► In Mediumtermynbegroting van Minister van Finansies Tito Mboweni feitlik geen melding van landbou en die geweldige druk op boere oor wydverspreide droogte; op vraag van VF Plus pres. Cyril Ramaphosa ontwykend oor enige bystand aan kommersiële boere ► VF-Plus in Gauteng sê Gauteng Onderwysdepartement moontlik skuldig aan onreëlmatige besteding van R1,2 miljard i.v.m. skoolsvoedingsprojek, dít terwyl die LUR vir Onderwys Panyaza Lesufi Afrikaanse skole vir geringste vermoedelike oortredinge aanspreek ► Dit blyk of dorpe Dewetsdorp, Vanstadensrus en Wepener feitlik geen munisipale dienste ontvang vanaf Mangaung Metro onder wie hulle ingedeel is nie ► Adjunk-pres. David Mabuza op besoek aan China tydens sitting van SA-China Bilaterale Kommissie wys op die talle geïntegreerde tussen die twee lande o.a. dat 65 Chinese maatskappye R116 miljard in SA belê het (hierdie syfer soos genoem, Ditsem Nuus kan nie korrektheid verifieer nie) ► Stad Kaapstad ontvang R300 miljoen van Nederlandse regering om MyCiti snelbusdiens na Khayelitsha en Nyanga uit te brei ► Nederlandse man (35) en vrou (75) in Marlothpark, Komatipoort, vermoor deur versmoring deur hul monde toe te prop, man se vrou en dogter oorleef aanval ► Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers stem 232-196 ten gunste van verdere ondersoek of pres. Donald Trump in staat van beskuldiging geplaas moet word oor Oekraïne ► China Mobile in China maak bekend dat sy 5G-tegnologie, 100 keer vinniger as 4G, nou in 50 stede insluitende Beijing en Sjanghai beskikbaar is ►

Beweerde vervalste ANC-lidmaatskap van honderdeduisende

Die ANC ondersoek tans self bedrog met ANC-lidmaatskap in vier provinsies, nl. KZN, die Oos-Kaap, Limpopo en Mpumalanga. Luidens 'n berig in Mail & Guardian is glo tot 200 000 ANC-lidmaatskapvorms net in KZN alleen vervals. Ander beweerde voorvalle van bedrog sluit in die gebruik van vals name, die kloon van bankstempels en dat banke met sekere ANC-lede saamspan.

Die moontlikheid van samespanning tussen bankamptenare en ANC-lede word ook ondersoek, asook die “grootmaataankope” van lidmaatskap. Die ANC-leierskonferensie in Desember, waar nuwe leiers verkies sal word, is op die spel, aangesien die grootte van die afvaardigings na die geleentheid gegrond sal word op die geouditeerde lidmaatskapsyfers.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top