAIDS, UNESCO en UNICEF om die program getiteld CSE te ontwikkel vir sg. seksuele opvoeding met die oog op “jeugweerbaarheid”.

Word egter gelet op die inhoud van CSE, dan is dit duidelik dat dit in wese duiwels is en reëlreg indruis teen Bybelse beginsels. So bv. bevorder dit masturbasie vir klein kinders; moedig hulle aan om mekaar seksueel te betas; sê homoseksualisme is natuurlik; keur transgeslag goed in die sin dat ‘n kind een dag soos ‘n seun mag aantrek en die volgende dag soos ‘n dogter; propageer dit seksuele “regte” vir kinders sonder ouerlike toestemming; moedig dit seksuele eksperimentering aan; illustreer dit die toepassing van kondome; sê selfs seks met diere is aanvaarbaar; keur aborsies goed; en nog bose banaliteite.

Verskillende VN-organisasies bevorder die CSE-program by lande en gemeenskappe in die wêreld en moedig insluiting daarvan sterk aan by nasionale leerplanne. Dit alles word gedoen onder die dekmantel dat kinders proaktief “ingelig en opgevoed” moet word om hulself sg. te kan handhaaf en gevare soos HIV-Vigs te vermy.

In die proses word gepoog om selfs direk en indirek regerings- en owerheidsinstansies te dwing om CSE te implementeer, bv. Nigerië met sy bevolking van 201 miljoen is gedreig dat as CSE nie in die amptelike kurrikula aanvaar word nie, buitelandse beleggings in die land die land ingekort sal word. Desnieteenstaande het talle lande deur die ware aard van CSE gesien en daarteen in opstand gekom, selfs Naura as die VN-lidland met die kleinste bevolking (11 200) het botweg geweier dat CSE by hulle toegelaat word .

Sover bekend, is Suid-Afrika egter die enigste land in Afrika wat CSE amptelik in sy skoolleerplanne insluit . Op 12 Mei 2019 het die Sunday Times berig dat die Dept. van Basiese Onderwys onder Minister Angie Motshekga die nodige reëlings getref het vir die implimentering van CSE in die leerplan vir Lewensoriëntering vanaf begin 2020.

Vir doeleindes hiervan het die Dept. van Basiese Onderwys die dienste gekontrakteer van sowat 100 kundiges en skrywers om die leerplanne vir Lewensoriëntering oor te doen. Een van hierdie kontrakteurs is die bekende of dan berugte seksterapeut dr. Marlene Wasserman, ook bekend as Dr. Eve, wat soos volg aangehaal word: “Masturbation is normalised and it is threaded through the curriculum from grade 4. It begins with self pride, self-image, body diversity, genital differences, genital changes and touching oneself for pleasure.”

Ten einde te help om ouers, onderwysers, personeel en ander belanghebbendes te waarsku teen die loslating van die diaboliese plaag van CSE op onskuldige klein kindertjies nog in hul vormingsjare en teen besoedeling van groter kinders, het Ditsem Nuus, benewens hierdie artikel, ook ‘n aantal nasionale instansies gemoeid met onderwys in SA genader om promosie-insette te maak in hierdie uitgawe. Slegs die drie op bl. 2 het hulle enigsins verwerdig om teen die nominale koste van R890 ‘n inset ter ondersteuning te maak.

Aan die positiewe kant is daar in die res van die wêreld mense, regerings en lande wat opstaan teen CSE, dit verdoem vir wat dit is en wat dit blokkeer sover moontlik. In hierdie verband is daar o.m. die uitstekende film getiteld The War on Children, beskikbaar by www.comprehensivesexualityeducation.org, in 35 min sowel as 10 min weergawes.

Dit word ten sterkste aangeraai dat elkeen wat CSE verban wil sien, na hierdie film kyk en dit ook so wyd as moontlik versprei.

Die Bybel konstateer: “En van jou kinders mag jy nie gee om vir Molog deur die vuur te laat deurgaan nie, dat jy die Naam van jou God nie ontheilig nie. Ek is die Here.” (Lev. 18:21). Mag daar gebid en gewerk word dat die verskriklike plaag van CSE die kinders van SA, insluitende spesifiek ook Afrikaner-kinders, gespaar bly en mag elkeen met ‘n verantwoordelikheid in hierdie opsig daardie verantwoordelikheid opneem en doeltreffend nakom.

Tydens 'n mediakonferensie het AfriForum onthul dat 'n totaal van 56 blanke skoolmeisies al weens ras uit verteenwoordigende skolenetbalspanne gelaat is, ondanks die feit dat hulle op meriete wel gekwalifiseer het. Volgens AfriForum het hulle die puntestate van keurders vir Gauteng se o.12- tot o.18 skolenetbalspanne bekom, wat wys dat 56 blanke meisies weens hul velkeur uit die spanne gelaat is.

In reaksie sê SA Skolenetbal dit is jammer dat kinders nou deur volwassenes gebruik word om politieke agendas te bevorder, maar Netbal SA (NSA) reken dit is wreed indien spelers uitsluitlik op grond van ras uitgelaat is.

Intussen het AfriForum namens die ouers van benadeelde meisies ’n amptelike klag by SA Skolenetbal, Gauteng Skolenetbal en NSA ingedien. Indien die liggame nie reageer, gaan hulle die saak na die Internasionale Netbalfederasie neem in ’n poging om van rassekwotas ontslae te raak. Volgens die reëls van die Internasionale Netbalfederasie asook dié van die Internasionale Olimpiese Komitee en die Statebondspele Federasie word enige vorm van rassediskriminasie in sport uitdruklik verbied.

AfriForum hoop om ’n sterk hofuitspraak te bekom om rassekwotas in ander sportsoorte ook te beveg, aangesien internasionale sportorganisasies vir ander sportsoorte nie ’n roete in plek het wat gevolg kan word oor ras nie, maar netbal het dit wel.

Die balju het beslag gelê op die Mafube Munisipaliteit se roerende en onroerende bates ná jare se wanbestuur, growwe nalatigheid, korrupsie en swak prestasie. Inwoners van die gebied onder die disfunksionele munisipaliteit moet nou self inklim en dienste lewer nadat munisipale werkers al amper ’n jaar lank staak.

Die Mafube Munisipaliteit ( Frankfort, Villiers, Tweeling en Cornelia) is bankrot met laste wat bates ver oorskry en skuld van R400 miljoen, waarvan R47 miljoen verskuldig aan Eskom, R83 miljoen aan Rural Maintenance en R35 miljoen aan pensioenfondse. Te midde van die finansiële krisis is steeds ruim voorsiening gemaak vir verhoging in salarisrekening tot R110 miljoen - 62% van die bedryfsbegroting terwyl nasionale Tesourie se riglyn 32% is.

Volgens die plaaslike VF Plus-raadslid loop rou riool in die strate af weens verstoppings en is strate en paaie vervalle a.g.v. geen instandhouding, terwyl oop ruimtes en straathoeke as stortingsterreine gebruik word. Op hul beurt voer die DA in die Vrystaatse Wetgewer aan dat die situasie met Mafube Munisipaliteit deel is van die nalatenskap van voormalige Vrystaatse premier en huidige ANC sekretaris-generaal Ace Magashule met sy omvattende kaderontplooiing en korrupsienetwerk.

Volgens die jongste syfers van die SA ekonomie pas deur Stats SA bekendgemaak, word 'n negatiewe prentjie geskets ondanks die politieke euforie rondom pres. Cyril Ramaphosa en die stappe wat hy neem om korrupsie hok te slaan. Hierdie syfers toon dat in die eerste kwartaal vanjaar was die ekonomiese groeikoers laer as verwag, terwyl die BBP met ‘n skokkende 3,2 % gekrimp het. Dié daling is die grootste val sedert 2009 toe die ekonomie tydens 'n wêreldwye ekonomiese insinking met 6,1% gekrimp het.

Die vervaardigingsektor het met bykans 9% teruggegly, maar alle sektore het afwaartse geneig, met die landboubedryf die swakste met 'n negatiewe groeikoers van -13,2%. Ná die SSA bekendmaking het die Rand met 1,4% gedaal, terwyl banke met ‘n gemiddeld van 3,2% op die JEB gesak het. Ekonome meen dat hierdie groeisyfers die Reserwebank kan dwing om rentekoerse te verlaag later vandeesmaand.

Met ’n beduidende 3,2%-inkrimping van BBP-groei op kwartaalgrondslag en 0% groei op jaargrondslag, is verskeie partye nie net ontevrede nie met die nuutste verwikkeling nie, maar ook bekommerd oor die moontlikheid van ’n resessie. Volgens die Instituut vir Rasse-aangeleenthede (IRR) word die gebrek aan ekonomiese groei toegeskryf aan vyf redes: Die ANC-regering se ekonomiese beleid, dreigemente van onteiening sonder vergoeding, swart ekonomiese bemagtiging, vyandige arbeidsregulasies en swak skoolonderrig. Daar is redelik konsensus dat indien die regering die ekonomie wil regruk, alvyf hierdie gebiede drastiese beleidsomkeer sal moet ondergaan.

Een uit vyf persone in SA maak staat op welsynstoelaes en Statistiek SA (SSA) se jongste huishoudelike peiling toon dat meer as 17 miljoen inwoners en 44% gesinne een of ander vorm van ‘n maatskaplike toelae ontvang. Provinsies waar die meeste toelaes uitgedeel word, is Oos-Kaap en Limpopo, terwyl Gauteng en Wes-Kaap minder afhanklikes toon.

Volgens kenners is daar ’n duidelike ooreenkoms tussen die werkloosheidsyfer en SASSA begunstigdes in elke provinsies. SSA noem dat die Oos-Kaap die grootse werkloosheidsyfer in die land het (37,4%) en toon dat 60% van huishoudings afhanklik is van toelaes; dit terwyl die persentasie ontvangers in Noord-Kaap (58,3%) en Limpopo (57,9%) kort op sy hakke is. Die twee provinsies met die laagste werkloosheidsyfer en die minste begunstigdes is; Gauteng (19,2%) en die Wes-Kaap (22,1%).

Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (IRR) sê daar is tans meer mense wat toelaes ontvang in die land as wat daar mense is wat werk en met die huidige resessie wat die ekonomie lam lê, sal die vraag na toelaes waarskynlik toeneem. Volgens hulle gaan dit in die toekoms moeiliker word vir die regering om die kostes van sy welsynsprogramme te dra en sal hy sy begroting drasties op ander gebiede moet sny om te voldoen aan die eise van meer en verhoogde toelaes .

Volgens die jaarlikse ouditverslag van AfriForum van stortingsterreine in SA voldoen slegs 22% van terreine in die nege provinsies aan die vereiste minimum standaarde. Die lae persentasie word toegeskryf aan onbekwame munisipale bestuur waar wanbesteding, swak instandhouding en gebrek aan wilskrag om daaglikse probleme uit die weg te ruim, aan die orde van die dag is.

Volgens AfriForum dui die bevinding van hul jaarlikse ouditverslag waar 33 vrae verwerk is om die oudit te voltooi, dat slegs 28 uit 127 stortingsterreine voldoen aan die vereistes van die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur, 59 van 2008. Die aantal vullisterreine wat wel aan die minimum vereistes voldoen en bo 80% vir die oudit gekry het, het vanaf 2018 verswak.

Só het die vullisterreine per provinsie gevaar ten opsigte van die minimum vereistes: Wes-Kaap uit 9, slegs 4; Oos-Kaap uit 6, slegs 2; Mpumalanga uit 25, slegs 2; Gauteng uit 21, slegs 11; Limpopo uit 12, slegs 4; KZN uit 7, slegs 2; Noordwes uit 15, slegs 1; Noord-Kaap uit 12, slegs 2 - Kimberley en Orania; Vrystaat uit 20, 0.

AfriForum versoek dat munisipaliteite dringend met oplossings moet kom om afvalbestuur op peil te kry, maar meen ook dat dit almal se verantwoordelikheid is om by te dra tot ’n skoner Suid-Afrika en toe te sien dat die omgewing in stand gehou word. Andersins sit SA op ‘n tikkende tydbom.

Die ANC-beheerde Mangaung Metro staar rommelstatus in gesig ná die graderingsagentskap Moody’s aangedui het verdere afgradering word oorweeg indien die metro nie dringend sy huishouding in orde kry nie. Die metro is in effek reeds bankrot met laste wat bates met bykans R1 miljard oorskry en met meer as R6 miljard uitstaande diensteskuld. Moody’s het op hul webwerf inderwaarheid aangedui dat die metro op 2 Mei 2019 afgegradeer is tot Ba3 status.

In hul reaksie sê die metro dat ’n afgradering nie dienslewering sal raak en dat ’n finansiële herstelplan in plek is. Hulle voer aan dat die swak ekonomie, toenemende werkloosheid en verhoogde tariewe vir water en elektrisiteit die metro se finansies erg negatief raak.

Inmiddels blyk dit dat die salarisrekening van die metro sowat R160 miljoen per maand beloop, met 'n selfoontoelae van R3’200 vir elk van sowat 70 raadslede. Wat die skuldlas betref, skuld sake-ondernemings die metro R1,6 miljard, inwoners R3,2 miljard en staatsdepartemente R1,2 miljard.

Die metro skuld Bloemwater na berig word meer as R200 miljoen. Wat ook erg verswarend is, is dat na berig word die rekenaarnetwerk van die metro tot groot mate in duie gestort het en dat daar glo nie meer behoorlike kliënterekords is nie.

Bladsy 3 van 5
Go to top