► MRK besluit om sy hoof van regsdienste Buang Jones te ondersoek en te verbied om weer met media te praat oor sy voortydige en rassistiese kommentaar oor Eben Etzebeth-saak ► Volgens die organisasie ToekomsVonk was daar vanaf 1 Januarie vanjaar tot 30 September 350 plaasaanvalle en 41 plaasmoorde in SA, oudste slagoffer 96 jaar, gemiddeld 4 aanvallers per voorval, met in een geval 20 aanvallers ► Volgens syfers van Minister van Basiese Onderwys Angie Motshekga is daar tans 1 126 openbare enkelmedium Afrikaanse skole in die land, teenoor 1 279 in 2017; 1 112 openbare skole dubbelmedium in Afrikaans en Engels, dus tans 2 238 skole wat onderrig in Afrikaans ► Universiteit van Vrystaat weier om erflating te aanvaar vir ’n “blanke, behoeftige, talentvolle student”; hooggeregshof in Bloemfontein staan aansoek van FNB toe dat “blanke” uit die testament geskrap word ► NG Kerk Algemene Sinode besluit om formulering van beleid oor selfdegeslagverhoudings van heel vooraf te begin ► Terwyl sommige banke takke sluit, kondig FNB aan dat dit vanjaar 7 takke gaan open in Oos-Kaap, Mpumalanga, Limpopo, Gauteng en Wes-Kaap ► Ter viering van 70-jaar van Kommunisme in China vertoon Chinese weermag in Beijing skrikwekkende interkontinentale wapentuig – sien videogreep ► Ditsem Nuus besig om spesiale fokus saam te stel getiteld Tuisskoling: Oplossing vir onderwyskrisis in die land – enige diensverskaffer of rolspeler in die bedryf wat inset wil maak, skakel 082 773 2150 of advertensies@ditsem.net ► Projek VatVyf kry reaksie op beplande projek Operasie Brandhout om blanke Afrikanermeisies en -vroue in Nigeriese seksslawehandel in die land te probeer bevry, nog medewerkers / ondersteuners / finansiering benodig – skakel 053 207 0127 of epos projekvatvyf@gmail.com – sien videogreep ►

Sierlike en gedenkwaardige Bloemfonteinse stadsaal afgebrand

Die totale wanbestuur van die Mangaung Metro Munisipaliteit, wat uitstaande diensteskuld van sowat R4 miljard het en wat Bloem Water minstens R341 miljoen skuld, het daarop uitgeloop dat stakende SAMWU-werkers gister die sierlike en gedenkwaardige Bloemfonteinse stadsaal tot die grond toe afgebrand het. SAMWU staak al vir maande, wat o.a. tot gevolg het dat vullisverwydering in Bloemfontein nie gedoen word nie en die stad grootliks in 'n reuse rommelhoop laat ontaard het. Infrastruktuur in die stad is vervalle en talle dienste word nie gelewer nie, terwyl burgemeester Olly Mlamleli sê blankes is verneukers. SAMWU het die stadsaal afgebrand uit protes teen beweerde ernstige korrupsie by Mlamleli en haar munisipale topbestuur, asook hul beweerde skakeling in slegte gesindheid. Die stadsaal was 'n simbool van die hoë vlak van beskawing waarop Bloemfontein as stad gedurende die vorige eeu ontwikkel het.
Gradeer die artikel
(2 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top