► In Mediumtermynbegroting van Minister van Finansies Tito Mboweni feitlik geen melding van landbou en die geweldige druk op boere oor wydverspreide droogte; op vraag van VF Plus pres. Cyril Ramaphosa ontwykend oor enige bystand aan kommersiële boere ► VF-Plus in Gauteng sê Gauteng Onderwysdepartement moontlik skuldig aan onreëlmatige besteding van R1,2 miljard i.v.m. skoolsvoedingsprojek, dít terwyl die LUR vir Onderwys Panyaza Lesufi Afrikaanse skole vir geringste vermoedelike oortredinge aanspreek ► Dit blyk of dorpe Dewetsdorp, Vanstadensrus en Wepener feitlik geen munisipale dienste ontvang vanaf Mangaung Metro onder wie hulle ingedeel is nie ► Adjunk-pres. David Mabuza op besoek aan China tydens sitting van SA-China Bilaterale Kommissie wys op die talle geïntegreerde tussen die twee lande o.a. dat 65 Chinese maatskappye R116 miljard in SA belê het (hierdie syfer soos genoem, Ditsem Nuus kan nie korrektheid verifieer nie) ► Stad Kaapstad ontvang R300 miljoen van Nederlandse regering om MyCiti snelbusdiens na Khayelitsha en Nyanga uit te brei ► Nederlandse man (35) en vrou (75) in Marlothpark, Komatipoort, vermoor deur versmoring deur hul monde toe te prop, man se vrou en dogter oorleef aanval ► Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers stem 232-196 ten gunste van verdere ondersoek of pres. Donald Trump in staat van beskuldiging geplaas moet word oor Oekraïne ► China Mobile in China maak bekend dat sy 5G-tegnologie, 100 keer vinniger as 4G, nou in 50 stede insluitende Beijing en Sjanghai beskikbaar is ►

Meisie opgekerf in mesaanval

Afgelope Sondagaand is Irma van Deventer (22) van Bethlehem in haar ouerhuis waar sy alleen was, deur 'n aanvaller met 'n mes verskeie kere in die kop, nek en een long gesteek. Haar hande is ook erg gesny toe sy die aanval probeer afweer het. Sy is geopereer nadat haar long platgeval het en is tans in 'n ernstige toestand in die waakeenheid van die Hoogland MediClinic in Bethlehem. Ten tye van die voorval was haar ouers oppad terug van Sasolburg waar hulle gekuier het. Irma het 'n ruit gehoor breek en haar broer Ruan gebel, wat die TLU Vrystaat Veiligheidsafdeling sowel as 'n veiligheidsmaatskappy geskakel het. Die aanvaller het haar met die mes oorval en gesteek, maar die reaksie van die veiligheidsinstansies was so vinnig dat die aanvaller nog in die huis aangetref en in 'n worsteling deur 'n veiligheidswag doodgeskiet is.
Gradeer die artikel
(7 stemme)

9 opmerkings

  • steven du toit - Maandag, 16 Oktober 2017

    onse vader in die hemel ek kom na u toe en bid vir Irma van Deventer wat in die hospitaal le vader ek bid dat u haar sal gesond sal maak vader asb here dy is nog so jonk maak haar gesond ek weet en glo u kan here as daar imand is wat haar kan help is dit u here asb ek smeek u maak die meisiekind ken ek nie maar asb ek val op my knee rn vra gee haar a tweede kaans om te lewe so dat sy haar lewe kan geniet om ales te doen wat sy nog altyd wou vader help haar en haar gesin en haar ma en haar pa adb vader ek smeek u help haar ek bid dit in jesus naam amen

    Report
  • Cielie - Dinsdag, 10 Oktober 2017

    Dis bad joh waar gaan ons land heen dis net moord en doidslag sterkte meisie God sal oor jou waak gou gesond word

    Report
  • phillip - Dinsdag, 10 Oktober 2017

    sterkte aan Iram en haar familie. eks bly die gemors is dood geskiet. kan nie dan weg kom nie. ek hoop hy brand lekker saam spikes.

    Report
  • Rika van Rooyen - Dinsdag, 10 Oktober 2017

    Sterkte aan haar en d familie. Hoop sy word gou gesond. Dankbaar vir d mense wat so vinnig daar was. Baie dankie weereens sterkte.

    Report
  • Jean Lombard - Dinsdag, 10 Oktober 2017

    Baie jammer dat 'n onskuldige vrou so vermorsel moes word en sterkte vir al die ondersteuningsnetwerke en sessies wat nou sal moeet inskop om weer sosiale vertroue te wen - bly die boosdoener is nou uit die pad, jammer dat dit so vinnig was en nie 'n uitgerekte marteling soos wat hierdie jonge dame oes ervaar het nie - sosiale skande

    Report
  • Hannes Barnard - Dinsdag, 10 Oktober 2017

    Baie sterkte aan haar en haar familie
    mag ons almagtige God se genade julle beskerm en deer hierdie tyd dra

    Report
  • Christi louw - Maandag, 09 Oktober 2017

    Ja nee kyk bly hys gekry ma dit gan haar ni help ni skade is klaar gedoen. Hoop sy herstel vinning en is gou weer op haar voete. Ons gebede is saam jul fam. Alles voorspoed vir haar herstel.

    Report
  • Alida Potgieter - Maandag, 09 Oktober 2017

    baie dankbaar oor optrede van veiligheidsmense. Jammer oor die dogter. hoop sy is al beter.
    Die aanvalle moet baie sterker aandag deur parlemant kry.

    Report
  • Salomie - Maandag, 09 Oktober 2017

    Wonderlik dankie tog v9ir daai veiligheidswag... Sterkte julle Liewe Jesus sal by jou waak

    Report

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top