►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

SAPD verswyg plaasmoorde as uitskieter in misdaadstatistiek

Met die bekendmaking van die nasionale misdaadstatistiek vir die boekjaar 2016/17 het die SAPD doelbewus die syfer vir plaasmoorde en –aanvalle verswyg en dit was eers op aandrang van dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus dat die syfer bekend gemaak is. Dit blyk dat die algemene moordsyfer vir die land met 1,8 % toegeneem het gedurende die verslagjaar, maar dat plaasmoorde met 27,5% en plaasaanvalle met 22,9% toegeneem het.

Die syfers vir plaasmoorde en –aanvalle is aan Groenewald beskikbaar gestel op voorwaarde dat vertroulik gehou word, maar hy het dit in die openbare belang bekend gemaak. Groenewald sê: “Dit is onverstaanbaar dat die polisie nie die verslag wou bekend maak nie en dit skep die indruk dat hulle die skerp toename in plaasmoorde en –aanvalle wou verbloem.”
 
In die verslagjaar was daar 74 plaasmoorde (58 in 2015/16) en 638 plaasaanvalle (519 in 2015/16). Volgens die statistiek van die SAPD was daar sedert 1996/1997 – 2016/2017 nie minder nie as 1 700 plaasmoorde en 12 245 plaasaanvalle. Daar is die afgelope drie opeenvolgende jare ʼn toename in plaasaanvalle en sedert 2014/15 ʼn toename van 28,3%. Oor ‘n tydperk van 14 jaar vanaf 2002 tot 2016 het meer as 8 500 plaasaanvalle en 925 moorde plaasgevind.
 
In breër verband het moord het met 1,8% gestyg, gewapende rooftogte met 6,4%, huisrooftogte met 7,4% en motorkapings met 14,5%.  Triomisdade het in totaal met ‘n skokkende 8,4% toegeneem.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top